Huisgenoot

SÊ SÓ NEE VIR JOU NARSIS

JARE lank het sy in haar praktyk kliënt ná kliënt gesien wat gefrustreerd, depressief, verward of hartseer was.

As terapeut is dr. Ramani Durvasula van Los Angeles, Kalifornië, geleer om hulle te help om hul gedragspatrone te verstaan en lewenstrategieë te leer.

Dit het haar opgeval hoeveel van hierdie mense se stories ooreenkomste toon, selfs al is hulle uiteenlopende mense met uiteenlopende lewens.

“Almal van hulle het gevoel hulle moet die blaam dra vir hul situasie, hulle het in hulself getwyfel, aanhoudelik oor dinge getob, skaam gekry, sielkundig gevoel of hulle geïsoleerd, verward en hulpeloos was,” sê sy.

Daar was nog ’n ooreenkoms tussen al hierdie mense, het sy besef: Hulle almal het iemand in hul lewe gehad wat sekere giftige gedragspatrone getoon het.

“Ongeag of dit ’n huweliksmaat, ouer, ander familielid, volwasse kind, vriend, kollega of baas was, my kliënte het deur die bank stories vertel oor hoe hulle afgekraak is of laat skaam voel het wanneer hulle hulself probeer wees het.”

Sy het geglo daar was in elkeen van hierdie kliënte se lewe ’n narsis wat hulle so laat voel het.

Dit het haar passie geword om uit te vind wat agter narsistiese gedrag sit en om narsistiese persoonlikhede te verstaan en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related