Weg!

Kry jou by Koppieskraal

Voor my lê ’n plaat water omsoom deur kort groen gras. Skoorsteenveërs fynkam die vlak kant terwyl ’n horde kolganse, ’n enkele bleshoender en ’n paar kleindobbertjies, insluitend jongetjies, dieper in swem.

Dié waterlandskap vang ’n mens onkant in die middel van die Kalahari. Paul en Riana Loots se plaas, Uitsig, lê 50 km noord van Upington, reg langs die R360. Hier bedryf hulle die Kalahari Guesthouse, Camping & Farmstall.

Ek wou aanvanklik kamp, maar toe vertel Riana my dat hulle ook ’n boskamp het met netjiese tenteenhede. Die opstal (waar die gastehuis en padstal is) lê aan die westekant van die teerpad en die kampplek en boskamp aan die oostekant. Paul het voor met sy quadfiets gery om my te wys waar ek kan slaap. Een oomblik ry jy nog deur tipiese Kalahariveld – driedorings – en dan kom jy om ’n draaitjie en hier lê ’n groot gronddam voor jou. Die dam is nie vol nie, want hoewel Paul-hulle goeie somerreëns gehad het, moet dit selfs meer reën vir die dam om vol te stoot.

Nou is dit kort voor sonsondergang en ek staan met my kamera langs die dam. In die doringbome wat op die wal aan die westekant groei, is ’n swetterjoel rooibekkweleas besig om sitplek te soek vir die nag. Nou en dan vlieg ’n sjorrie kweleas af grond toe om water te drink. Steeds kom die swerms uit die veld gevlieg, en later is dit behoorlik ’n gekwetter. Bontkiewiete se byna metaalagtige kjiep-kjiep-geluide, die kolganse se geroep – dít alles sorg vir ’n skemer vol onverwagte klank en kleur.

Noenieput toe

Ná koffie, springbokbiltong en ’n proe van Riana se tsammakonfyt, groet ek die vriendelike mense van Uitsig en val in die pad. Ek ry eers suid vir 9 km met die R360 voor ek regs

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg3 min read
Voëls
Dis nou al amper ’n dekade sedert die Peacock-gesin na die Kaap gesemigreer het. Ons wou uit die stad uit kom – iewers waar bokkies en skilpaaie jou beddings verniel, molle jou grasperk omdolwe en ’n mens nog so dan en wan ’n verkleurmannetjie in die
Weg1 min read
Groot Getalle
Op 3 April vier ons Wêreldnatuurlewedag! Ons vergeet soms dat Suid-Afrika ’n uitsonderlike natuurerfenis het; laat dié getalle jou geheue verfris: 19 485Die Krugerwildtuin se grondgebied in vierkante kilometer. Dis omtrent so groot soos Slowenië! Die

Related