Huisgenoot

WEG, DIE MAN WAT MY KOM HEELMAAK

JARE lank het sy dié gewraakte woorde van haar aanvaller geglo: “Ek sal seker maak dat geen man ooit weer in jou belangstel nie.”

En in die nege jaar sedert Ina Bonnette (52) van Modimolle in Januarie 2012 wreed deur haar eksman, Johan Kotzé, gemartel, geskend en verkrag is en hy haar ook laat verkrag het, wás dit toe so. Sy was die “slagoffer van die Modimolle-monster” – gebrandmerk en alleen.

Maar toe gebeur die wonderwerk in April vanjaar. Riaan Grobler (57), ’n plaasbestuurder van Modimolle, stap haar kantoor en haar lewe binne en raak halsoorkop op haar verlief.

“Ons het net gekliek. Ek het dadelik op my gemak gevoel by hom,” vertel Ina oor die man wat haar hart ná haar pynlike reis kom heelmaak het. Haar hare is vandag ’n natuurlike grys met bruin strepe en sy dra ’n bril, maar sy lyk beter en jonger as ooit.

“Ek het jare lank met die letsels geloop van wat mense oor my sê: Ek is die halwe vrou van Nylstroom; ek verdien wat met my gebeur het …

“Maar ek het daai pad met Riaan geloop, en hy het gesê: ‘Daar is nie ’n manier dat ek met jou aan my sy sal skaam wees nie! Ek wil op die hoogste dak spring en sê: Dís my vriendin! Ek wil met jou,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot8 min read
Sê Só Nee Vir Jou Narsis
JARE lank het sy in haar praktyk kliënt ná kliënt gesien wat gefrustreerd, depressief, verward of hartseer was. As terapeut is dr. Ramani Durvasula van Los Angeles, Kalifornië, geleer om hulle te help om hul gedragspatrone te verstaan en lewenstrateg
Huisgenoot2 min read
Geheime In Soebatskloof
DIS e.tv se eerste Afrikaanse telenovelle dié – en die reeks heet Kelders van geheime. Huisgenoot is onlangs genooi na die bekendstelling op Plaisir, ’n wynlandgoed naby Fransch hoek – en dit was ’n sterbelaaide geleentheid op die einste plek waar di

Related