Weg!

Reis lig met jou kamera

Fotografie het oor die laaste paar jaar heeltemal verander. Jou selfoonfoto’s kan nou kers vashou vir enige kompakte kamera wat jy in 2012 gekoop het. DSLR-kameras, die soort wat “kliek” wanneer jy ’n foto neem, is amper ook al op die ashoop. Deesdae is dit die kleiner, ligter spieëllose kameras met digitale beeldsoekers wat van die rakke af vlieg.

Die redigering en deel van foto’s het ook verander: Jy kan ’n foto neem van ’n bloukuifloerie by die Pafuri-piekniekplek in die Kruger, van jou kamera na jou foon stuur, die kleure verstel en aanlyn deel terwyl die voël nog steeds in die boom koer.

Dis dus te verstane dat om ’n kamera te koop ingewikkeld geword het. Ons het ’n kort gids saamgestel om te help: Hier is sewe kameras vir verskillende soorte reisigers, bykomstighede én die beste fotoneemselfone vir wanneer dit tyd is vir ’n nuwe MTN-kontrak.

Maar onthou, die beste kamera is altyd die een wat jy naby jou het wanneer die reënboog skielik bo die Vallei van Verlatenheid verskyn – of dit nou jou selfoon of getroue ou DSLR is.

Lekker kiek!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe