Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurhond Willem in die ruimte
Speurhond Willem in die ruimte
Speurhond Willem in die ruimte
Ebook122 pages1 hour

Speurhond Willem in die ruimte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Na hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle dié keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie! Voor jy kan sê “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat ‘n saboteur hier doenig is?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateFeb 20, 2012
ISBN9780624053590
Speurhond Willem in die ruimte
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Speurhond Willem in die ruimte

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurhond Willem in die ruimte

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurhond Willem in die ruimte - Elizabeth Wasserman

    6

    Lansering

    Ek dink ek het my bewussyn verloor. Die krag waarmee die vuurpyl vanuit die swaartekrag van die aarde breek, het my heeltemal oorweldig. Doktor Krot het my gewaarsku dat dit kan gebeur. Mens se bloed bly so te sê in jou tone agter terwyl jou kop opskiet na die sterre toe.

    My eerste gewaarwording is dat ek effens naar voel. Toe draai my maag nog meer van skone senuwees toe ek ont-hou waar ek is!

    Die binnekant van die ruimtekapsule word dof verlig deur die fluoresserende ligte op die instrumentpaneel. Ek sukkel steeds om myself te oriënteer. Waar is bo en waar is onder? Dan hoor ek Willem langs my praat. Hy sit dood-luiters daar in sy ruimtepakkie, asof hy wag vir die rugbywedstryd op die televisie om te begin.

    Willem hou daarvan om Saterdagmiddae saam met my pa rugby te kyk. Hy is mal oor die biltong wat gewoonlik byderhand is, en hy hou baie van die rusbank se sagte kussings. Eintlik dink ek hy maak meestal sommer net of hy rugby kyk, terwyl hy eintlik sit en slaap. Ek twyfel of hy regtig omgee wie wen.

    8%20hoofstuk%206.tif

    Dit is Sojoes TMA 23 aan Baikonoer. Baikonoer, kom in! Dit is Willem wat so slim klink. Hy het mooi geluister na al ons instruksies, en hy praat reeds soos ’n veteraan-ruimtevaarder.

    Die videoskerm voor ons flikker aan. ’n Swart-en-wit beeld van doktor Krot, alewige koffiekoppie steeds in die hand, word so duidelik na ons geprojekteer dat dit lyk asof die hangsnor-ou hier reg voor ons staan.

    Haai daar, Willem, Baikonoer hier, antwoord hy. Hoe gaan dit daar bo, ou maat?

    9%20hoofstuk%206.tif

    Willem loer na my kant toe. Ek is nie seker of hy homself as ’n maat van doktor Krot wil beskou nie. Willem is kieskeurig!

    Alles reg, natuurlik! ’n Mens sou sweer hy word elke Saterdagmiddag gou opgeskiet ruimte toe.

    Nou ja, julle twee kan vir eers bietjie ontspan. Die lansering het perfek verloop. Dit gaan julle nog agtien uur vat om tot by die Internasionale Ruimtestasie te kom, en die koppeling sal outomaties gemaak word sodat julle aan boord kan gaan. Intussen het ek gedink jy sal dalk hallo wil sê vir ’n ou maat van jou?

    Die beeld op die skerm verander en skakel oor na ’n kamera op die Ruimtestasie self.

    Boris! sê Willem bly. Ek hoor ’n snaakse klopgeluid. Bekommerd kyk ek rond, maar dan besef ek dit is Willem se kort stert wat so binne-in sy ruimtepakkie swaai.

    Ek kyk mooi na die beeld van die ruimtehond wat na ons geprojekteer word.

    Boris is ’n wollerige brakkie wat vrolik met ’n wye oop bek lag. Dan druk hy sy snoet tot teen die videokamera sodat ons net twee nat neusgate sien.

    Staan bietjie terug, skattie, dat ek jou kan voorstel aan my huismens! sê Willem.

    Huismens? Skattie?

    Is Boris … begin ek, uit die veld geslaan.

    Boris mag wel ’n man se naam wees, maar sulke dinge gebeur dikwels. Ek ken ’n ou wie se naam Klara is. En wat van ons buurvrou, tannie Jan? As jy jou huiswerk ordentlik gedoen het, sou jy gelees het dat die Russe net wyfiehonde gebruik in hulle ruimteprogramme! snou Willem my toe.

    O, nee! My hond het ’n meisie!

    7

    In die ruimte

    Oor Willem se gekoer met sy langverlore liefde sal ek liewer nie uitwei nie.

    Sy mag miskien ’n baie intelligente hond wees, maar Boris praat nie menstaal nie. Van hul blafferige tjank-gesprek verstaan ek dus gelukkig min, maar dit is nie te moeilik om af te lei dat die twee tortelduifies baie na mekaar verlang het nie.

    Gmf!

    Tussen dit alles deur vergaap ek my aan die ongewoonheid van my omgewing.

    Die binnekant van die Sojoes-kapsule is glad nie soos ek my voorgestel het nie. In plaas van die luukse ruimteskepe van die flieks, laat dit my baie meer dink aan die krat waarin ek en Willem ons toegespyker het toe ons onsself Turkye toe gepos het. (Lees hieroor in Speurhond Willem op reis.) Oral is daar knoppies en vreemde instrumente. Dit is baie beknop, en daar is nie eens ’n venster nie.

    Is ons regtig, egtig in die ruimte? wonder ek hardop. Doktor Krot moes my gehoor het, want skielik verskyn daar beelde op twee ander skerms.

    Kyk! sê hy. Hierdie beelde kom van julle aanboord-televisiekameras.

    Op een van die skerms vul die blou skyf van die aarde bykans die hele beeld. Dit is wondermooi! Ek sien die uitgestrekte persblou van die Indiese Oseaan. Die donker skadulyn van die aankomende aand sny net oos van Madagaskar verby. Afrika lê in rou sonlig reg onder ons. ’n Bank spierwit wolke bedek die suidelike punt.

    Dit reën vanaand by jou huis! lewer doktor Krot kommentaar.

    10%20hoofstuk%207.tif

    Trane brand skielik agter my oë. Wat het ek aangevang? Ek dink aan my ma en my pa daar doer ver onder ons. Ma is seker in die kombuis, besig om aandete te maak terwyl sy een van haar lawwe deuntjies sing, steeds in haar skik omdat ek skynbaar die spelkompetisie gewen het. Pa sit waarskynlik nog vas in die verkeer op pad terug huis toe.

    En hier wentel ek, hulle enigste seun, derduisende kilometers bo die aarde en hulle weet nie eens daarvan nie.

    Vir die eerste keer dink ek daaraan dat dit sekerlik vrek gevaarlik is.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1