Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Het ek my geloof verloor?: 'n Verkenning
Het ek my geloof verloor?: 'n Verkenning
Het ek my geloof verloor?: 'n Verkenning
Ebook143 pages2 hours

Het ek my geloof verloor?: 'n Verkenning

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Het jy jou geloof verloor? Is daar ander maniere om te dink oor waarheid, God, die Bybel en kerk as die tradisionele manier? Vandag se mense wil nie in belydenisskrifte vir antwoorde krap nie en die kerk beïndruk hulle nie. Hierdie boek is ’n gids op jou geloofsreis. Dit wys dat daar ’n ander manier is om te dink oor geloof, God en godsdiens. Dit is ’n uitnodiging om vrae te vra en te twyfel, te stoei en teen God se bors te slaan. Want Hy is daar en Hy bestaan en Hy het jou oneindig lief.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJul 18, 2022
ISBN9780796322821
Het ek my geloof verloor?: 'n Verkenning
Author

Pierre du Plessis

Pierre du Plessis is ’n flaneur, ’n wandelaar van die stad, wat die vloei van ons wêreld bekyk. Hy het gewerk in die advertensiewese en die modebedryf. Hy skryf vir verskeie blogs en praat tans gereeld oor tendense, kreatiwiteit en hoe om te leef en te werk in ’n vinnig veranderende wêreld. Hy is die stigter van 3rdplace, ’n kerk en geloofsgemeenskap in Pretoria wat vanuit die randte van die samelewing funksioneer. Hy bly in Sunnyside, Pretoria, saam met sy vrou Rialette, sy twee kinders Noa en Luther, en sy iPhone

Read more from Pierre Du Plessis

Related to Het ek my geloof verloor?

Related ebooks

Related articles

Reviews for Het ek my geloof verloor?

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Het ek my geloof verloor? - Pierre du Plessis

    Het ek my geloof verloor?

    ’n Verkenning

    Pierre du Plessis

    Lux Verbi

    Vir my ma, Lina.

    Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook ’n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan ’n onbekende god.’

    HANDELINGE 17:23

    Voorwoord

    In die middel van die Tweede Wêreldoorlog het die skrywer CS Lewis die Britse publiek oor die radio toegespreek oor Christenskap. Hierdie praatjies is later in die boek Mere Christianity opgeskryf. Dit is ’n boek wat baie mense al gehelp het in hul soeke na God. Meer onlangs het die teoloog NT Wright die boek Simply Christian geskryf om, soos Lewis, ook vir sy tyd se mense ’n prentjie van God te gee. Ek is só dankbaar dat Pierre du Plessis in Het ek my geloof verloor? ’n eietydse, en Afrikaanse, boek geskryf het om ons, in die skadu van die Covid-19-pandemie, te begelei in ons worstelinge met God, geloof en die kerk.

    Net soos die man wat eenkeer vir Jesus gesê het: Ek glo . . . help my in my ongeloof is elkeen van ons op reis te midde van die paradoks tussen geloof en twyfel. Pierre se boek is een van die insiggewendste boeke wat ek al gelees het oor hierdie worsteling. In Het ek my geloof verloor? gee Pierre nie goedkoop antwoorde nie, maar begelei ons om te groei in die worsteling. Hy skryf: Ek weet om te twyfel en te stoei kan die grootste geskenk wees. Al is ons dalk geleer dat dit verkeerd is om te twyfel, selfs om vrae te vra, is twyfel die middel tot groei. Dit is hoe ons deur die lewe beweeg. Twyfel is ’n teken dat ons dink. Dit is ’n aanduiding dat ons besin oor wat ons glo, wie ons is, wie God is en hoe alles inmekaarpas.

    Die Kanadese filosoof Charles Taylor het in sy boek The Secular Age die konsep van cross pressure gebruik om te verduidelik dat ons in ’n era leef waar almal twyfel beleef. Gelowiges beleef hoe dit is om te twyfel in God, en ateïste beleef twyfel in ’n bloot materialistiese verstaan van die wêreld. Terwyl ek Pierre se boek gelees het, het dit my opgeval dat dit ’n boek is vir ons sekulêre era en dat ons almal wat twyfel baat kan vind by die gesprek in hierdie boek. Ek is dankbaar dat daar ’n hulpbron is vir ons almal wat ook sê: Ek glo . . . help my in my ongeloof.

    TOM SMITH

    RANDBURG

    MEI 2022

    Inleiding

    In die middel van die derde Covid-19-golf, ’n week of twee nadat ons een van ons hegte vriende aan Covid-19-verwante oorsake verloor het, besluit ek om oor geloof te preek. Die titel was H’m . . . Ek dink ek het my geloof verloor.

    Ná die preek is die podcast en YouTube-video uitgestuur – dit was ’n aanlyn preek omdat ons nie bymekaar mag gekom het nie – en ek het veel meer reaksie gekry as op enige van my ander preke. Ek het e-posse en boodskappe van dank uit ons gemeenskap ontvang, én van oor die wêreld heen, oor wat hierdie preek vir mense beteken het. Ek het vir my uitgewer die preek aangestuur en gesê: H’m . . . Ek dink dít kan ’n boek wees. Gelukkig het hulle ook so gedink.

    Die preek het ’n lang pad gekom en in ’n donker tyd gestalte gekry. Veral in 2020 en 2021 het ek ’n hele paar gesprekke gevoer met vriende wat besluit het om geloof, godsdiens en God agter te laat. Sommige het ateïste geword, ander meer agnosties. Dit was asof Covid-19 die laaste strooi was. Of dalk het dit mense net die tyd gegee om te dink.

    In 2021 het ek ook ’n groep in ons kerk deur Peter Rollins se Atheism for Lent geneem. Dit is ’n program waardeur jy ateïstiese en teïstiese filosofie en teologie in gesprek met mekaar lees. Dit is ’n lewensveranderende reis en dit het my gedagtes oor die waarde van ateïsme heeltemal verander. Ateïsme het ’n groot geskenk om vir teïsme te gee.

    Ten diepste is ek ook ’n kurator. Ek neem ander se idees en skeppings en stal dit op ’n nuwe manier uit. In hierdie boek sal jy dus die idees en skeppings kry van mense soos Peter Rollins, Paul Tillich, CS Lewis, Jordan Peterson en nog baie ander. Ek is dankbaar dat ek op die skouers van hierdie reuse kan staan. Ek is veral dankbaar vir Peter Rollins se werk. Ek is seker hy kan nie Afrikaans lees nie, maar as hierdie boek ooit vertaal word: Dankie, Peter, vir jou harde werk en dat jy altyd net ’n e-pos weg is.

    Dié boek is nie veronderstel om apologeties en vol antwoorde te wees nie, al is dit sekerlik hier en daar wel. Wanneer jy enige van die groot kunsmuseums in die wêreld besoek, kan jy altyd in hul winkels ’n boek koop met ’n titel soos A Companion to the Metropolitan Museum of Art. My hoop is dat hierdie boek so ’n gids sal wees, ’n metgesel eerder as ’n ensiklopedie.

    Drie temas

    Om weg te stap van jou geloof is nie ’n klein of ’n maklike besluit nie. Dit gebeur ook nie in ’n oogwink nie. Ek het lang en diep gesprekke gevoer met my vriende; ek het hul hart, hul seer en hul onsekerheid gehoor. Dit is vanuit hierdie gesprekke dat die preek en, uiteindelik, hierdie boek gebore is.

    In my gesprekke het daar drie temas na vore gekom wat deel van mense se reis vorm. Ek praat oor al drie temas in die boek, en ek het probeer om krities saam te dink oor elkeen en die prentjie groter uit te bou. Daar is immers ook ander maniere om oor geloof, godsdiens en God te dink.

    God

    Ons almal het ’n prentjie van God. ’n Prentjie waarmee ons grootgeword het, ’n prentjie wat by die Sondagskool vir ons gegee is, of ’n prentjie wat ons self uit versies en films en boeke gebou het. Dit is juis hierdie prentjie waarmee ons gereeld sukkel; die prentjie waarin ons nie langer kán of wíl glo nie.

    In hierdie boeke skets ek drie Godsbeelde: God as ’n wese, God bo wese, en God as Wese, met die hoop om die prentjies wat ons geleer is of geskep het, te dekonstrueer.

    As deel van die Godsbeeld praat ek ook oor die Bybel, met sy vreemde verhale, sy teenstrydighede en geweld, wat dit soms laat voel dat die Bybel dieselfde gesag het as ’n sprokie. (En eintlik het sprokies baie gesag, maar meer hieroor in die hoofstuk Waarheid.)

    Swaarkry

    Swaarkry is moeilik. Swaarkry knaag aan jou geloof. Keer op keer hoor ek rou verhale en seer stories wat hoekom vra. Die een wat my diep getref het, was dié van ’n vrou wat my vertel het dat haar beste vriend, eens ’n ateïs, tot bekering gekom het en kort daarna oorlede is. Dit was hierdie belewenis wat, gedeeltelik, haar geloof begin kraak het. In die hoofstukke Swaarkry en God, en ons, in die absurde praat ek eerlik oor pyn en swaarkry – en oor waar God is.

    Kerk

    Alles wat die kerk is en doen, is ook ’n tema wat in gesprekke na vore kom. Hoekom is die kerk so korrup, so konserwatief? Hoekom is Christene so genadeloos? Dit was Gandhi wat gesê het: You Christians are so unlike your Christ. Die kerk maak mense seer, lelik seer. Die kerk maak mense so diep seer dat hulle wegstap van geloof. My ervaring is dat dit die kerk is wat gereeld die laaste hou toedien. In die hoofstuk Kerk praat ek oop en eerlik oor die kerk, oor die foute en die mooie en oor die rol wat die kerk in geloof gespeel.

    Ek is lief vir die kerk, foute en al. Sy verdien nog ’n kans.

    *  *  *

    Geloof, God, godsdiens, spiritualiteit, die Bybel. Dit is nog temas wat ek in hierdie boek aanraak en waaroor ek in sommige hoofstukke in meer detail skryf.

    Natuurlik verstaan verskillende mense geloof verskillend. Oor die algemeen word die term geloof verstaan as my en jou erkenning dat iets waar is. Ek glo dat hierdie of daardie feit die waarheid is, of dat iets regtig gebeur het. Geloof wat in die Bybel beskryf word, is egter meer as dit. Hierdie geloof het te doen met die vertroue wat ons in God het. In wie God is, en in sy waarborg dat Hy sal doen wat Hy belowe het. Ons vertrou dat God sy verbond sal nakom, dat Hy sal hou by die belofte dat Hy die mensdom nader aan Hom sal trek, en dat Hy met die boosheid en die gebrokenheid van sy skepping sal klaarspeel.

    Wanneer ek na God verwys, verwys ek na die konsep van ’n god wat op baie verskillende maniere verstaan kan word. Ons sal in hierdie boek oor ’n paar maniere praat. God is die wese, die entiteit, die oorsprong, die aktiveerder, die skepper, die energie, of die persoon. God met ’n hoofletter verwys na die God van die Bybel; god met ’n kleinletter verwys na goddelikheid. Soos: God is ’n god.

    Godsdiens is die rituele, sakramente, belydenisse en strukture wat ons rondom hierdie geloof gebou het om aan vas te hou. Dit is kerk toe gaan, belydenis aflê, gebedeboeke lees, ritmes uitleef, Sondagskool toe gaan, dogmas en leerstellings leer ken.

    Spiritualiteit is ’n term wat moeilik is om te definieer. Dit word gewoonlik gebruik as die teenoorgestelde van godsdiens, maar dit is nie heeltemal korrek nie. Die een pas eerder binne die ander. Mense hou daarvan om te sê hulle is spiritual, maar nie religious nie. Wat hulle gewoonlik hiermee bedoel, is dat hulle hul verbind het aan die belewenis, die spiritualiteit, van hul geloof. Godsdiens (religion) is die struktuur wat spiritualiteit bevorder, of wat veronderstel is om dit te bevorder. Godsdiens is die wynmaker, die vate, die bottels, en spiritualiteit is die wyn en die partytjie. Die woord religion het ’n slegte reputasie gekry. Die oorsprong van hierdie woord in Latyn, religio, beteken om saam te bind of saam te voeg. Die doel van religio is om mense aan God en aan mekaar te bind, nie om mense vas te bind nie. Dit is tyd dat ons die woord religion herstel.

    Die Bybel is die teks wat die verhaal van God en sy mense vertel, soms vanuit God se perspektief, soms vanuit mense se perspektief. Maar later meer hieroor.

    *  *  *

    John Keats het die term negatiewe kapasiteit geskep in ’n brief wat hy in 1817 aan sy broers, George en Tom, geskryf het. Geïnspireer deur Shakespeare se werk beskryf hy dit as being in uncertainties, mysteries, doubts, without any irritable reaching after fact and reason. Die Jode praat van die letter in die Bybel as swart vuur op wit vuur. Die Hebreeuse letters lyk soos vuur. Wit vuur is dit wat tussen die lyne staan, wat net so belangrik soos die swart vuur is. Ek wil jou nooi om, soos Keats en die Jode, jou behoefte aan duidelikheid ’n oomblik opsy te sit en ’n negatiewe kapasiteit te hou. Ten minste terwyl jy die bladsye in hierdie boek lees. Leef in die grys, luister, dink en week in die woorde.

    Dankies

    Ek wil dankie sê vir Rialette, my vrou, wat my met elke boek ondersteun. Dit gooi ons ritme en lewe deurmekaar. Jozua, ons kantoor-tannie by INVIA Kaapstad, wat baie meer gedoen het as wat hy moes sodat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1