Huisgenoot

‘DIE TYD IS EINDELIK REG’

OM SO ’n lang tyd deur ’n oseaan en sowat 12 000 km van jou geliefdes geskei te wees is net mooi niks lekker nie – veral in ’n tyd van siekte. Vra maar vir Mila Guy.

Dis daarom dat die aktrise deesdae so blom. Ná ’n uitmergelende twee jaar en agt maande – “om pre-sies te wees” – kon Mila (29) die eerste keer sedert die pandemie begin het weer Nieu-Seeland toe gaan om by haar ouers, Johan en Belinda, en jonger suster, Marò, te kuier.

Dit was ’n emosionele weersiens, vertel Mila, en ja, die klomp van hulle kan mekaar kwalik ophou omhels.

“Jis, dit was taai,” vertel ’n borrelende Mila vandag oor haar kuier in Whangarei in die noorde van die land. “Maar om nou ná so lank weer net saam met hulle te wees voel soos die grootste geskenk ooit. Ek is amper te bang om een oomblik saam met hulle mis te loop.”

Ja, om in die teenwoordigheid van haar geliefdes te wees bring haar groot vreugde. Maar dis nie ál rede waarom sy so straal nie; ook die akteur Bennie Fourie (33), haar kêrel van die afgelope drie maande, speel ’n rol in daardie glimlag wat jy deesdae kwalik van haar gesig kan vee – en hy’s sommer saam Nieu-Seeland toe.

“Haar ouers wou net doodseker maak ek kyk mooi na Mila,” spot Bennie en knipoog.

En, laat die Guys hom les opsê?

“Darem nie,”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot1 min read
STEM VIR JOU GUNSTELING en Jy Kan Óók ’n Vakansie Na Mauritius Wen!
1 gelukkige leser kan ’n vakansie vir twee na Mauritius wen*! 5 gelukkige lesers kan luukse parfuumolies van Tapputi wen. Besoek huisgenoot.com om vir die top-10 te stem. *Jy moet inteken op World Leisure Holidays se nuusbrief om in aanmerking te kom

Related