Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kies die lewe: Leer dans in depressie
Kies die lewe: Leer dans in depressie
Kies die lewe: Leer dans in depressie
Ebook153 pages3 hours

Kies die lewe: Leer dans in depressie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ivor Swartz is ’n depressielyer, maar hy kies die lewe. Ivor na sy eie depressie en pleit dat ons geen mens oordeel vir wat hulle in die donkerste oomblikke gekies het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. In hierdie intense persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateAug 18, 2022
ISBN9780796323040
Kies die lewe: Leer dans in depressie
Author

Ivor Swartz

Ivor Swartz is 'n bekroonde skrywer van Constantiapark, Pretoria. Hy is jeugleraar by Pretoria Oosterlig. Hy is getroud met Nadine en het 'n seun, Luther. Hy was onlangs te sien in die Netwerk 24 tv-reeks Ons vir jou. Ivor het 'n sterk sosiale media aanhang en is in September 2022 te siene op Via in die reeks Kies die lewe. 

Related to Kies die lewe

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kies die lewe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kies die lewe - Ivor Swartz

    Lux Verbi

    Hierdie een is vir elke depressievegter; vir jou wat voel jou stem word nie gehoor in die geraas van al die onkunde nie; vir jou wat voel daar is te veel op die spel as jy hardop sou erken: Ek leef met depressie.

    Jy is nie alleen nie.

    Dit is ook vir jou wat soms dink die lewe sou beter gewees het sonder jou. Dit is nie waar nie.

    Môre het jou nodig. Jou drome het jou nodig.

    Dat jy hier is, nog asemhaal, groei, glo en vashou aan hoop is ’n teken vir die duisternis dat jy nie sonder ’n geveg ondergaan nie – ’n geveg om aan die lewe te bly!

    Bly lewe, asseblief.

    Vir my suster Joseline Rochelle Swartz, wat my gewys het hoe om depressie nooit my permanente woonadres te maak nie. Jy het depressie doodgewoon en normaal laat lyk. Al het jy deur die diep en donker waters daarvan geloop, het jy nooit jou lag verloor nie.

    Ek is jammer jy kan nie hierdie een lees nie.

    Rus in vrede.

    Chinatown op ’n Sondag

    my pa sê vir my

    nou moet jy ’n slag regkom

    jy kan nie malgeit vir meer

    langer doen nie

    ek sê ek is nie mal nie

    ek is depressed en suicidal

    hy sê jy glo te veel wat die wit mense sê

    ek klim uit die kar uit en sê

    is net die wit mense wat my glo

    as ek hulle van jou sê

    – Ronelda S Kamfer

    ’N WOORD VAN DIE SKRYWER

    Vandag gee ek aan jou die keuse tussen lewe en dood, tussen seën en vloek. Ek roep die hemel en die aarde as getuies vir die keuse wat jy gaan maak. Mag jy tog die lewe kies sodat jy en jou nageslag mag lewe!

    – Deuteronomium 30:19 (Nuwe Lewende Vertaling)

    Julle wat my ken, julle wat my liefhet en my ondersteun, julle gaan ’n diepte van my depressie lees wat te waar is om goed te klink. Want dit is nie hoe julle my ken nie. Julle ken my as laggend, as charismaties, as positief, as akkommoderend, en altyd reg vir ’n koffie of ’n bier. Maar juis dit is die kern, die enkele lewensfrase, van ’n boek soos hierdie: Depressie lyk waarskynlik heel anders as wat jy gedink het.

    En as jy bereid is om te luister, sal jou empatie verhoog en jou impak verdiep, en dalk kan jy iemand se lewe red. Die empatie begin by hierdie kopskuif. Ivor Swartz het depressie – en dit is oukei.

    Lees. Wonder. Vra. Probeer verstaan. Maar moet asseblief nie wegstap en dieselfde na mense met depressie kyk as wat jy na ander sonder depressie kyk nie. Ek smeek jou. Anders bewys ons die stigma weer eens reg: Ons sukkel om die vermoë te kweek om met deernis en egtheid oor depressie en selfdood te praat.

    Ek het altyd gedink as ek net minder kan dink en voel, sal die leuens sagter word, sal die oneindige doolhof op ’n gewaarborgde rigtingwyser uitloop. Om minder te dink en minder te voel nét sodat jy nie depressief voor mense sal wees nie, is egter ’n vorm van aanranding teen jou siel, teen jou menswees. Niemand hoef ooit hulleself te laat krimp om in ander se boksies in te pas nie.

    Ek het al meer dikwels van ander mense as van myself verwag om my op te beur, om my depressie ligter te maak. Nadine (my vrou) het soveel keer saggies gepleit: Miskien moet jy met iemand gaan praat. Maar ’n man gaan praat mos nie met iemand nie, of hoe? ’n Man word immers gesien. Hy is die broodwinner en die brandewyndrinker. Hy sorg dat sy vrou en sy kinders veilig genoeg is sodat hy nie oor die monsters onder sy bed hoef te praat nie.

    Ek wil glo ek is nie die manne-tipe-man nie. Ek is nie wilder as die Wildtuin nie. Ek dra graag my hart op my mou. Ek huil, soms te veel – by troues, wanneer ek ’n fliek kyk, oor ’n voice note aan ’n vriend en soms in die stort. Ek huil graag, ja.

    Terwyl ek hierdie boek geskryf het, het ek soms in die middernagtelike ure saggies in Luther (my seun) se kamer op die stoel gaan sit en in my diepste herinneringe aan die tronk gaan delf. Omdat ek so baie oor my kinderdae en my tronkdae praat, het ek aangeneem dat ek gemaklik is daarmee; dat die emosionele gewig, die sielsmoegheid, die depressie nie so swaar op my lê nie. Maar dit is daar. Swaar. En die skryfproses het ou wonde oopgekrap, herinneringe van depressie-episodes teruggebring, en die genesende hand van God deur middel van mense in my lewe opnuut bevestig.

    Ek het myself gehaat. En nou is ek getroud met iemand wat my liefhet. Ek wou myself doodmaak. En nou leef ek vir ander. Ek wou my toekoms versmoor. En nou leef ek – vir Luther, vir sy sagte slapies, vir sy lag, vir sy babareuk, vir hoe hy aan sy groot bos krulle trek wanneer hy te warm kry of honger word.

    Daarom het ek weer my bes probeer om ook dié boek so eerlik moontlik te skryf, veral omdat ek dit nodig het om te sien hoe ver ek in my reis met depressie gevorder het. En omdat ek ander wil aanmoedig op hul reis, om hul stories te vertel, om gesond te word júis om die redes dat hulle lewe gekies het, en om te sien hoe ver hulle al gevorder het.

    Daarom die titel: Kies die lewe!

    Nogtans bly die keuse: om jou lewe deur depressie te laat definieer, of om jou lewe in die lig van Jesus se lewe in oorvloed te sien.

    Ek kan vir jou al die redes gee hoekom ek nie hier moet wees nie. Hoekom ek nie ’n tweede boek moet skryf nie. Hoekom ek nie ’n vol lewe moet leef nie. Maar om lewe te kies beteken opoffering, weerloosheid, trappe van genesing wat vooruit én agteruit gaan. Jy kies nie lewe en los dit dan aan ’n onbekende lot oor nie. Jy kies lewe, en dan doen jy wat van jou verwag word om gesond te word, om nie vyand of vriend met jou depressie te speel nie, om dit te aanvaar as deel van jou lewe, soos enige ander chroniese siekte deel van ander mense se lewe is.

    Ons elkeen se rede(s) om te bly leef verskil. Ons elkeen se rede(s) om lewe te kies verskil. Sommige redes is ernstiger as ander. Sommige kies die lewe vir hul troeteldiere, ander vir hul kinders; sommige kies die lewe vir hul ouers, ander vir hul vriende. Ek respekteer ander se redes om lewe te kies, want ek wil graag hê hulle moet my redes respekteer.

    Kies vandag lewe, sommer net vir die reuk van koffie, vir seks (binne die huwelik, natuurlik), vir ’n koue craft bier by ’n plek waar die waiter jou naam ken, vir die paar mooi sonsondergange wat die lugbesoedeling jou bied. Kies lewe, sommer net vir die TV-reeks wat jy nog moet klaar kyk, vir die boek wat jy nog moet lees, om aan te bou by jou huis, om jou kind te sien skool klaarmaak, om ouma te word.

    Kies lewe – vir jóú lewe.

    Ivor Swartz

    INLEIDING

    Above all else, we choose to stay. We choose to fight the darkness and the sadness, to fight the questions and the lies and the myth of all that’s missing. We choose to stay, because we are stories still going. Because there is still some time for things to turn around, time for surprises and for change. We stay because no one else can play our part.

    – Jamie Tworkowski, uit If You Feel Too Much

    Die dringendheid en noodsaaklikheid om eerlike gesprekke oor depressie aan te moedig is nou sterker as ooit tevore. Iemand moet hul hand opsteek en sê: Ek is bereid om weerloos te wees; ek is bereid om oor depressie te praat. En as dit vir iemand anders woorde kan gee vir hul eie depressie, is dit goed.

    Daarom wil ek my stem en my platform gebruik om tot die gesprek by te dra. Daar kan nie genoeg bewusmakingsveldtogte, artikels, boeke, stories, flieks, noem maar op, oor depressie wees nie. Want op die oomblik wen die stigma nog omdat mense te bang is hulle word anders hanteer wanneer hulle erken hulle veg teen depressie in hul lewe. Net soos ons openlik en sonder skaamte kan praat oor iemand wat sy of haar arm gebreek het en boonop dikwels oor ons voete val om te gaan help, dalk omdat die wond sigbaar is, net so moet ons met deernis en dapperheid oor depressie praat. Al is die wond nie vir die oog sigbaar nie. Net soos ons met diep deernis kan praat oor die kanker wat mense se stories so onverwags en radikaal kortknip, moet ons met diep deernis oor depressie kan praat. Dit is ál hoe ons die stigma sal kan oorwin.

    Maar ons doen dit nie. Dit is juis die stilbly oor depressie wat dit die siekte van ons tyd maak. Dit is die negatiewe stereotipes wat aan depressie geheg word wat depressievegters bang maak om daaroor te praat; wat maak dat mense in stilte, in skaamte, in alleenheid moet veg en baklei en ly. En soms die geveg verloor.

    Dit moenie so wees nie. Ons durf nie toelaat dat die stigma veroorsaak dat mense met drome en stories tot getalle en statistieke verminder word nie.

    Om oor depressie te praat neem nie noodwendig iemand se depressie weg nie, maar dit gee ’n wegspringplek vir empatiese luister, vir intensionele samehorigheid, vir destigmatisering, vir aanvaarding en vir oop gesprekke oor ons vrese en drome. Hierdie soort gesprekke help beslis om mense met depressie te laat voel hulle is net so normaal soos enigiemand anders. Om oor depressie te praat verander nie die werklikheid of die feite nie, maar dit verander die narratief. Net soos die slagspreuk culture eats strategy for breakfast waar is, is dit ook vandag waar dat die narratief – die storie wat in die media, op straat en selfs in ons kerke oor depressie vertel word, of dit nou waar of onwaar is – soms die feite vir ontbyt eet.

    Daarom, vir die feite oor geestesgesondheid om tot hul reg te kom en die uiters noodsaaklike gewig te dra wat dit verdien, moet ons die narratief verander. Ons moet ’n beter storie oor depressie vertel. Ons moet ons hart en siel en beleefde ervarings by die feite sit. Só wen ons die stigma, een storie op ’n slag.

    Hierdie boek vertel ’n deeltjie van my storie. Ek hoop jy dra jou storie by tot die gesprek. Ek hoop jy raak gemaklik om oor jou stryd met depressie te praat. Ek hoop jy leer dat om te erken dat jy aan depressie ly die eerste stap in die regte rigting is; die rigting van genesing en aanvaarding.

    Die eerste stap vir my was om my tekortkominge te aanvaar en te omarm. Dit was om te erken ek kan myself nie gesond maak nie. As ek ’n lewe in oorvloed wil leef, sal ek ondersteuningsnetwerke in plek moet sit. Want depressie het die vermoë om ons te isoleer, om vir ons te sê ons moenie ’n oorlas vir ander wees nie. En hoe meer jy jou onttrek, hoe sterker word die leuen dat jy nie met depressie kan leef nie; hoe sterker word die gedagte dat jy nie hier behoort nie.

    Ek is bewus van die las wat sommige van julle dra. Ek is bewus daarvan dat jy soms dink en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1