Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse
Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse
Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse
Ebook58 pages35 minutes

Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Een van die beroemde Sirkus Zampano se jongleurs roep Kwaaikofski se hulp in. Pedro se suster, Vanessa, is die ster van die vertoning, maar ewe skielik maak sy elke keer dieselfde fout. Gewoonlik is haar toertjies foutloos en die sirkusbaas ruik lont. Kwaaikofski sal gou moet uitvind wie besig is met skelmstreke in die sirkustent, voordat Vanessa dalk in gevaar is.
’n Opwindende speurreeks vir beginnerlesers! Die eenvoudige woordeskat, lewendige illustrasies en spannende intriges sorg dat Kwaaikofski se avonture gewild bly.
LanguageAfrikaans
Release dateJun 29, 2015
ISBN9780798169844
Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 11

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 11

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 11 - Jürgen Banscherus

    Jürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski

    Soene en sirkusse

    6138_005.tif

    Vertaal deur Kobus Geldenhuys

    Met illustrasies deur Ralf Butschkow

    Human & Rousseau

    HOOFSTUK 1

    pg_7.jpg

    As iemand op die oomblik ’n privaatspeurder soek, moet hulle van my vergeet.

    Ek is nou al vir ’n week lank siek. Ek hoes my longe uit en nies dat die mure skud.

    Selfs my Carpenters kougom smaak nie meer lekker nie. Ek lewe net van vars volroom melk en die walglike medisyne wat ons dokter vir my gegee het.

    Jy het kwaai griep, Kwaaikofski, het hy gesê nadat my ma hom in die middel van die nag uit die bed gejaag het. Jy kan nie skool toe gaan nie.

    Ek mis die skool glad nie. Maar sê nou iemand kry ’n superspeurder nodig? Ek wil liewer nie daaraan dink nie, anders word ek weer van voor af koorsig!

    5858_06.tif

    Ek het griep gekry terwyl ek aan my vorige saak gewerk het. Dis wat gebeur het:

    ’n Week gelede klop iemand aan die deur en my ma bring ’n ou na my kamer toe.

    Hy wil met jou praat, sê sy. Met die beroemde privaatspeurder Kwaaikofski.

    Sy rek die woord beroemde so lank soos ’n stuk kougom uit sodat selfs die domste mens sal weet sy skeer die gek met my.

    Ek ken darem my ma. So ek sê net: Baie snaaks, Ma, en bekyk my besoeker.

    Die ou is korter as ek, maar hy lyk baie sterker. Sterk genoeg om my net aan sy een arm by die venster te laat uithang. Hy dra ’n kortbroek en ’n T-hemp waarop daar ZAMPANO se SIRKUS

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1