Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe
Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe
Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe
Ebook65 pages30 minutes

Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig – hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee – en nou lyk hy soos ’n blou paaseier.
Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . . .
Die Speurder Kwaaikofski speurreeks is deur een van Duitsland se mees gliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Die aand van die blou kaalkoppe is die vierde storie in die Afrikaanse reeks.
Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!
Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 7 tot 10).
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2013
ISBN9780798159876
Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 4

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 4

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 4 - Jürgen Banscherus

    Jürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski

    Die aand van die blou kaalkoppe

    kwi1.tif

    Vertaal deur Kobus Geldenhuys

    Met illustrasies deur Ralf Butschkow

    Human & Rousseau

    chap_stamp.psd

    Hoofstuk 1

    Ek is ’n paar dae gelede haarkapper toe.

    Jy was lanklaas hier, Kwaaikofski, sê meneer Haasbroek terwyl hy gevaarlik naby aan my een oor knip.

    Ek hou van my bakore. Ek hou dus my asem op tot ek seker is die haarkapper gaan hulle nie afknip nie en sê toe: Ek was vier maande gelede hier.

    Vier maande? Meneer Haasbroek lyk verbaas. Dan behoort jou hare baie langer te wees.

    kwi05.tif

    Eintlik, ja, sê ek en vertel hom van my jongste saak. En toe knip hy my oor sowaar raak. Maar gelukkig net effens.

    Hierdie saak het op ’n Maandagaand begin. My huiswerk was klaar en my ma het pizza vir ete bestel. Die Rolling Stones het oor die radio gespeel en Simson, die worshond van die woonstel bokant ons, het uiteindelik ophou blaf.

    Dit het gelyk of dit ’n lekker rustige aand gaan wees.

    Ek wou net aan die laaste stuk pizza begin weglê toe die foon lui.

    My ma kyk na die kombuishorlosie. Dis halfsewe. Antwoord jy, sê sy. Dis definitief vir jou.

    Ek tel die foon op en sê hallo.

    ’n Meisiestem vra: Is jy Kwaaikofski, die privaatspeurder?

    Dis ek, ja, sê ek.

    Kom asseblief na Kloofstraat 17 toe. Dadelik! sê die stem.

    kwi07.tif

    Hoekom moet ek? vra ek.

    Dis belangrik. Ek is in … Die stem word skielik afgesny.

    Ek hoor ’n dowwe skreeu en toe ’n slag.

    Ek slaan in koue sweet uit. Hallo! gil ek in die foon.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1