Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spookskip
Spookskip
Spookskip
Ebook67 pages41 minutes

Spookskip

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Tweelingbroers Christo en André ontdek ’n glasbotteltjie in ’n winkeltjie vol seevaartaandenkings in Houtbaai. Die eienaardige rooi gloed en die vreemde klomp syfers wat een nag uit die botteltjie stroom verander hulle ietwat vervelige vakansie by ouma en oupa eensklaps in ’n opwindende avontuur!Die derde boek wat as vervolgverhaal in KleinB, Die Burger se kinderblad, verskyn en daarna deur Tafelberg uitgegee word. Die eerste was Fanie Viljoen se Kaptein Hamerkophaai en daarna het Harlekyn, deur Jaco Jacobs, gevolg. Skole het weekliks saamgelees en die klasaktiwiteite voltooi wat spesiaal vooraf deur ‘n span opvoeders uitgewerk is.Lesers van die boek sal ook die aktiwiteite kan aflaai by www.dieburger.com of www.nb.co.za.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 20, 2011
ISBN9780624053750
Spookskip

Related to Spookskip

Related ebooks

Related articles

Reviews for Spookskip

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Spookskip - Antoinette Diedericks

    SPOOKSKIP-title.jpg

    Illustrasies deur Astrid Castle

    Tafelberg

    Chapter 12.jpg

    · 1 ·

    Die Nossa Senhora Madalena

    28 Maart 1641: Lê geanker in 16 vadem water aan die suidoostekant van Panaitan-eiland in die Soendastraat. Eilandbewoners is vriendelik en behulpsaam. Het genoeg voorraad vir lang vaart na Kaap van Goeie Hoop. Here van Vereenigde Oost-Indische Compagnie sal tevrede wees met speserye van Batavia.

    Daar is ’n harde klop aan die kajuitdeur.

    Kaptein! Kaptein!

    Wat is dit nou al weer? sug kaptein Hendrik van der Decken. Versigtig skud hy die ink van die veerpen af en skroef die inkbottel toe. Hy vou sy hande op die oop skeepsjoernaal. Kom binne, Erik!

    Die matroos loer om die deur. Stap dan stadig tot voor die lessenaar. Hy trap senuagtig rond.

    Ja? Kaptein van der Decken lig sy wenkbrou.

    Kaptein, die groente en vrugte is klaar gelaai en helfte van die watervate is aan boord en die pluimvee is reeds in hokke maar nog nie gelaai nie en die manne vra of hulle nou met die roeiboot moet uitgaan om die res te gaan haal of kan dit wag tot môre en Kaptein daar het ’n Portugese skip anker gegooi en die matrose het reeds aan wal gegaan.

    Hmmm. Kaptein van der Decken kyk na die matroos se rooi gesig. Jy kan nou maar weer asemhaal, Erik.

    Ja, Kaptein, reg, Kaptein, ek maak so, Kaptein. Op aandag wag Erik vir verdere instruksies.

    Die kaptein staan op, sit sy hoed op, neem die teleskoop en karwats en stap by die kajuit uit. Kom! beveel hy in die verbygaan.

    Chapter 1.jpg

    Op die hoë agterdek kyk hy lank deur die teleskoop. "Nossa Senhora Madalena, lees hy. Het hulle nog nooit voorheen gesien nie. Hy laat sak die teleskoop en klop-klop met die karwats teen sy stewel. Erik, julle moet die res van die vrag vandag gaan haal. As ons goed gesteel word, kos dit ons nog ’n paar dae om alles weer reg te kry. Ek is haastig om terug te kom in Holland. Kom gee dadelik verslag as julle terug is. Hy draai terug kajuit toe. En Erik, kyk of julle iets kan uitvind oor daardie Portugese."

    Reg, Kaptein! Erik hardloop oor die dek terwyl hy bevele uitskree. ’n Paar matrose skarrel uit die takelwerk. Gou is die roeiboot weer in die water. Versigtig stuur hulle tussen die koraalriwwe om die eiland deur.

    Kaptein van der Decken druk weer die veerpen in die ink en gaan voort met sy joernaalinskrywing:

    Portugese skip Nossa Senhora Madalena anker gegooi naby ons. Onseker of hulle ons goedgesind is. Sal môre rus, dis Goeie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1