Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Draers van die Lig: 200 oordenkings vir vandag
Draers van die Lig: 200 oordenkings vir vandag
Draers van die Lig: 200 oordenkings vir vandag
Ebook394 pages8 hours

Draers van die Lig: 200 oordenkings vir vandag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Draers van die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateJun 17, 2022
ISBN9780796322739
Draers van die Lig: 200 oordenkings vir vandag
Author

Johan Smith

Dr Johan Smith werk al meer as 30 jaar met jongmense, ouers en gesinne, en was al die outeur of mede-outeur van meer as 30 boeke. Johan tree landswyd op in kerke en skole en bied graag motiverings-, inspirasie- en bemagtigingspraatjies aan. Johan is getroud met Helena en hulle het drie kinders en drie kleinkinders. Hy bly in Wingatepark, Pretoria.

Related to Draers van die Lig

Related ebooks

Related articles

Reviews for Draers van die Lig

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Draers van die Lig - Johan Smith

    Stephan Joubert

    Johan Smith

    Lux Verbi

    Waag alles!

    Verder sê Jesus vir hom: ‘Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.’ – Johannes 1:51

    Luister ’n bietjie na al daardie geykte Nuwejaarswense en verjaarsdagwense, dan hoor jy dit gaan eintlik net oor voorspoed en geluk. Sulke wense is baie veilig. Wel, dis darem ook nie verkeerd om mekaar sulke mooi dinge toe te wens nie, maar ons weet die lewe werk nie heeltemal so nie. Groen weivelde en stil waters is ons almal se droom, maar hoe leef ons die res van die tyd? Hoe help ons geloof ons wanneer ons op ander lewenspaaie moet loop?

    Dalk moet ons anders hierna kyk. Wie weet, dalk sal ’n meer waagmoedige wens ons help om ’n kopskuif in die regte rigting te maak. Ek praat van daardie een wat die bekende Amerikaanse skrywer Erwin McManus graag voor in sy boeke skryf wanneer hy dit onderteken: Risk everything! Ja, kom ons waag alles! Pleks van nog voorspoed, veiligheid en geluk kort ons geloof ook ’n waagmoed-inspuiting.

    Dit vra immers moed om te midde van ongeloof, selfsug en teenstand in die Here te glo. Dit kos dapperheid om op Christus se hakke te loop en Hom te vertrou wanneer jy ’n veiliger en meer bekende koers wil inslaan. Maar as jy dit waag, verander jou geloof jou en ook alles rondom jou. Dit verskuif jou fokus weg van jouself en jou sekerhede na die Here toe. Dit maak van jou ’n dapperder en waagmoediger persoon.

    Waagmoedige geloof laat jou buite jou selfgemaakte kokonne van voorspelbaarheid en nie-waagmoedigheid leef. Sulke geloof laat jou die hemel oop sien bokant jou kop soos Jesus in Johannes 1 belowe – sommer nou reeds!

    Ek vra groot asseblief dat die hemele oop sal wees bokant my kop op vandag. Laat my leef binne u heerlikheid. Laat my wandel op u paaie.

    My leefprogram vir vandag

    Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. – 1 Petrus 5:7

    Baie mense maak aan die begin van die jaar goeie voornemens wat hulle die hele jaar lank moet onderhou. Gewoonlik hou dit nooit so lank nie. Mense hou nie vol daarmee nie. Die jaar is net te lank, en hulle vergeet te gou.

    Kom ons doen dit dan vandag ’n bietjie anders. Kom ons maak ’n paar voornemens net vir vandag. Kom ons leef net een dag op ’n slag vir die Here:

    •Vandag gaan ek in Jesus se voetspore volg (1 Pet 2:21). Ek gaan opnuut by Hom leer hoe om in liefde te leef. Ek gaan nooit kwaad met kwaad vergeld nie. Woede en haat gaan geen verblyfreg in my hart kry nie. Skerp woorde gaan nooit welkom wees op my tong nie.

    •Vandag gaan ek goeddoen aan ander mense in die Here se Naam (1 Pet 2:17).

    •Vandag gaan ek opkyk na oud en jonk. Ek gaan nooit dink ek is te belangrik om ander mense met deernis raak te sien nie (1 Pet 5:5).

    •Vandag gaan ek nederig leef in die teenwoordigheid van God. Ek gaan al my bekommernisse by Hom neersit en Hom vertrou met my hele lewe (1 Pet 5:6-7).

    •Vandag gaan ek oopkop en sober leef (1 Pet 5:8). Ek gaan my nie deur elke nuwe wind van koers af laat waai nie. Ek gaan sterk en stewig staan in my geloof.

    Vandag is u dag. Vandag leef ek my lewe vir U. Word verheerlik in elke gedagte, elke emosie, elke woord en elke daad van my.

    Leef ’n HOOFLETTER-lewe

    Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. – 1 Korintiërs 10:31

    Dit was Martin Luther King Jr wat op ’n keer gesê het as jy ’n straatveër is, dan moet jy dit doen met dieselfde oorgawe as waarmee die Italiaanse meester Michelangelo sy beeldhouwerke uitgekap het. Of waarmee Mozart sy geniale musiek gekomponeer het.

    Paulus het iets soortgelyks in gedagte in 1 Korintiërs 10:31 en in Kolossense 3:17. Hy sê naamlik hier dat alles in ons lewe oor die Here moet gaan. Of ons eet, of drink, of enigiets anders doen, ons doen dit vir Hom. Anders gestel, die Heer se Naam moet in hoofletters geskryf staan bo-oor elke woord op ons lippe en bo-oor elke daad wat ons verrig. Soos ’n flitsende advertensiebord moet ons lewe die Here se mooiheid en grootheid in alles weerspieël.

    Ons leef ons lewe in hoofletters wanneer ons die Here elke dag uitnooi as die Eregas in ons lewe. Wanneer Hy die Eregas is by elke gesprek wat ons voer, sal al ons woorde keurig, stylvol en opbouend wees. Wanneer ons seker maak dat die Here die Getuie is van elke taak wat ons verrig, sal ons ons werk met oorgawe doen vir Hom. Dan sal ons dit ook met trots, deeglikheid en toewyding doen. In dieselfde asem moet die Here ook die Eregas wees in ons huwelik, ons vriendskappe en in die res van ons lewe. Dan sal alles wat ons ook al doen, gedoen word om God se hart bly te maak. Só leef ons ’n hoofletter-lewe.

    Hier staan ek voor U om ’n beter, mooier lewe vir U te leef. Ek wil ’n hoofletter-lewe leef.

    Kind van God en ’n draer van lig

    Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. – Johannes 1:12

    Daar is een titel wat niemand ooit van jou kan wegneem nie: kind van God. As jy Jesus Christus aangeneem het as jou Saligmaker en Verlosser, gee God jou daardie reg. As volgeling van Jesus is dit jou identiteit. Hierdie is nie ’n titel waarvoor jy gewerk het of wat jy deur prestasie verdien het nie. Nee, Jesus het dit in jou plek verdien aan die kruis. Dit is deur sy verdienste dat jy jouself kind van God kan noem. Genade en genade alleen gee jou die reg om kind van God te wees.

    ’n Ander titel kry ons in 1 Tessalonisense 5:5: Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Duisternis is eintlik niks anders nie as die afwesigheid van lig. Jy kan in ’n groot, donker vertrek instap en niks sien nie. Steek net ’n vuurhoutjie aan en onmiddellik is daar lig in die vertrek. Nog beter, steek ’n kers aan en jy kan sien waar jy loop en waar jy beweeg. Dit is verbysterend wat die teenwoordigheid van ’n klein bietjie lig in ’n groot, donker plek kan doen.

    Die belangrikste wat ons hieruit moet neem, is dat lig die duisternis verdryf. Jy kan die enigste gelowige by die werk wees, en daarom is daar lig. Jy kan die enigste Christen by ’n partytjie wees, en daarom is daar lig. Onthou altyd die status wat God jou gee as kind van die lig. Vrees daarom nooit die donker nie.

    Felix Adler som dit mooi op: Mense van God is hulle wat deur die donker wêreld stap en in hulleself die Lig dra.

    Here, dankie vir die voorreg om u kind te mag wees. U is my Vader. Ek wil u lig in hierdie donker wêreld wees.

    Erfgenaam van God

    En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. – Romeine 8:17

    Om skatryk te erf moet sekerlik baie lekker wees. Sommige kinders leef omtrent vir daardie dag wanneer hulle skatryk gaan erf. Ja, hul pa en ma word amper doodgewens ter wille van die erfporsie. So word baie mense nie ryk deur harde werk nie, maar as gevolg van die rykdom wat hulle van hul ouers erf.

    As iemand oor erfporsies praat, dink ’n mens onwillekeurig aan iemand wat dood is. Jy kry baie ouers wat hulle oor ’n mik werk en geld wegsit sodat hul kinders eendag alles kan erf wanneer hulle nie meer daar is nie. Dit is hul manier van sekuriteit daarstel vir hul kinders. Het jy egter geweet dat jy as kind van God ook ’n erfporsie van Hom ontvang? Dit is die wonderlikste sekuriteit wat enigiemand kan hê! Ja, God se kinders erf van Hom.

    Om van God te erf oortref enige aardse erfporsie baie ver in waarde. God maak jou vir ewig deel van die hemel en laat jou deel in al die seën wat daar in die hemel is. Dit is alles tot jou beskikking as kind van God. Jy het ’n nuwe identiteit deurdat jy erfgenaam van God is. Onthou ook altyd dat God die bron van alle goeie dinge is. God is die Skepper-God wat hemel en aarde gemaak het. Om van ryk ouers te erf is een ding. Om ’n erfgenaam van God te wees oortref egter alles in waarde.

    In Christus het die volgelinge van Jesus ’n nuwe status, titel en identiteit, naamlik erfgenaam van God.

    Vader, dankie dat ek u erfgenaam. Dankie vir die voorreg van ’n nuwe identiteit, status en titel.

    ’n Nuwe mens en deel van God se familie

    Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. – 2 Korintiërs 5:17

    Wonderwerke gebeur vandag nog. God maak geestelik dooie mense lewend. Hy is die Een wat deur die kruis van Jesus en die leë graf vir mense ’n nuwe lewe gee. Ons paaie kruis met baie mense: verlore, depressiewe mense wat God nie ken nie en in sonde voortploeter. Ná ’n persoonlike ontmoeting met Jesus verander so ’n mens radikaal – wonderbaarlik radikaal. Dit voel baiekeer onwerklik, maar dan besef ek net weer dit is God se wonderwerk en dit is die manier waarop Hy alleen mense nuut kan maak. In Christus, kom sê die Woord ook vir jou, is jy ’n nuwe mens. Jy is vrygespreek en vergewe. Jou verhouding met God is herstel en jy kan Hom Vader noem.

    Dit is noodsaaklik om ’n persoonlike verhouding met God te hê, maar geen mens is gemaak om alleen te wees nie. Ons het ander gelowiges nodig om ons geloof op te bou. God het elkeen van ons ook as ’n sosiale wese geskep wat interaksie met ander mense nodig het. Tog leef ons in ’n tyd waar grootskaalse eensaamheid voorkom en baie mense hartseer en alleen is. Wanneer jy Jesus ken, is jy egter deel van ’n nuwe familie. Jy kry letterlik ’n nuwe geestelike huisgesin. Onthou, wanneer jy Jesus begin volg, word God jou Vader. Efesiërs 2:19 stel dit baie mooi: Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.

    In Christus behoort jy aan ’n huisgesin. In Christus het jy boeties en sussies en hoef jy nooit weer alleen en eensaam te voel nie. Ja, jy behoort, en dit is ’n diep behoefte wat net God in jou lewe kan vul.

    Dankie dat ek U Vader kan noem. Dankie dat ek deel van u huisgesin kan wees.

    Ambassadeur vir God

    Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! – 2 Korintiërs 5:20

    Daar is tans ongeveer 200 lande in die wêreld. Die openingsplegtigheid van die Olimpiese Spele teken vir ons ’n mooi prentjie daarvan: die duisende atlete en die baie landsvlae. Suid-Afrika het in die meeste van die lande ambassades met ’n ambassadeur wat vir ’n sekere termyn in daardie land woon. In Pretoria se strate ry jy gereeld by die ambassades van Amerika, Duitsland, Brittanje en baie Afrika-lande verby.

    Net soos daardie mense hul land in die vreemde verteenwoordig, gee God aan jou die status om vir Hom ’n ambassadeur te wees hier op aarde. Jy is eintlik ’n burger van ’n ander land, ’n ander koninkryk. God ag jou hoog en belangrik genoeg om aan jou die titel van ambassadeur te gee. Jy verteenwoordig sy koninkryk op aarde. Wat ’n eer! Wat ’n status! Ja, jy is God se ambassadeur.

    Tydens ’n besoek aan ’n Afrika-land het ek die voorreg gehad om te sien hoe dit daar werk as die president aangery kom. Dit is ’n vreeslike gedoente. Groot motorfietse met verkeerspolisie ry vooruit en alle verkeer moet van die pad af trek. Dan kom die konvooi met die president se motor en al die ander sekuriteitsvoertuie voor en agter hom teen ’n hoë spoed verby. Jy staan verbysterd en gespanne en kyk na dié belewenis. Binne sekondes is alles verby en keer dinge terug na normaal.

    Tog kan geen president of staatshoof opweeg teen jou Koning nie. Hy is die Koning van die heelal. Jy verteenwoordig die Koning van die konings. Jou status is ambassadeur van God. Leef dan nou jou status getrou uit.

    Here, dankie vir die groot voorreg om u ambassadeur hier op aarde te wees. Dankie dat ek ’n burger van u koninkryk kan wees.

    God se geliefde en bruid van Christus

    So sê Hy dan ook in die boek Hosea: ‘Hulle wat nie my volk is nie, sal Ek roep om my volk te wees, en haar wat geen liefde ontvang het nie, om my geliefde te wees.’ – Romeine 9:25

    Jy kan aan byvoeglike naamwoorde dink totdat jy moeg is en jy sal nog nie God se liefde vir elke mens kan verwoord nie. Jy lees onder meer van ’n brandende liefde, ’n intieme liefde en ’n opofferende liefde. Die kern van die boodskap is dat God jou as sy geliefde beskou.

    ’n Bruid wat stralend instap met haar troue bly eenvoudig spesiaal. Die bruidegom en elke ander gas se oë is vasgenael op haar. Dit is die een dag waarop elke meisie op haar heel mooiste lyk. Dit is die mooiste prentjie, en daardie dag bly ’n bruid vir altyd by.

    So ’n bruid met haar wit rok aan is ’n simbool van skoonheid en reinheid. In 2 Korintiërs 11:2 kom sê God vir sy kinders dat hulle sy bruid is: Ek waak oor julle met ’n ywer wat van God kom, want julle is soos ’n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.

    Wat ’n status en wat ’n huwelik om na uit te sien! Jesus is die bruidegom en jy is die bruid; die bruid van Christus! Dit is hoekom God wil hê dat jy rein moet leef en rein moet bly. Jy is uitgekies en afgesonder om Christus se bruid te wees. Dié status moet jy ten alle koste beskerm en koester.

    Here, dankie vir u onverdiende liefde en genade vir my. Dankie dat ek die bruid van Christus kan wees.

    God is jou herder

    ’n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. – Psalm 23:1

    Dit is seker een van die mooiste en bekendste verse in die Bybel. Die Here is jou herder, en jy is sy skaap. Hy sorg elke dag vir jou en ken jou op jou naam. Daarom het jy niks te vrees nie, en daarom hoef jy jou oor niks te bekommer nie.

    ’n Goeie skaapboer sorg baie mooi vir sy skape. Hy beskerm hulle teen roofdiere en maak seker dat hulle nie siek word nie. Elke dag word sy skape ook nog getel om seker te maak van hulle is nie gesteel of deur roofdiere aangeval nie. Dit vra opoffering, maar hy gee om vir sy diere en hy pas hulle op. Geen wonder dat die herder-skaap-tema so dikwels in die Bybel voorkom nie. Buiten dat die mense van daardie tyd baie bekend was daarmee, beskryf dit God so goed en mooi.

    Kyk maar na Johannes 10:11, 14 waar God onomwonde sê Hy is die goeie herder en jy is een van sy skape vir wie Hy sy lewe afgelê het: Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape . . . Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My. Jesus het die hemel verlaat, mens geword en so sy lewe vir jou afgelê, net soos die goeie herder wat in hierdie gedeelte beskryf word.

    Hoe wonderlik om dit te weet! Jy is gered. Jy ken die herder. Jy leef elke dag onder sy beskerming.

    Here, dankie dat U vir my ’n goeie herder is. Dankie dat U my op die naam ken en elke dag vir my sorg.

    Om God as jou Vader te ken

    Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem. – Psalm 27:10

    Ons leef in ’n uitdagende Suid-Afrika wat ook propvol geleenthede is. Daar is ’n paar miljoen weeskinders as gevolg van, onder meer, die vigskrisis. Baie kinders se ouers is nie in staat om hulle te versorg nie. Die swak ekonomie en werkloosheid speel hier ’n groot rol. Daar is ook kinders wat deur hul ouers verwerp en verstoot word. Dit is pynlik en tragies omdat verwerping ’n geweldige seer ding is wat met enigiemand kan gebeur. Daar is min dinge so erg soos verwerping. Daar is min dinge so traumaties en erg as om deur jou eie ouers verstoot te word.

    Die goeie nuus vir ons as gelowiges is dat God ook in tye van verwerping jou goeie Vader bly wat jou nooit sal verlaat en jou nooit in die steek sal laat nie. Ja, Hy is weer eens die antwoord. Hy word die Pa van die weeskinders en van elkeen wat verwerp of verstoot word. Selfs in jou ergste trauma is God daar. Hy sal jou nooit verstoot nie. Hy hou jou vas in jou heel beste en heel uitdagendste tye.

    God is jou hemelse Vader wat jou deur die lewe dra wanneer jy dit die nodigste het. Hy is die Vertrooster wat jou troos in jou tye van seer en swaarkry. Hy is Immanuel, God met jou in goeie en swaar tye. Hy raak nie weg as jy emosionele seer en pyn beleef nie.

    Piet Naude herinner ons so treffend daaraan dat Jesus werklik meegevoel met ons het: Jesus het nie aan die kruis uitgeroep: ‘My God, my God, nou sien Ek U in u heerlikheid!’ nie. Nee, Hy het die woorde uitgekreet wat ek en jy – juis daarom – nooit, nooit hoef te roep nie: ‘My God, my God, waarom het U my verlaat?’

    Here, dankie dat U my Trooster is. Dankie dat U by my is in die donkerste én mooiste tye van my lewe. Ek loof U vir u onvoorwaardelike aanvaarding.

    Ken God persoonlik – dit is sy wil

    "Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1