Weg!

Kyk ver die veld in

HOE KIES JY ’N VERKYKER?

Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is daar honderde verkykers om van te kies, met pryse wat wissel van “oulike verjaardaggeskenk” tot “goeie genugtig”. Hoe kies ’n mens dus?

Die naam van die verkyker (Zeiss, Swarovski, Leica) gaan jou dalk eerste opval, maar reg langsaan die modelnaam is twee stelle syfers wat deur ’n x geskei word – byvoorbeeld 10x42. Die syfer voor die x dui die vergrotingsvermoë aan – die laksman op die boomtak wat so stip vir ’n sprinkaan staar, lyk 10 keer nader as wat jy hom met die blote oog kan sien. Die 42

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg1 min read
Afrika Op Sy Beste
Elke keer as ek na hierdie foto van die Wolfbergboog kyk, is ek dadelik weer dáár – saam met my stapmaats op die laaste oggend van ’n onvergeetlike trek deur die Sederberg. Ons drink koffie terwyl die son opkom en sê nie veel nie. Af en toe tik een n
Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va