Die Skerpioentjie
‘ADJUDANT, hier’s ’n tannie wat jou persoonlik wil sien.” Ek kyk op na konstabel Fortuin wat in my kantoordeur staan. “Stuur haar in.”
My vorige kollega het aan my verduidelik op Zoar is daar drie soorte sake wat ons met reëls moet hanteer: veediefstal, huismoles en Vrydae se dronkies.
n Pragtige middeljarige vrou in ’n rooi somerrok, groot handsak aan die arm, en ’n huismoles-frons op haar voorkop stap by die deur in. Ek steek my hand uit. “Adjudant Jones, bly te kenne, Mevrou. Sit gerus.” Sy gaan sit op die punt van die bruin goewermentstoel en kyk my reg in die oë. “Weet jy waar lê Zoar se onheil? Ledigheid.”
“Hoe nou, Mevrou?” vra ek verward. “Die rykes is see toe, en ék, ’n arm weduwee, moet hier met haar kinders sit en wag op die nuwe jaar tot die skool weer begin. Wat doen julle? Niks. En nou het my kind die skerpioentjie en julle moet help. Julle dien mos
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days