Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie
Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie
Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie
Ebook56 pages32 minutes

Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Bloot ’n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ’n nuwe saak op te los. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ’n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in ’n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in ’n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.
LanguageAfrikaans
Release dateAug 15, 2014
ISBN9780798166584
Speurder Kwaaikofski 9: Die stinkstorie
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 9

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 9

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 9 - Jürgen Banscherus

    Jürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski

    Die stinkstorie

    Vertaal deur Kobus Geldenhuys

    Met illustrasies deur Ralf Butschkow

    Human & Rousseau

    HOOFSTUK 1

    Almal wat my ken, weet ek hou daarvan om alleen te werk. Die enigste een wat met my ondersoeke mag inmeng, is my ou vriendin Olga. Sy verkoop my geliefkoosde Carpenters kougom by haar kiosk en gee ook vir my goeie wenke.

    Ek sê dit nie graag nie, maar een ding is seker: Sonder Olga sou ek nooit so ’n suksesvolle privaatspeurder geword het nie.

    Maar die laaste twee weke moes ek sonder haar regkom.

    5.tif

    Olga het iewers in die Middellandse See op ’n passasiersboot vakansie gehou en haar kiosk vir daardie tyd gesluit. Voor sy weg is, het ek om veilig te wees vir my ’n ekstragroot voorraad Carpenters gekoop. Maar my kougom het nogtans opgeraak.

    Of ek nou huiswerk moet doen of diewe en afpersers moet vang – sonder Carpenters, die beste kougom in die wêreld, kan my brein nie ordentlik werk nie. Daarom was ek gisteroggend voor sewe al in die lang tou voor Olga se kiosk. Die mense het van die kiosk af tot by die bushalte gestaan en wag. Ek was nie die enigste een wat bly was Olga kom terug nie.

    6_new.tif

    Uiteindelik is dit my beurt. Vyf pakkies Carpenters, vra ek nadat ek vinnig moes keer dat Olga my nie voor almal soen nie.

    Ek maak so, Kwaaikofski.

    "Hoe was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1