Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Blinde sambok
Blinde sambok
Blinde sambok
Ebook145 pages2 hours

Blinde sambok

Rating: 1 out of 5 stars

1/5

()

Read preview

About this ebook

Niemand het gedink ek sal hoor nie, maar ek hét! Moenie dink omdat jy maar net tien minute gelede gebore is, omdat jy rooi en opgeskroef en lelik is, dat jy ook dom is, of nie kan hoor wat gepraat word nie. Jy kán.
“Hierdie hopie sprinkaanbene . . . Is dit ’n kind? Is dit mýne?”
Ek het my pa gehoor, en dit het die kwaad in my losgemaak, tóé al. En toe hoor ek ook die ander ding, dit wat suster Van Schalkwyk van my gesê het. Dit wat sy gesê het, het ek ook met my saamgevat. En dit het die wen in my losgemaak, tóé al. Want ek, die meisiekind wat my pa nie wou hê nie, moes baklei teen die vloek van die Gideon de la Reys . . .
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780624078142
Blinde sambok
Author

Riana Scheepers

Riana Scheepers is op 9 Desember 1957 op Vryheid in KwaZulu-Natal gebore. In 1990 debuteer sy met die kortverhaalbundel, Die ding in die vuur, wat met die ATKV- en FAK-prys bekroon word. In 1992 ontvang sy die Eugène Marais-prys vir haar tweede bundel, Dulle Griet. Sedertdien is haar boeke topverkopers, in Suid-Afrika en in die buiteland.

Related to Blinde sambok

Related ebooks

Related articles

Reviews for Blinde sambok

Rating: 1 out of 5 stars
1/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Blinde sambok - Riana Scheepers

    Riana Scheepers

    Blinde sambok

    Tafelberg

    Vir Johann, my beste vriend

    1

    Niemand het gedink dat ek dit sal hoor nie, maar ek hét.

    Moenie dink omdat jy maar net tien minute gelede gebore is, omdat jy rooi en opgeskroef en lelik is, dat jy ook dom is, of nie kan hoor wat gepraat word nie. Jy kán.

    Dit wat in daardie eerste minute van my lewe oor my gesê is, het ek gehoor, en ek het dit met my saamgevat.

    Dit kan nie wees nie … het my pa gesê toe die stewige verpleegsuster my vir ’n paar sekondes in sy groot hande sit sodat hy darem kan kyk hoe ek lyk voordat ek broeikas toe gaan.

    Hy het geskok bly staan, na my gekyk, en toe op die stoel agter hom gaan sit. Groot, fris man wat hy was, kon hy homself nie vertrou om my vas te hou sonder om te gaan sit nie. Asof ek te swaar was vir sy sterk, bruingebrande arms. Op die puntjie van die stoel het hy gaan sit met my in sy hande voor hom uitgehou. Ek het na my pa gekyk, gesien hoe hy lyk, en toe maar liewerster weer my oë toegeknyp.

    Dit wat stewige suster Van Schalkwyk in sy hande gesit het, was nie ’n babatjie nie, nie ’n mens nie, maar ’n bloedrooi monstertjie, dit moet ek darem self erken. ’n Bondeltjie bene, te klein vir die babaklere wat almal in die kontrei begin hekel en brei het toe hulle hoor daar gaan ’n kleintjie vir Groot Gideon de la Rey gebore word. Ek was toegedraai in ’n wit flenniekombersie. Pas gebore en skaars ’n kilogram, was ek niks meer nie as ’n paar stokkiesbene en arms wat vas was aan ’n pensie en ’n kop. Dit was ek, wat later in die klipkerk op die dorp ná ’n lang diens Gideonette Diederika Marthina de la Rey gedoop sou word. My gewigtige lang naam moes opmaak vir alles wat ek nie was nie.

    As my pa sy hande toegemaak het, sou hy my kon dooddruk, soos wat ’n mens ’n lelike skreebek-voëlkuiken kan dooddruk. Dis dié dat ek later, toe ek op my plaas gebly het, dit nooit kon regkry om klein voëltjies of platannas of diertjies dood te maak soos die ander kinders nie. Want ek het onthou dat ek self soos ’n hoenderkuiken met piep gelyk het.

    My pa het na my gekyk, gevoel hoe niks ek weeg. Hierdie dingetjie in sy hande was nie sy idee van ’n baba nie. Dit was nie die bulseun met breë skouers en ’n druiwetrossie tussen stewige beentjies waarop hy gewag het om Langverwacht by hom oor te neem nie.

    Dit kan nie wees nie … het hy weer gesê.

    Die suster het haar hande in haar sye geplant. En wát kan nie wees nie? het sy vererg gevra.

    Hierdie hopie sprinkaanbene … Is dit ’n kind? Is dit mýne?

    Ek het hom gehoor. Dit was die een ding wat ek gehoor het, en ek het dit met my saamgevat. Dit het die kwaad in my losgemaak, tóé al. En toe hoor ek ook die ander ding, dit wat suster Van Schalkwyk van my gesê het. Dit wat sy gesê het, het ek ook met my saamgevat. En dit het die wen in my losgemaak, tóé al.

    Sy het hom ’n kwaai kyk gegee en my versigtig uit sy hande geneem. "Laat ek vandag vir jou ’n ding sê, Groot Gideon de la Rey! Sy het nou wel twee maande te vroeg op hierdie wêreld gekom, en sy is nog ’n meisiemens ook daarby, maar hierdie maer hoendertjie van jou is ’n fighter. Jy sal dit nog sien. As ek my sonde nie ontsien nie, neuk ek vandag vir jou, so groot as wat jy is. En nou gaan sy broeikas toe!"

    My pa het verslae agtergebly. Ek is in die broeikas geplaas. Soos die hoendereiers wat ek later in die eendjiebyter in die groot spens van die groothuis laat uitbroei het, so is ek in ’n glashokkie geplaas waar die temperatuur dieselfde bly en waar hulle jou omdraai en skoonmaak en help om asem te haal.

    Warm was dit, en sag, maar eensaam. Moenie dink ek weet dit nie. Ek sou liewer by my ma wou gewees het. Maar ek kon nie te veel dink aan my eensaamheid in die klein ruimte nie. Daar was nie tyd om te verlang na die sagte hande van my ma wat my in die sekondes net ná my geboorte vasgehou het nie. Ek moes werk om my longe in te span om ’n bietjie asem te kry, en my borskas het elke oomblik gebrand. Asem in … asem uit …

    Om uit te asem was makliker as om asem in te trek. Ek kon baie maklik besluit het om maar net aan te hou met uitasem, sonder om te sukkel om weer lug in te kry. Maar nie vir een oomblik het ek getwyfel dat ek dit sal doen nie. Ek is ’n fighter, het suster Van Schalkwyk gesê, en ek het haar met alles wat ek toe gehad het, geglo. Dit was nie baie nie, maar ek het geglo.

    Ek het geweet waarom my pa so geskok was. Moenie dink ’n mens weet dit nie net omdat jy klein is en in ’n broeikas lê nie. Die Gideon wat ek móés gewees het, Gideon Diederik Marthinus de la Rey, was ek nié.

    Daarom het ek teen my eie brandende longe gefight en met die ritme van die instrumente in en om my in die klein ruimte asemgehaal. Totdat dit ewe skielik een aand makliker geword het en ek vanself omgedraai het om te kyk wat aangaan in die wêreld buite die glaskas waar ek gelê het. En ek het begin skree as ek honger word. Blou moord het ek geskree as my ma nie dadelik kom om vir my melk te gee nie. As ek daardie skree van my geskreeu het, dan was sy gou daar. Ek het gou geleer hoe om my skreeuery te gebruik.

    Ek het julle mos gesê, het suster Van Schalkwyk gesê toe ek die eerste keer my mond oopmaak om daardie skreeu uit te haal. As dit ’n meisiekind is wat te vroeg gebore word, dan baklei sy om te lewe. ’n Seunskind doen dit nié, dinge moet vir hom maklik gemaak word, selfs voor sy geboorte.

    Die hele tyd wat ek daar gelê het in die broeikas onder die oë van stewige suster Van Schalkwyk was my ma ook daar. Sy het naby die broeikas in ’n stoel gesit en gelees en my dopgehou. Van haar was ek nie so bewus as van suster Van Schalkwyk nie, omdat sy nie so seker was dat ek sou leef nie. Sy was bang, het ek geweet, bang dat sy nie ’n klein De la Reytjie kan terugneem Langverwacht toe nie. Ek wou nie haar bangheid naby my hê nie, daarom het ek my nie veel aan haar gesteur nie. Ek het liewer aan die stewige suster gedink, sy wat geweet het wat ek met my maer sprinkaanlyf kan doen.

    Wat ek natuurlik nie toe al geweet het nie, is dat die kans baie groot was dat ek die enigste De la Rey-baba van hierdie geslag op Langverwacht sou wees. Dis die rede hoekom my ma so bang was. Ek het nie geweet hoe my ma en pa gesukkel het om my te kry nie, en ek het ook nog nie geweet van die vloek van die De la Reys nie.

    Dit sou ek alles eers later, baie later, uitvind.

    Toe die dokter my ná drie weke uit die broeikas haal en sê ek kan maar saam met my ma en pa huis toe gaan, het suster Van Schalkwyk geweet dat sy my nie weer in die hospitaal sou sien nie. Vir gebreekte arms en snye, ja, soos die keer toe ek uit die akkerboom geval het. Of die keer toe ek van die Jerseybul weggehardloop het en met die duikslag deur die doringdraad my been so oopgesny het dat hulle dit met dertien steke moes toewerk. Sy sou my sien met mangels en inentings, maar nie omdat ek wou doodgaan van te min asem, of omdat ek te klein en te maer was om te lewe nie.

    Ek het die dood gewen, omdat ek ’n fighter is.

    Al was ek nog nooit daar nie, was ek haastig om op my plaas te kom. Ek wou sien hoe dit lyk en ek was angstig om vir oupa Lewies en ouma Willemien te ontmoet. Hulle wag in die ouhuis met die gewel, het ek geweet. Hulle sou al van vroegoggend af uitkyk vir die stofstreep op die grondpad en die motor wat voor die groothuis onder die bome in die koelte stop. En dan sal hulle die entjie van die ouhuis af stap, al met die bloekomlaning langs, tot by die groothuis waar ek sal wees.

    Terwyl ons oor die hobbelpad ry na die kliphuis waar ek sou grootword, het ek wakker in my ma se arms gelê en na my pa gekyk waar hy agter die stuurwiel gesit het. Hy het nie na my gekyk nie – daar was eintlik niks van my om te sien nie want ek was soos ’n papie in die kombersie toegedraai – hy het net so af en toe bekommerd na my ma gekyk wat stil langs hom gesit het. Sy was nou okay, het ek geweet – noudat ek lewe, was sy nie meer bang vir my nie. Sy was net gelukkig met die hopie sprinkaanbene in haar arms.

    My pa was ’n ander storie. Ek het hom só gelê en kyk.

    Wat sal ons haar noem? het hy versigtig vir my ma gevra. Gideon is seker nie meer ’n naam wat ons kan oorweeg nie?

    Noem my Gideonette, wou ek hom antwoord, maar hy het nie belang gestel in wat ek vir hom te sê gehad het nie. Hy het vir my ma gewag

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1