Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die verlore seun vannie Gaatjie
Die verlore seun vannie Gaatjie
Die verlore seun vannie Gaatjie
Ebook168 pages3 hours

Die verlore seun vannie Gaatjie

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

"Gaatjie-kinders word mos nie gekies nie." Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw, 'n plek sonder hoop. Sy pa is vroeg dood en sy ma maak hom en sy sibbe alleen groot. Hulle oudste broer, hulle selfaangestelde"oppasser", terroriseer die gesin. Een aand besluit Ivor hy kan net nie meer nie. Hy en sy vriend neem 'n vreeslike besluit wat sy lewe ingrypend verander. Hierdie aangrypende verhaal, eerlik vertel deur Ivor self, sal jou aan die hart ruk en met verwondering oor God se genade los.  
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 29, 2020
ISBN9780796322197
Die verlore seun vannie Gaatjie
Author

Ivor Swartz

Ivor Swartz is 'n bekroonde skrywer van Constantiapark, Pretoria. Hy is jeugleraar by Pretoria Oosterlig. Hy is getroud met Nadine en het 'n seun, Luther. Hy was onlangs te sien in die Netwerk 24 tv-reeks Ons vir jou. Ivor het 'n sterk sosiale media aanhang en is in September 2022 te siene op Via in die reeks Kies die lewe. 

Related to Die verlore seun vannie Gaatjie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die verlore seun vannie Gaatjie

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die verlore seun vannie Gaatjie - Ivor Swartz

    9780624089810_FC

    DIE VERLORE SEUN VANNIE GAATJIE

    IVOR SWARTZ

    Lux Verbi

    Dié een is opgedra aan elke verlore seun en dogter wat soek, wat smag, wat hunker, wat huil. Mag die Vader jou tegemoetkom nog lank voordat jy weet jy was jou hele lewe lank nog op soek na Hom.

    Nadine, my tieroogmeisie, dié een is ook vir jou. Sonder jou sou die lewe nie naastenby so kleurvol en vol inspirasie gewees het nie. Jy is my muse al van 2009 se Pneumatix study hall af. Dankie, my glimlag.

    Die jongman het toe teruggegaan na sy pa se huis toe. Toe hy nog ’n hele ent van die huis af was, het sy pa hom herken. Hy was so bly dat hy dadelik na hom toe gehardloop het. Toe hy by sy seun kom, het hy hom omhels en hom gesoen van blydskap.

    – Lukas 15:20 (Die Boodskap)

    PROLOOG

    ek is die oudste broer,

    en was ook al die jongste een;

    feesgevier al saam met boemelaars,

    en verbitterd gestaan al oor ander se seën!

    ja, soms verlore maar steeds hoopvol,

    diep dankbaar vir genade;

    in die verte soos ek aankom,

    blink die blye trane van my Vader!

    Die gelykenis wat Jesus in Lukas 15 vertel, die een van die verlore seun, was nog altyd vir my ’n fassinerende, ’n na-aan-die-hart- en ’n too-close-to-home-storie. Selfs in my dae voor ek ’n Jesus-volgeling was, het hierdie storie my aangegryp op ’n manier wat min ander stories kon regkry. Ek het myself daarin gesien nog lank voordat ek geweet het ek is regtig daarin. Ek lees dit steeds oor en oor. Dis soos my go-to-storie om te lees.

    ’n Vriend vra my eenkeer hoekom ek so lief is vir dié storie. Hy het my dit al te veel keer hoor vertel, en elke keer met dieselfde passie, sê hy. Ek kon hom nie dadelik antwoord nie – behalwe die voor die hand liggende sêgoedjies soos dat dit in die Bybel is, dat dit God se onmeetbare liefde vir ons weerspieël, en so meer. Ek het myself later afgevra hoekom ek so aanklank vind by dié storie. Hoekom was hierdie storie so na aan my hart nog voordat ek tot geloof gekom het? En hoekom hou ek daaraan vas as een van die mooiste, aangrypendste, lewensveranderendste stories oor die goeie nuus van Jesus?

    Wel, hierdie boek gaan oor die kom-en-gaan, die soek-en-vind van ’n verlore seun en sy verlore broers, en die moeder wat tot op haar sterfbed gewag het vir hulle om terug te keer huis toe. Dis my persoonlike verlore-seun-verhaal. Dis my jare lange reis van die verlore jongste broer én die verlore oudste broer wees, van die huis wat ek nooit gehad het om na toe terug te keer nie, van die pa wat ek nooit geken het nie, en van die bitterheid wat langer in my rondgespoel het as wat nodig was.

    Ek is lief vir die storie van die verlore seun, nie net omdat ek lank ook verlore was nie, maar meer omdat ek gevind is toe ek dit die minste verwag het; omdat God my gesoek het meer as wat ek Hom gesoek het. Hy het nie opgehou om agter my aan te kom nie. Hy het aanhoudend maniere gekry om my te herinner dat ek meer werd is as waarmee ek besig was. Hy het my gewys dat dit waarna ek eintlik soek en smag by Hom, in sy huis, te vind is: liefde, aanvaarding, vryheid, genesing. En dat daar vir my ’n kamer is, met warm komberse en my gunsteling-kunswerke teen die muur.

    Ek ken baie verlore seuns wat verlore pa’s geword het, en wat dan weer verlore kinders grootmaak, en so gaan die kringloop aan. Dis ’n kringloop wat te veel kinders beroof van die voorreg om God as hul liefdevolle Vader te sien en te ken. God was, en is, vir my so genadig en so goed tydens al my kronkelpaaie en bospaaie dat ek nooit te ver verdwaal het vir Hom om my te vind nie. Trouens, nêrens kan ons vir God wegkruip nie. Hy het my deur al die vrae en worsteling gelei tot by sy huis, my aan sy tafel laat sit, vir my broers en susters en familie gegee, meer as wat ek ooit kon droom.

    Ek is dankbaar.

    Ek is vol hoop.

    Ek is gevind.

    INLEIDING

    Die verlore klong van die Gaatjie is nou ’n man wat ’n tuiste gevind het. Wat in liefde leef, en vanuit liefde beweeg. Hy kruip nie meer weg nie. Hy staan sterk en hy staan vas, al is hy soms bang en al bewe sy broek. Hy het vrede gemaak met wat was, en kyk met dankbaarheid na wat voorlê. Hy help ook nou ander om sin te maak uit hul Gaatjie-ervarings, om hul pad terug huis toe te vind, na waar Liefde vir hulle wag.

    Nou nooi hy jou uit om saam met hom te reis deur sy storie sodat jy ook gevind kan word; sodat jy ook jou bitterheid buite by die hekkie kan los wanneer die Vader jou nooi vir ’n feesmaal aan sy tafel. As jy reeds gevind is, moet jy ook met dankbaarheid vorentoe kan kyk en die mense na aan jou met soveel meer genade en liefde waardeer. Ons almal is net een besluit weg van ’n varkhok af – nes die jongste broer in Jesus se storie, en nes ek deur my lewe en in my storie.

    Hierdie boek vertel nie alles waardeur ek is of waaraan ek my alles oorgegee het nie. Dis grotendeels die hooftrekke van ’n lewe wat nie so lank moes gehou het nie. Dit sluit ook nie almal in wat deel was – en is – van my verlore-en-gevind-storie nie. Daar is ongelukkig te veel wat ek in my kort leeftyd gesien, beleef, bedink, ontvang en hopelik ook gegee het om alles hier te vertel. Ek het by sekere dele van my storie soms langer as ’n uur net gesit en staar na die flitsende lyn waar ek ’n woord moes insit – bloot omdat ek nie met die gepaste woorde kon opkom om ’n situasie ten volle te beskryf nie, omdat dit te seer was om weer daaraan te dink. Dinge wat ek jare terug uitgeblok het omdat ek nooit weer daaraan herinner wou word nie. Dinge wat ek aan myself en aan ander moes erken.

    Ek skryf oor die letsels – dié letterlik op my lyf en dié in my binneste – waar ek jare lank nie wou gaan nie. Maar dis waar ek voel dat hierdie hele skryfproses vir my so helend was. Ek het met baie dinge vrede gemaak tydens die proses; ek moes baie dinge herleef, ook die pyn wat daarmee saamgegaan het. Ek moes ’n paar WhatsApp-boodskappe stuur en oproepe maak aan mense wat ek weet ek te na gekom het, of vir wie ek moes vergewe. Omdat ons nie kan oorwinning kry oor goed as ons nie bereid is om dit op die naam te noem nie, as ons dit nie kop-in-die-lug in die gesig kan staar en erken "dis wat met my gebeur het, en dis hoe dit my laat voel het nie. Maar dis ook soos Glaskas sing in een van hul liedjies: Ek wens ek kon vir jou wys hoe my werklikheid lyk. Maar ek wonder of jy dit sal verstaan."

    WAT IS HUIS?

    To say that Choco is the product of a broken home is to presume a home existed in the first place.

    – Domino Harvey

    Dis moeilik om oor ’n huis en ’n tuiste te praat as jy omtrent nét ongesonde definisies daarvan het. As huis nie met die warm herinnerings van leef en wees en behoort gepaardgaan nie. As huis eerder net ’n plek is vir eet, slaap en ’n goeie pak slae – sommer so tydig en ontydig. As huis die plek is waar die monster nie onder jou bed bly en slegs verskyn as die ligte af is nie, maar eerder saam met jou op die stoep sit, saam met jou eet, ander kere saam met jou lag of soms selfs ’n R1-stuk na jou kant toe skiet om op te maak vir wat hy ook al gister aan jou gedoen het, of vir wat hy dalk môre gaan doen. Dis ’n eindelose doolhof waaruit jy nie kan ontsnap nie.

    Huis is waar die monster deel van jou bloed en familie is, wat jou altyd op jou tone hou – tydig en ontydig – met ’n klap deur die gesig, ’n besem oor die kop of ’n ketelkoord oor die lyf – net om te wys wie’s baas en wie’s klaas. Die monster se mag en gesag was waarom ons lewe gespin het. Alles was gefilter deur hoe Deon, my oudste broer, sal reageer. Kinders mag nie te hard lag of speel nie. Hy mag nie verloor as ons domino’s speel nie. Daar mag nie te lekker of te lank sonder hom gekuier word nie. Dan is die hel los. Die monster sal grom en almal verskrik, die partytjie versuur, en almal sal halfhartig glimlag en nie maak of hy maar net verduur word nie.

    Huis is waar jy hard werk en lig slaap, waar die monster soos ’n dief in die nag kom en jy die deur vir hom moet gaan oopmaak, anders trap hy dit sommer af. Huis is nie ’n speelplek nie – veral nie as jou broer die monster is nie.

    Ek het later geleer Jesus sal ook soos ’n dief in die nag kom, dat ook sy klop aan die deur onverwags sal wees. Dit het my bang gemaak. Dit het my anti-Jesus gemaak. Niemand wat in die nag aan ons deur kom klop het, was daar vir mooipraatjies oor die weer nie, en niemand wou die ewige lewe aan ons kom smous nie.

    Ek het destyds toe ook vir Jesus as ’n monster afgeskryf: groot, onbeskof en met geen respek vir mense se slaap nie. Ek moet by Hom ook maar op my hoede wees vir enige moontlike straf wat Hy kan uitdeel as ek nie die emmers vol water gemaak het nie of nie die huis ordentlik skoongemaak het nie.

    Eers later, toe my lewe en storie die draai gemaak het tot hier waar ek nou sit, het ek besef ek het Jesus die monster gemaak. Ek het Hom in die menslike beeld van my slegste nagmerrie omskep.

    Maar Jesus is nie soos skoonheid wat in die oog van die waarnemer lê nie, soos die bekende sêding lui. Jesus is konstant – van begin tot einde, dieselfde. Deur ons dik en dun, deur ons monsterjare, deur ons verlore jare, totdat ons terugkeer huis toe vir die fees van alle feeste!

    Hoe maklik is dit tog vir ons om Jesus in ’n blik te druk! Om Hom in ons pyn se blik, ons rykdom se blik, ons armoede se blik, en so meer, te druk en alles oor wie ons dink Hy moet wees deur daardie lense te sien. Maar Jesus is soos Philip Yancey vir Walter Wink aanhaal in sy boek The Jesus I Never Knew: If Jesus had never lived, we would not have been able to invent Him.

    Huis – soos ek dit later jare sou leer ken – is waar jy veilig voel, waar jy gegrond voel en waar jy behoort. Dis die plek waar jou storie die veiligste en jou drome goud werd is. As dit wel die geval is, het ek nooit huis geken nie. Ek ken van ’n dak oor my kop hê, ja; ek ken van kos op die tafel. Maar ek ken nie die gevoel van behoort nie. Ek ken nie van ’n gesonde tuiste hê nie. Dit was ’n voorreg wat nie vir iemand van my strate beskore was nie. En ná 35 jaar op aarde, plus vier jaar van getroude lewe, is die idee van huis steeds vir my vreemd. Die taal van behoort, van voete opskop, sit party dae steeds ongemaklik by my.

    Maar ek het nou al ’n baie gesonder definisie van wat huis moet wees. Ek weet nou my storie is veilig, ek behoort, ek hoef nie eers myself – of ander mense – van my bestaan, van my regverdige plek in die samelewing te oortuig nie.

    Ek probeer ook deur my lewe kleur gee aan daai definisie van huis en behoort, en om my toekomsplanne en my gedagtes volgens dié gesonde prentjie in te rig. Dis ’n keuse wat ek elke dag moet maak: om nie te val vir die leuen dat ek steeds alleen en op soek na aanvaarding is nie. Daar is mos nou mense wat voor my, langs my en selfs agter my staan – vir ondersteuning, en wat ook na my kyk vir ondersteuning. Ek is nie meer die afvlerkvoëltjie wat te vroeg die nes moes verlaat nie.

    Meestal voel dit vir my ek het nie die vaagste benul wat ek doen nie, en hoe om huis en behoort te bou nie, maar my liefste Nadine se glimlag, die reuk van die piesangbrood wat sy gereeld bak, die yskas se geraas, die braai by vriende wat ek regtig vriende kan noem, dit bring altyd die gevoel van Mama, I made it by my op: Mama, kyk, ek het toe heel oukei uitgedraai. Daar is toe lig aan die einde van die tonnel. Jy was reg. Dankie. Dankie. Dankie!

    Dit bring ’n bewustheid by my dat die begin van ons stories nie noodwendig ’n aanduiding is van hoe ons stories eendag gaan uitdraai nie. Al weet jy nie hóé dit gaan vorm kry nie. Ek sou wat gee om in tyd te kan teruggaan om die klein en verlore Ivor te laat glo hy gaan eendag in ’n baie kreatiewe huis bly en met die kreatiefste vrou getroud wees!

    Ek weet nou wat bedoel word met die spreekwoord: There’s no place like home. Want nêrens voel ek meer myself as in die ruimte wat ek en Nadine probeer bou en inkleur nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1