Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense
Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense
Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense
Ebook210 pages2 hours

Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Alle sondaars welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is. Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus. Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateApr 19, 2022
ISBN9780796322999
Alle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense
Author

Jaco Strydom

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.     

Related to Alle sondaars welkom

Related ebooks

Related articles

Reviews for Alle sondaars welkom

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Alle sondaars welkom - Jaco Strydom

    Alle sondaars welkom

    Jaco Strydom

    Lux Verbi

    toe sien ek: die ou tannie met die swak teologie wat drie weeskinders in haar plakkershuis inneem, doen meer as sewe goeie teoloë . . .

    Voorwoord

    Ek het my amper doodgeskrik.

    Dit het gebeur in ’n huisie teen die helling van ’n berg wat uitkyk op ’n beboste kloof, ’n ent buite Robertson.

    Jy is ons enigste gas, sê die boervrou toe sy die plek oopsluit.

    Ek moes die aand by ’n byeenkoms op die dorp praat. Laat die middag sit ek by ’n tafel teen een van die huisie se mure op my rekenaar en tik.

    Uit die hoek van my oog sien ek die blink vierkant van ’n venster skuins agter my.

    Ek leun agteroor om my nek te rek. Iets beweeg tot amper teen die ruit. Ek leun verder agteroor, my kop nou amper teen die venster.

    Meteens druk ’n harige ou met wilde oë sy kop teen die ruit.

    Ek gee ’n gilletjie. Spring op. Probeer wegkom. Val oor die stoel.

    Eers toe ek opstaan, sien ek die harige ou het ook agteroor geval en lyk self effe verskrik. Ek begin weer asemhaal, staan op, sug en stap nader.

    Wat ek gedink het was ’n venster, was toe al die tyd ’n spieël.

    Toe Lux Verbi my aan die einde van 2021 nader om ’n boek te skryf, was ek ’n bietjie lui. Ek vra toe of ons nie eerder ’n klomp van die goed wat ek reeds geskryf het in ’n bundel kan saamsit nie. ’n Paar dae later kry ons die groen lig, en in die weke daarna worstel ek deur ’n klomp van my skryfwerk van die afgelope jare in ’n poging om ’n seleksie vir hierdie boek te maak.

    En het ek vir myself geskrik! Wat ’n wilde weerkaatsing!

    Toe ek weer lees deur alles wat ek geskryf het, kom ek met ’n skok agter ek stem nie altyd met myself saam nie. Ek weerspreek myself ’n paar keer, wonder hardop oor iets wat vroeër vir my ’n uitgemaakte saak was.

    Maar hier is die boek nou, ’n random mengelmoes gedagtes oor die wilde God en sy mense – en ander temas – wat oor die afgelope tien jaar en meer geskryf is. Dikwels in die skemer, in die paradoks van frustrasies, drome en verwondering, in ’n soeke na geloof iewers tussen bygeloof en ongeloof, in ’n verskeidenheid van beelde in my dowwe spieël.

    Daar is lewenslesse by vreemde wesens, nadenke oor donker en beautiful dinge, sondebelydenisse, drome, nagmerries, redenasies oor teologiese kwessies en elke nou en dan frustrasies met die kerk.

    Iemand sê nou die dag die lelikste p-woord in Afrikaans is pretensieus. Dis jammer, maar ons moet erken, die kerk is nie altyd die eerlikste plek op aarde nie. Christene is vandag steeds dikwels meer vas as vry. Dis asof ons onsself nie kan help nie. Ons raak maklik deurmekaar. Ons kompliseer eenvoudige waarhede wat bloot geleef moet word, en oorvereenvoudig komplekse dinge waaroor ons eerder moet stilbly.

    Dis waarskynlik ook waar van hierdie boek. Hoe sal ek weet? ’n Mens is blind vir jouself.

    Die waarheid is, die diepste ontdekkings in en rondom ons word die beste verwoord deur skilderye, gedigte of fiksie, eerder as deur die sistematiese uiteensetting van sogenaamde dogmatiese feite.

    Die waarheid is altyd wilder as wat ons wil erken. Meer nog wanneer ons oor geestelike dinge wil praat. Enige poging om hardop, rou en eerlik daaroor te wonder is uiteraard effe random en deurmekaar.

    Van die gedagtes in hierdie boek, of dele daarvan, is vir artikels of rubrieke in ’n verskeidenheid koerante en tydskrifte geskryf. Ander is herhalings van vorige skrywes. Heelwat kom uit my blog en is die soort gedagtes wat ek nie gedink het ’n Christenuitgewer ooit sal publiseer nie. Net een van die baie dinge waaroor ek al verkeerd was!

    My blog Anderkant die doringdraad is die groot inspirasie vir die deurmekaar formaat van hierdie boek. Dit is ’n enkele dokument, nou amper 37m lank – en selfs nog meer random en deurmekaar as dié boek – wat so pas 80 000 hits gehaal het. Wat my laat besef het daar is ’n klomp mense daarbuite wat random en deurmekaar gedagtes bo netjies geformuleerde woorde verkies.

    Oor my eerste boek, Confessions oor kerkwees, het ’n dominee in die Kaap gesê: Dit lees lekker op die toilet. My gebed is dat dit ook so sal wees met hierdie boek.

    Van die goed het ek geskryf omdat ek ná ’n sinodesitting, ringsitting of kerkraadsvergadering of ’n rassistiese opmerking van ’n godsdienstige op Facebook of van ’n Afrikaanse sanger op Twitter nie kon slaap nie. Ander was werk, geskryf onder die druk van ’n redakteur of uitgewer met ’n deadline. ’n Paar is geskryf terwyl ek gereis het, in Indië en Bangladesj, of iewers op ’n verlate strand tydens ’n kajaktoer om Zanzibar, in Mosambiek of in die Transkei. En ’n paar is op my nuwe happy place geskryf – my very-tiny-floating-house op die Wilgerivier.

    God is ’n vreemde Kunstenaar. Hy skilder skilderye wat self ook kan skilder. Genesis sê ons is na sy beeld geskep. God se kreatiewe gees is in ons. Kyk maar na die Bybel. Dis vol kunswerke van God se mense, ’n boek vol gedigte, stories en sketse van historiese gebeure, lewenslesse, drome, klaagliedere en ’n horde metafore.

    Elke nou en dan moet ek myself herinner: ’n Metafoor, ons beste poging om oor geestelike dinge te praat, sê iéts oor ’n bepaalde saak, maar nooit álles nie. Van die grootste krisisse in die kerkgeskiedenis het gebeur toe die wilde God se mense op ’n metafoor verlief geraak het.

    Wat jy nou hier in jou hande het, is ’n paar van my pogings om saam te skilder, prentjies van wat ek deur vensters gesien het, of in spieëls wat ek gedink het vensters is.

    Ek hoop jy beleef hierdie boek as ’n uitnodiging eerder as nóg ’n godsdienstige voorskrif. ’n Gesprek wat nog nie klaar is nie. ’n Kykie in my dowwe spieël. Hopelik kan ons mekaar motiveer om eerlik saam te soek, en dit dalk opnuut saam met Jesus te waag tot anderkant die grense van mense.

    Jaco Strydom

    Pretoria

    Februarie 2022 

    hulle het als gevat

    sy tong

    en sy lippe

    toe praat hy maar met die gun en die klippe

    niemand het verstaan nie

    maar ten minste was hulle nou bang vir daai lanie

    excuse the pun

    maar that’s how it all begun

    with a man without a tongue

    Ongelykwaardig

    Vryheid, gelykheid en broederskap? No way. Nie hier nie. Dalk lank, lank gelede in die kop van ’n ongelowige Fransman . . . maar moenie vir my kom sê mense is vandag gelykwaardig nie.

    In my laaste jare as student het ek ’n baie ou, siwwe Renault 5 gery – een van daardie blou karretjies, ’n bietjie groter as ’n Mini. Tot my groot frustrasie moes ek, soos die meeste studente, altyd buite die hekke van die universiteit parkeer en ver stap tot by die fakulteit.

    Want ek was maar net ’n arm student . . .

    Op ’n dag breek my kar weer. ’n Oom wat ek goed ken leen vir my sy nuwe Mercedes. Net daar besluit ek: Vandag parkeer ek binne, tussen al die belangrike mense.

    By die sekuriteitshek kyk ek stip voor my uit en wys bloot met my regterhand vir die wag om die hek oop te maak. Hy waai vriendelik terug en laat my sonder enige vrae deur. Wat ’n wonderlike gevoel was dit nie!

    Die volgende dag is my Renault weer reg en dog ek by myself, kom ons kyk of dit weer werk, net vir ’n proefneming.

    Ek hou voor die hek stil. Kyk stip voor my. Wuif vir die wag om die hek oop te maak (my gesigsuitdrukking was presies dieselfde as die vorige dag). Ek skrik my amper boeglam toe die wag met sy knuppel teen die venster klop.

    Wat dink jy doen jy? raas hy. Julle studente moet buite parkeer!

    My proefneming het bewys dat dit in hierdie wêreld eenvoudig onmoontlik is om belangrik te wees in ’n Renault 5.

    Ek het ’n tyd lank in Indië gewoon. Ek was brandarm. Vir maande het ek en ’n klomp ander ouens onder ’n palmtakafdak op die grond geslaap en elke dag onder ’n enkele buitekraan gebad. Ek kan nie in ’n boek soos hierdie verduidelik in watter toestand die toilette was nie. Dit was nie maklik nie.

    Ek het egter gou ’n trick aangeleer in my poging om nou en dan ’n bietjie beskawing te beleef.

    Dit was maklik. Ek het op die goedkoopste bus na die middestad geklim en by die eerste vyfsterhotel ingestap. Ek het agtergekom ek hoef nie eens op te dress nie. Die blote feit dat ek ’n Westerling is, het my vrye toegang tot die geriewe gegee. Ek het selfs ’n keer of wat kaalvoet daar opgedaag. Al kon ek nie eens ’n eensterhotel bekostig nie, het die man by die deur my keer op keer soos ’n ryk man behandel.

    Want ek is ’n Westerling.

    In hierdie wêreld het mense nie gelyke waarde nie. Dis ’n feit.

    Waarde hang af van geld, status en vooroordeel.

    Een van die beste voorbeelde hiervan is privaat hospitale, waar hulle slegs lewens red as die geld reg is. Die mediese bedryf is sekerlik een van dié mees onetiese bedrywe in die wêreld – naas die kerk.

    Ek is ’n dominee, so ek het ’n goeie mediese fonds. Nou die dag is ek in die hospitaal vir ’n operasie aan my enkel.

    Vyfsterbehandeling!

    Laat een nag lui ek die klokkie, want die pyn is erg. ’n Ouerige verpleegster kom by my kamer in en ek sien sy loop effe kruppel. Ja, verduidelik sy toe ek haar uitvra, haar voet is ook seer. Sy weet nie hoe sy die volgende paar weke se skofte gaan maak nie. Haar operasie is eers volgende maand. In Kalafong. Toe gee sy my ’n inspuiting en stel die lugversorger ’n bietjie af.

    Die kind het my jammer gekry

    Ek het ’n droom gehad oor een van die vrolike kinders van Indië in die strate van Varanasi. 

    Sy het uit ’n vuil en donker stegie verskyn – soos ’n engel – nadergestap en vreemd na my gekyk. Iets het haar ontstel.

    Eers toe sy naby genoeg aan my was, kon ek sien dat sy mý jammer kry. 

    Haar oë het gehuiwer. Dit het gelyk asof sy iets wou sê. 

    Die kind wil my help, het ek besef, maar sy weet duidelik nie waar om te begin nie.

    Dit was asof sy geweet het ek sou nooit gelukkig wees sonder ’n klomp materiële dinge; haar eenvoudige blydskap, in daardie vuil stegie, was onbereikbaar vir iemand soos ek. 

    Toe glimlag sy maar net vriendelik vir my – en ek glimlag terug, in ’n swak poging om my verleentheid weg te steek . . .

    My wilde terapeut

    Die see is my terapeut.

    Ek het onlangs vir langer as ’n week om Zanzibar geroei. Nou voel ek beter. Maar moenie dink dit was net vakansie nie; dit was allesbehalwe ’n gemaklike roeityd. Die springgety het my byvoorbeeld een aand gevang, met die gevolg dat ek die nag op ’n rif in die middel van die see tussen twee eilande moes deurbring.

    Dit was koud, ek was nat en die wind was wild. Om alles te kroon, ontdek ek ’n gat in een van my waterdigte sakke.

    Die enigste plek om te lê was binne-in my nat opblaaskajak. Ek het letterlik gelê en bewe en kon nie slaap nie.

    Nie ’n lekker aand nie.

    Maar ’n goeie aand.

    Ek het klein gevoel. Dit was donkermaan, die sterre beautiful, die see swart, met nou en dan ’n strepie fosfor. Die volgende oggend toe die son opkom, was die see mooier as wat ek haar nog ooit gesien het.

    Sy lyk waarskynlik dikwels so, het ek gedink, maar hierdie een keer was ek op die regte plek, ongemaklik genoeg, wakker genoeg, om dit met my eie oë te kon sien. En te waardeer. 

    The comfort zone doesn’t have much of a view . . .

    Ek sê dikwels vir die jongmense in ons Echo-huise: Alles wat goed is, is nie altyd lekker nie, en alles wat onlekker is, is nie altyd sleg nie.

    Inteendeel.

    Die gemaksone is daardie mooi, gemaklike, bekende, veilige, lekker plek waar niks groei nie. As jy wil groei en ontdek, moet jy dit waag buite die grense van dit waaraan jy gewoond is. Ons het die meeste om te leer op onbekende plekke. Nie net omdat daar soveel

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1