Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die kolonel
Die kolonel
Die kolonel
Ebook71 pages31 minutes

Die kolonel

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Daar is groot konsternasie by die polisiestasie. Die Kolonel is weg! Skoonveld soos ’n groot speld! Die Kolonel is nie net bekend en bemind nie, hy is ook baie bekwaam. Daar word gesê hy kan diewe en dwelms op ’n afstand uitsnuffel. Sersant Sol en konstabel Bongani sal moet soek, want hulle kan nie hulle werk sonder dié baasspeurder doen nie. Gelukkig word die Kolonel opgespoor en help hy hulle om inbrekers, ’n kaasdief, ’n bankrower, ’n grypdief en dwelmsmokkelaars te vang. Want sien, die Kolonel is ’n baie slim kat wat niks nonsens vat nie.
LanguageAfrikaans
Release dateNov 15, 2012
ISBN9780798159258
Die kolonel
Author

Esta Steyn

Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as boekhoudster. Op negentien jaar word haar eerste kortverhaal gepubliseer. Vele kortverhale en sketse vir Sarie en Huisgenoot volg. In 1969 trou sy met ’n apteker, Le Roux Steyn, en verhuis na Saldanha, waar die Steyn-gesin steeds woon. In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human & Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981). Esta het in die 1990’s ’n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot ’n roman verwerk. Sy is later weer gevra om ’n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.

Related to Die kolonel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die kolonel

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die kolonel - Esta Steyn

    Vignettes-1A.jpg

    Die Kolonel kom weer

    Daar is groot konsternasie by die polisiestasie. Die Kolonel is weg! Skoonveld soos ’n groot speld. Niemand weet wat van hom geword het nie. Dat hy sommer net so kon verdwyn het is nogal vreemd.

    Die Kolonel is baie bekend en baie bemind. Nie net by die polisiestasie nie, maar oral op die dorp. Almal ken die waardige heer met die wit snor en die grys hare.

    Die Kolonel is nie net bekend en bemind nie. Hy is ook baie bekwaam. Daar word gesê hy kan diewe en dwelms op ’n afstand uitsnuffel.

    Ja, baie sake sou beslis nooit opgelos kon word as dit nie vir die Kolonel se fyn aanvoeling was nie. Konstabel Bongani en sersant Sol de Waal sê altyd die Kolonel het ’n sesde sintuig. Hulle behoort te weet, want hulle werk saam met hom.

    Maar nou is hulle baie bekommerd. Dis al pikdonker en die Kolonel is nêrens te sien nie. Wat kon van hom geword het? Is hy dalk ontvoer? Enigiets is moontlik. Daar is juis die afgelope maand ’n vlaag van misdaad op die dorp.

    Sersant Sol kyk bekommerd na konstabel Bongani. Was die Kolonel saam met jou toe jy sewe-uur op patrollie­ uit is?

    Konstabel Bongani staan flink op aandag. Ja, Sersant! sê hy.

    Waar was julle oral? wil die sersant weet.

    Konstabel Bongani dink vir ’n rukkie. "Ons was op die gewone roete.

    O, ja, en ons was ook by mevrou Meintjies se huis. Sy is met vakansie en het gevra dat ons so af en toe na haar plek gaan kyk terwyl sy weg is. Dis mos ’n entjie uit die dorp uit."

    Dis reg, sê sersant Sol. Jy moet asseblief later weer ’n draai daar gaan maak.

    Goed, Sersant.

    Sersant Sol vou sy arms agter sy rug en loop heen en weer deur die vertrek. Daar is ’n groot frons op sy voorkop. En jy sê die Kolonel was saam met jou toe jy daar was?

    Ja, Sersant. Ons het nog saam uitgeklim en om die huis geloop. Alles het in orde gelyk.

    Sersant Sol sug: Nou waar kan die Kolonel dan wees?

    Dit val my nou by hy was besonder stil toe ons van mevrou Meintjies se huis af teruggery het, onthou konstabel Bongani. Miskien het hy nie lekker gevoel nie en het hy iewers gaan lê.

    Sersant Sol haal ’n bos sleutels uit sy sak en gee dit vir die konstabel. Gaan kyk of hy nie dalk in een van die selle is nie. Hy het mos die manier om partykeer daar te gaan dut.

    Konstabel Bongani skud sy kop: Nee, Sersant. Hy’s nie daar nie. Ek het klaar daar gaan soek.

    Sersant Sol gaan sit by die tafel en lyk bekommerd. Is hy nie miskien in die vangwa nie? Hy gaan lê mos ook soms daar as hy moeg is.

    Konstabel Bongani skud weer sy kop. Nee, Sersant. Ek het in al die voertuie gesoek. Hy’s ook nie daar nie.

    Sersant Sol buk onder die tafel in. Hier staan sy melk nog net so. Dis baie vreemd.

    Konstabel Bongani loer ook onder die tafel in. As die Kolonel nie sy melk gedrink het nie, is daar beslis groot fout.

    Salig onbewus van al die konsternasie wat hy veroorsaak, stap die Kolonel op ’n flinke passie en met ’n stokstywe stert straataf. Hy is op pad na die deftige huis van mevrou Meintjies.

    Vanaand het die Kolonel groot planne. Hy hoop tog net nie die sersant en die konstabel mis hom en begin hom soek nie.

    In sy verbeelding sien die Kolonel mevrou Meintjies se groot huis, en die agterstoep met die sifdeur. Toe hy en konstabel Bongani vroeër vanaand daar was, het hy iets besonders daar sien hang:

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1