Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurhond Willem in die Amasone
Speurhond Willem in die Amasone
Speurhond Willem in die Amasone
Ebook107 pages1 hour

Speurhond Willem in die Amasone

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die aartsskelm Brummel is weer op vrye voet, en op die spoor van 'n sampioen wat in die Amasone groei en glo 'n wonderkrag het: die mens wat dit eet, raak net slimmer en slimmer. Die avonturier William Travis wil dit eerste vind, maar vir weke het niemand van hom gehoor nie. Het die oerwoud hom ingesluk? Dis immers vol gevare: anakondas, poemas, krokodille . . . Brummel besluit hy't hulp nodig, en wie beter om aan sy kant te kry as die slimste hond op Aarde?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 6, 2023
ISBN9780624094395
Speurhond Willem in die Amasone
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Speurhond Willem in die Amasone

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurhond Willem in die Amasone

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurhond Willem in die Amasone - Elizabeth Wasserman

    9780624089810_FC

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    Elizabeth Wasserman

    Illustrasies deur

    Chris Venter

    Tafelberg

    Opgedra aan die mense en diere

    van die oerwoud.

    1

    Op pad skool toe

    Die hele wêreld is gek, brom my pa.

    Hoe so? vra ek, maar ek verwag nie eintlik ’n antwoord nie. Dit gaan maar so wanneer Pa in die oggend sy koerant lees: hy brom gedurig.

    Ek het my eie probleme: wiskunde, meisies, en ons sokkerspan.

    Die wiskundevergelyking wat juffrou Kriek vir ons vir huiswerk gegee het, gee my hoofpyn. En dis nie net die wiskunde nie. Al die huiswerk wat die onderwysers ons gee, ruk handuit. Meneer Schutte het ons reeds belowe dat hy vir ons ’n geografie-taak gaan gee om in die vakansie te doen, seker om te keer dat ons dit te veel geniet.

    En net ná die kort skoolvakansie speel ons ons eerste sokkerwedstryd van die seisoen, en ons span gaan verloor, ek weet dit net. Ons nuwe afrigter sê met al die talent wat ons aan die dag lê, is ons ’n klomp ape wat netsowel ’n pampoen in die veld kan gaan rondskop.

    Adriaan, is jy met twee linkervoete gebore of wat? het hy vanmiddag vir my geskree toe ek die bal sommer heeltemal mis geskop het en op my sitvlak in die modder beland het.

    Hy het ’n punt beet. My ma sê ek het ’n groei-uitbarsting, en dit is waar dat my voete skielik ’n hele entjie verder van my lyf af is. Ek is nie altyd seker waar hulle is nie.

    En boonop is daar Hannah, ons buurmeisie. Ons is goeie maats, maar vandat Bertus my begin spot het dat ek my soos ’n verliefde hoender gedra, voel dit vir my of my kieste vol watte gestop is elke keer as ek met haar praat.

    Ek sug.

    Nou beweer my pa die wêreld is gek, en ek is seker hy bedoel nie net die kinders en onderwysers in my skool nie. Dit is gewoonlik goeters soos die politiek en ekonomiese krisisse wat hom pla. Maar weet hy dan nie dat hy as ouer my selfvertroue moet opbou en my hoop vir die toekoms moet gee nie?

    Willem lê onder die tafel en slaap. Hy gee ’n ligte snork.

    Ek beny my hond. Hy het niks om hom oor te bekommer nie. Hy hoef nie wiskunde te doen nie. Hy hoef nie buurmeisies te beïndruk nie, en dit is nie sý sokkerspan wat een van die dae die spot van die hele skool gaan moet verduur nie.

    Ek staar na die bladsy voor my en probeer konsentreer. Hoe sal ek weet wat die waarde van x en y moet wees in hierdie aaklige spinnekop-ry van syfers en simbole?

    Willem het wakker geword en hy druk sy neus oor die rand van die tafel. Hy dra al weer my ma se leesbril. Ek sien jy sukkel, sê hy.

    Ek gee ’n snork. Wat weet Willem nou van wiskunde af?

    Asof hy my gedagtes kan lees, sê hy: "Ek is nie verniet die slimste speurhond in die wêreld nie. As jy eers 45 deur 5 deel, dan weet jy wat die totaal van die som tussen die hakies moet wees, en dan doen jy net die aftreksom agterstevoor om die waarde van x te kry."

    Ek wil my eers vervies, maar dan sien ek hy’s reg. 45 gedeel deur 5 is 9, en as mens dit eers weet, is dit duidelik dat x = 2. Want 11 – 2 is mos 9 …

    Ek moet seker bly wees dat Willem my met my wiskunde kan help. Maar dit is nie altyd so lekker om ’n wysneus-hond te hê nie.

    Ma kom sit ’n beker koffie langs Pa neer. Wat is dit nou weer, Wynand?

    Gierigheid gaan nog die einde van die mensdom beteken. Nou begin hulle met hidrouliese breking langs die kus van Somalië. Tien teen een is die laaste vis wat die sleepnette nog nie opgeskraap het nie, dan ook daarmee heen.

    Ek kyk van my wiskundewerksblad af op. My pa is nie eintlik ’n ou wat veel praat nie, en hy moes hom werklik vervies het om so ’n lang sin uit te spoeg.

    My ma frons. Sommige mense weier om te glo dat aardverwarming ons almal bedreig.

    Ek kry ’n nare gevoel op my maag.

    Wiskunde, meisies, sokker … en nou nog aardverwarming ook!

    Adriaan! Is jy nie laat vir skool nie? raas sy met my.

    Ek klap my boek toe en spring op. Ek gryp my trui en my tas.

    Hierdie huiswerkdoenery aan die ontbyttafel moet einde kry! As jy en Karel nie elke middag sit en video-speletjies speel nie—

    Ek draf vinnig by die kombuis uit, want my ma is nie bang vir baie lang sinne nie.

    By die voordeur steek ek vas. My sportsak lê nog in my kamer.

    Willem het hom intussen by my tafel tuisgemaak met sy neus in die dik boek wat ek gister by die biblioteek uitgeneem het. Ek het die boek net betyds voor Albert, die slimste seun in ons klas, se neus weggeraap, want ek weet die vakansietaak wat ons vir meneer Schutte moet doen, handel oor die Amasone. Ek kon myself nie keer om dadelik daarin rond te blaai nie, want die boek is vol interessante foto’s van snaakse diere en mense met vere-hooftooisels en verfstrepe oor hulle hele lyf.

    Ek is bly jy leer vir ’n verandering van iets belangriks, sê Willem, en blaai nog ’n bladsy om met sy wollerige poot. Het jy geweet dat daar meer as tagtig duisend verskillende plantspesies in die Amasone groei?

    Ek sal eerder graag ’n jaguar wil sien, sê ek, want plante

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1