Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei
Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei
Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei
Ebook56 pages33 minutes

Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie.
LanguageAfrikaans
Release dateFeb 15, 2013
ISBN9780798157360
Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 2

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 2 - Jürgen Banscherus

    Jürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski

    Die geheim van die vlieënde koei

    title_chew.jpg

    Vertaal deur Kobus Geldenhuys

    Met illustrasies deur Ralf Butschkow

    Human & Rousseau

    Hoofstuk 1

    1%20Hoofstuk%20ills.tif

    Vanoggend het ek my rekenaar ingevat om reggemaak te word. Hy hoes die laaste tyd aanhoudend en maak vreemde skreegeluide.

    Ferdi in my klas het hom vir my probeer regmaak, maar al wat hy reggekry het, was om die geluide erger te maak.

    Dis rekenaargriep, het die man by die winkel gesê en gegrinnik.

    comp.jpg

    Ek het glad nie gedink hy is snaaks nie. Wat gaan dit my kos? wou ek weet.

    Die man dink vir ’n oomblik na, toe sê hy: ’n Paar honderd. Toe my mond oopval, voeg hy by: En dis ’n spesiale prys.

    Wat! Is die man mal?

    Een honderd, sê ek toe ek oor die skok kom.

    Drie.

    Een, hou ek vol.

    Twee. Maar net omdat dit jy is, Kwaaikofski.

    Een.

    Die man dink weer ’n bietjie, dan knik hy sy kop. Goed, jy wen. Kom haal jou rekenaar oor twee dae.

    Ek het dadelik spore gemaak.

    En nou lê ek by die huis op my bed, drink die een glas melk ná die ander en wonder waar ek voor oormôre geld gaan kry om vir my rekenaar te betaal. As dit regtig nie anders kan nie, sal ek my ma moet vra om vir my die volgende nege maande se sakgeld vooruit te gee.

    pig3.jpg

    Nie lank gelede nie was ek net so

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1