Weg!

BOEKE EN MUSIEK

Hippos, a Mongoose and Me: Tales of Rescue and Survival in the Wilds of Africa

Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels

Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, en sy deel meer oor haar en haar man, Jean-Roger, se lewe in die wildernis. Hulle word omring deur nie net seekoeie nie, maar ook bobbejane, vlakvarke, leeus, olifante en buffels.

As die stigter van die Turgwe Hippo Trust voer Paolillo die seekoeie in droogtetye, maak vrywilligers touwys en samel fondse in deur die wilde seekoeie in hulle natuurlike habitat af te neem. Hierdie versameling natuurstories klink soms salig en vol avontuur (wie wil nou nie in ’n afgeleë bewaringsgebied bly nie?), maar sy wys ook dat die lewe in die natuur soms gevaarlik kan wees: vloede, skerpioensteke en wildstropers vorm alles deel van haar daaglikse bestaan.

Paolillo skryf met passie en humor en jy sal ook lief raak vir haar dierekinders soos Squiggle, die muishond, en Steve,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Agter Die Skerms
Het jy geweet dat vroue ’n groot rol tydens die Tweede Wêreldoorlog in Suid-Afrika gespeel het, veral ten opsigte van radarwerk? Vir dié uitgawe het die fotojoernalis Jac Kritzinger hierdie onbekende stuk geskiedenis gaan opsoek. Lees die storie op b
Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg3 min read
Mooi Van Lelikheid!
Hiënas lyk nogal soos honde, maar hulle is nie honde nie; hulle naaste familie is dwergmuishonde en sivetkatte. Die voorste twee bene is langer as die agterbene, wat maak dat ’n hiëna se skouers hoër is as sy stuitjie en sy rug skuins na agter afloop

Related