Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sirkus
Sirkus
Sirkus
Ebook416 pages5 hours

Sirkus

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met 'n ultimatum. In Berlyn leer sy oorleef. Dis waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Hier, weg van alles wat bekend is, leer Adriana dat mens oor alles kan onderhandel, ook jou onskuld.
?Sirkus? is Venter se vyfde roman - haar beste nog.
LanguageAfrikaans
Release dateFeb 22, 2017
ISBN9780798174428
Sirkus
Author

Irma Venter

Irma Venter is ’n bekroonde joernalis in Johannesburg. Haar romans sluit in Skoenlapper (wenner van die ATKV-prys vir spanningsromans), Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Sy is die eerste Suid-Afrikaanse skrywer wat internasionaal uitgegee word deur Amazon Crossing.

Read more from Irma Venter

Related to Sirkus

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sirkus

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sirkus - Irma Venter

    SIRKUS

    Irma Venter

    Human & Rousseau

    Hierdie een is vir Nina, Jacques en Katherine

    Hoofkarakters in dié roman, in alfabetiese volgorde:

    Adriana de Klerk is die eienaar van die restaurant Crow’s Feet in Sandton, Johannesburg. Saam met haar vennoot, Zenani, bestuur sy ook verskeie skuilplekke vir vroue in nood.

    Alex Derksen is ’n vryskutjoernalis. Hy en Ranna Abramson het mekaar in Dar es Salaam, Tanzanië ontmoet (sien Skoenlapper).

    Ranna Abramson is ’n vryskutfotograaf. Sy is voortvlugtend van die polisie op aanklag van moord (sien Skoenlapper). Volgens haar nuwe ID, verskaf deur Adriana, is sy Francis (Frankie) Beekman.

    Sarah Fourie is ’n kuberkraker wat as sewentienjarige een jaar tronk toe gestuur is. Sy is vriende met Alex sedert hy destyds haar hofsaak gedek het. Sy woon in Pretoria-Wes en Adriana is haar tante.

    Tiny van der Westhuizen besit die Palace Bar & Hotel in Pretoria. Hy verskaf privaat sekuriteitsdienste en is ’n ou vriend van Adriana.

    Zenani Ndaba is Adriana se vennoot en die sjef by Crow’s Feet.

    When I lock eyes with a stranger on Johannesburg’s streets, there is a flicker, a flash of communication, so fast it is invisible, yet so laden that no words might describe it. This stranger may be a man in a coat and tie, or a woman who wears the cotton uniform of a maid, or a construction worker stripped to the waist. Whoever he is, he clocks me as I pass, and reads me and my parents and my grandparents; and I, too, conjure, in an instant, the past from which he came. As we brush shoulders the world we share rumbles around us, its echoes resounding through generations. He may look at me with resentment, or longing, or with the twistedness that comes with hating; he may catch me smiling to myself and grin. I am left with a feeling, both sweet and sore, that I am not in control of who I am. I am defined by the eyes that see me on the street. I cannot escape them. I cannot change what they see. We may one day fight one another or even kill one another, yet our souls are entwined because we have made another. I cannot get that on Port Meadow. I can take in the washed-out light and the expanse of green and I can feel melancholy or light or get lost in private thoughts. But the people who pass are wafer thin. I cannot imagine who they are. It doesn’t matter enough. There is too little at stake. I am in essence alone.

    Why I’m Moving Back To South Africa, BuzzFeed, Jonny Steinberg, 18 Februarie 2015

    ADRIANA

    1

    Londen, April 2001

    Jy’s laat. Ek skuif my handsak na my voete sodat Boris op die stoel langs my kan sit.

    Jammer. Die bobbies loop dik buite. Daar’s een of ander bar fight hier naby.

    Sy Oos-Europese aksent sny stomp deur die Afrikaans, maak die sinne grof en stadig. Hy maak sy serp los en gee dit saam met sy swart jas vir die vrou wat hom van die jazzklub se voordeur af gevolg het.

    My oë soek na syne in die gedempte lig. Het hy goeie nuus?

    Hy vee sy kuif uit sy gesig en trek sy skouers op asof hy koud kry. Fyn druppels blink in sy swart hare en op sy massiewe hande. Dit reën seker buite; dis moeilik om te sê in Ronnie Scott’s se klankdigte stilte.

    Die vaas met die enkele rooi roos wankel toe sy knie teen die tafel stamp. Wie’s vanaand op die verhoog?

    Louis Hayes en die Bobby Wellins-kwartet.

    Ken hulle nie. Wens dit was Ella.

    Soos altyd gebruik hy min voornaamwoorde. Seker verstaanbaar as Afrikaans jou derde taal is en jy dit haat om foute te maak.

    Jy was vier jaar oud toe sy hier gesing het, in 1974, sê ek.

    Hy haal ’n koevert uit sy baadjiesak en sit dit op die tafel neer.

    Ek beduie vir die kelnerin om te wag. Ek het al genoeg wyn gedrink.

    My hand huiwer op die bruin papier. Ek is skielik bang om te weet.

    Hy probeer my gerusstel. Ek’s omtrent seker dis sy.

    Ek stry teen die emosie wat in my opstoot, onderdruk die begeerte om oor die litteken op my wang te vee. Speel eerder met die naaldekoker wat silwerblink om my nek hang. Wag tot ek kan opkyk sonder om te wys hoe ek voel.

    Hóé seker is jy? Alles in die lewe is relatief. ’n Wetenskap van min of meer, van miskien en dalk. Dis omtrent al wat ouer word mens leer.

    Boris weet nie hoe om vals beloftes te maak nie. Negentig persent.

    Dis beter as wat ek verwag het. Negentig persent is baie. Tien persent soms ook.

    Waar is sy?

    Die skerp adamsappel, gevang tussen die lang, gespierde lyne van sy nek, beweeg onrustig. Alles aan hom is fiks, waaksaam en gefokus, soos dit ’n te maer bokser betaam. Een wat die houe vat tot sy opponent moeg in die kryt rondtrap en hy ’n linkerhaakhou gee wat veel groter mans op hul knieë laat neersak.

    Ek het dit al sien gebeur, ook die keer toe sy tydsberekening uit was. Dis waar sy skewe neus vandaan kom.

    Sy’s waar jy gedink het sy sal wees. Hy beduie met sy ken na die koevert. Dis als daarin.

    Dankie. Ek sit die koevert in my handsak en wink die kelnerin nader. Wat skuld ek jou?

    Niks nie.

    Ek sal R30 000 na jou rekening oorplaas.

    Hy knik net. Ons al twee weet hy sou dit verniet gedoen het.

    Weet iemand van jou navrae? Weet sy? Hy?

    Sy vermoed niks. En hy’s nog steeds waar hy hoort, so as iemand stories aandra, sal dit niks help nie. Maar ek moes ’n paar rekords aanvra, ek kon nie anders nie.

    My hand skiet op na die naaldekoker. Ek keer myself betyds, knoop dit vas met my ander hand. Toets hom weer. Hoe seker is jy sy weet niks nie?

    Nege-en-negentig persent.

    Ek wonder oor die gewig van een persent.

    Hy staan op, asof hy weet ek wil alleen wees. Sit sy hande vlugtig in sy sakke om te kyk of hy alles het: beursie, sleutels, foon.

    Ek het vir sy duur pak betaal, maar die skoene is sy eie. Diksoolstaalpuntstewels, blink gepolitoer. Hy maak hulle elke aand skoon, kruisbeen op die mat van sy hotelkamer in die minder respektabele deel van Soho. Hy wil niks weet van my duur hotel in Suid-Kensington nie.

    Skoene is ’n goeie wapen. Inligting is die beste wapen.

    Hy bly huiwer by die tafel. Wat gaan jy maak? Noudat jy weet waar sy is?

    Ek gaan seker maak dis sy. Dat sy veilig is.

    En dan?

    Is dit nie genoeg nie?

    RANNA

    1

    Kaapstad, vandag

    Dis ’n kleinerige huis, maar die kombuis is lekker groot. Die vrou wat die huis laat bou het, is mal oor bak.

    Die eiendomsagent beduie by die voordeur in. Haar lang ligbruin hare wip met elke woord. Klipharde kuite onder ’n dowwe geel rok verklap dat sy gereeld fietsry, of met die honde, die kin­ders en ’n pedometer gaan stap.

    Die erf is ook lekker groot. Sy glimlag vir Alex, moeg om by my reaksie te soek. Die huis het dalk bietjie werk nodig, maar dis hoekom die prys so redelik is, veral vir Durbanville. Die eienaar is haastig weg Kanada toe en was nie nog lus vir opknap­werk nie.

    Alex haak sy sonbril voor by sy hemp in, beduie ek moet eerste stap. Hy stamp die stof van sy stewels af voor hy my volg.

    Hierdie is die laaste een, fluister ek. Wie kon dink huis koop is so moeilik?

    Ek dink Hayley is ewe moedeloos, kap hy terug, sy groen oë onleesbaar.

    Ek wil in die middestad bly. Ek hou van die geraas, die verkeer, die naglewe. Die léwe, in hemelsnaam. Die hartklop, die altyd-besig, die gedrang, die gesels in elke taal denkbaar. Hierdie plek laat my keel toetrek. Rye strate. Rye huise. Rye motorhuise. Tuine met grasperke en mak gesnoeide roosbome.

    Hoekom wil Alex hiér bly? Ek sal soveel makliker in die Kaapse middestad kan verdwyn as hier waar die bure net dalk koffie vir nuwe intrekkers aandra.

    Nice mense is moeilikheid. Nice mense is altyd nuuskierig.

    En hierdie huis is te groot. Wat maak mens met soveel kamers? Ons gaan mos meestal op die pad wees, in Johannesburg, of dieper op in Afrika in, waar mens die beste nuusstories kry. Wie gaan na hierdie plek kyk wanneer ons weg is?

    Ek vee die krulle uit my oë, druk my hande in my jeans se sakke voor hy my frustrasie sien. My hare is al weer ’n ander kleur, dié slag rooibruin, en bedags dra ek bruin kontaklense. Alles om te sorg dat die polisie nie weer op my spoor beland nie. My ID sê ek is Francis Beekman, nie Ranna Abramson, voortvlugtige moor­denaar, nie.

    Maar is dit genoeg? Is ek veilig?

    Verstaan Alex dit dan nie?

    Ek wens skielik ek was in Maputo, of Pretoria, eerder as hier op die stertkant van ’n Kaapse winter wat lankal lente moes gewees het. In Pretoria het die jakarandas laas maand al begin blom.

    Die sitkamer is onlangs uitgeverf. Kayley … nee, wag, Hayley beduie na die mure asof ek van die roomkleur moet hou.

    Ek knik en kruis my arms, draai in die rondte asof ek belang­stel. Mens raak seker als gewoond. En as dit Alex gelukkig maak …

    Ek skraap my laaste bietjie entoesiasme bymekaar. Hoe oud is die huis?

    Hayley frons. Ek weet nie. Ek sal moet uitvind. Sy beduie dieper die huis in. Kom ons gaan kyk na die kombuis. Dis regtig die hoogtepunt van die huis.

    Die kombuis ís mooi, selfs ek kan dit sien. Pragtige nuwe kaste, ’n groot opwasplek en ’n blink, nuwe gasstoof. Help seker as mens kook en bak.

    Hoekom is die eienaar Kanada toe? Hoekom is die prys so billik?

    Ek leun teen die granietblad en soek tussen die teëls na tekens van bloed. Bekyk die bruin mat in die gang – dieselfde bruin mat wat jy in amper elke voorstedelike huis kry.

    Hayley wys na die oop area voor ons. Mens kan ’n agtsitplektafel hier inpas. Dan is daar genoeg plek vir al die kinders om saam te eet. Sy leun oor na Alex en lag, asof sy ’n oomblik van wedersydse begrip met hom deel.

    Ek wag dat hy sy wenkbroue lig, frons, maar in stede daarvan kyk hy stip na my.

    Vier slaapkamers. ’n Reuse-eetkamertafel.

    Kinders?

    Is dít hoekom hy daarop aangedring het dat ons na huise ook kyk?

    Ek draai om, gestroop van voorgee. Loop uit, straat toe, na waar die Land Rover staan.

    Hy is langs my voor ek kan inklim. Wat nou?

    Jy weet wat nou. Kinders.

    Ek het nooit eers daaraan gedink nie. Ek soek ruimte. Plek om asem te haal. Hy tik op sy bors. Boerseun. Plaaskind. Al daai dinge wat jy lankal weet. Hy lag asof hy my uitgevang het.

    En kinders?

    Hy vat aan my arm, dwing my om hom in die oë te kyk. Hayley het dit gesê, nie ek nie.

    Maar?

    Hy dink bietjie. Nie nou nie. Eendag. Miskien. Wie weet.

    Ek raak nie jonger nie.

    Jy’s moeilik. Later … baie later. As jy veertig is? Die mediese wetenskap is wonderlik. En ek sê mos. Miskien. Hy trek sy skouers op. Of dalk glad nie. Ek weet dinge is moeilik met ons twee se geskiedenis.

    Veertig? Ek kan nie so ver vooruit dink nie.

    Dis nie so ver nie. En daar’s niks fout met vooruitbeplanning nie.

    Hayley het ons buitetoe gevolg. Alex beduie: gee ons ’n rukkie.

    Sy haak haar handsak oor haar voorarm. Natuurlik, dis reg. Gesels gerus eers. Sy tol op haar hakke om en verdwyn weer in die huis.

    Ons het nog nooit oor kinders gepraat nie. Ek leun teen die Land Rover, geniet die lou son wat deur die wolke breek. Wil jy kinders hê?

    Ek weet nie. Maar ’n dogtertjie so mooi soos jy sal my om haar pinkie draai. Hy vang my hand. En jy?

    Miskien … Maar nie só nie. Nie met die polisie wat my soek nie.

    Ons het nog altyd ’n plan gemaak. Sy vingers woel onder die silwerarmbande in. Vryf die vel liggies.

    Ons kan dit nie aan ’n kind doen nie. Ons is heeltyd op die pad.

    Ons koop mos nou ’n huis. Gee dit ons nie bietjie vastig­heid nie?

    Kaptein AJ Williams het my laas amper vasgetrek. Sy’s steeds oortuig dis ek wat al daai moorde gepleeg het.

    Sy’s in Pretoria. Buitendien, daar’s so min bewyse teen jou dat ek nie weet of die polisie jou kán arresteer nie. En jou nuwe identiteit is waterdig, Adriana weet wat sy doen. Frankie Beekman het selfs haar eie geboortesertifikaat.

    Ek stry my hand los uit syne. Wil jy die sisteem toets en uitvind of jy reg is?

    Nee, ek wil … Hy sug lank en hard. Kom staan voor my. Kyk my ses voet met gemak in die oë.

    Ranna … Ons wals nou al weer al om die probleem.

    Nee, ons doen nie. Ek’s onseker oor kinders en jy is nie. My pa was ’n bliksem. Wat as ek soos hy is?

    My pa was ook ’n bliksem en ek’s beslis nie een nie. En ek ken jou mos, ek weet wie en wat jy is. Jy’s glad nie soos jou pa nie.

    Ek antwoord nie.

    Hy kyk lank na my. Haak sy sonbril uit sy hemp en sit dit op.

    Ek sal vir Hayley sê ons stel nie belang nie. Jy’t nou so groot geskrik, jy hoor nie ’n woord wat ek sê nie.

    2

    Johannesburg, vandag

    Adriana wag vir my by haar woonstel se voordeur. Hallo, Ranna.

    Ek soengroet haar. Jammer ek’s ’n paar dae vroeër as wat ek gesê het. Alex is gister reeds Sirië toe, toe klim ek sommer op die vliegtuig.

    Ek sit my sak neer. Sy lyk presies soos ek onthou. Die kort maar soepel lyf, reguit donker hare wat die lyn van haar kakebeen volg. Haar skouers is bruin onder die dun bandjies van haar rooi rok.

    Jy lyk goed. Wat eet jy dat jy altyd so gesond lyk?

    Sy beduie ek moet inkom. Dis nie wat mens eet nie, dis wat jy doen. Bietjie judo, bietjie swem, bietjie joga.

    Ek volg haar binnetoe. Haar dakwoonstel kyk uit oor Sandton. Verby die ekonomiese hart van die land, anderkant die verligte kantoor- en woonstelgeboue van een van Afrika se duurste buurte, flonker ’n see van liggies. Midrand aan die een kant, met Pretoria daaragter, Johannesburg se ligte helder en digter aan die ander kant. ’n Gebou nes haar woonstelblok, maar hoër, verrys in die voorgrond. Dit lyk darem nie of dit te veel van haar uitsig sal steel nie.

    Die oopplanvertrek lyk soos ek dit onthou. Pers banke, groot, opvallende skilderye, duur matte, die skaakbordteëlvloer in die kombuis.

    Adriana se tjello staan soos altyd in die hoek. Hosni, haar Persiese kat, lê op die vensterbank en slaap. Nina Simone smeul oor die luidsprekers.

    Sy loop kombuis toe. Ek trek die swaar staalvoordeur agter my toe, maak seker dis gesluit voor sy vra. Gaan sit oorkant haar by die kombuistoonbank.

    Sy was besig om tamaties te sny toe ek geklop het. Sy werk ver­der, vinnig en akkuraat. Praat sonder om na my te kyk.

    Oor die foon het dit geklink asof jy en Alex vasgesit het.

    Hoe weet sy dit? Nee.

    Nee, dit het nie so geklink nie, of nee, julle het nie?

    Beide.

    Sy lag vir my, bruin oë met ’n tikkie geel. Dit versag die litteken wat van onder haar regteroog tot by haar oor loop.

    Is dit moeilik om hom Sirië toe te stuur terwyl jy hier moet bly?

    Sal ek dit toegee, erken dat ek ook oor Gift of the Givers se Darkoush-hospitaal wou berig? Die bomme wat per ongeluk twee weke gelede daarop neergereën het.

    Ek trek my skouers op. Dis te gevaarlik. Netnou herken een van my oudkollegas my.

    Ek skop my sandale uit en trek my knieë op tot onder my ken. Ek is honger, en wat Adriana ook al maak, dit ruik lekker. Dit lyk soos tuisgemaakte vla op die stoof en ’n hoender in die oond. My laaste ete was drie ure gelede op die vliegtuig, ’n droë SAAbroodjie waarmee ek die vlieënier kon doodgooi as ek wou. Hoekom dode­like wapens aan boord verbied as die vlugkelners dit uitdeel?

    Sy haal ’n mes uit die laai en hou dit na my uit. Help jy met die slaai. Ons moet gou maak, ek wil nog koffie ook hê voor die krag afgaan. Dankie, Eskom.

    Ek trek die kapbord en slaaigoed nader. Het jy nie ’n generator nie? Ek sou, al hierdie load-shedding maak my mal.

    Nee wat, ek kook met gas. En geen mens moet te gereeld nuus kyk nie.

    Ek werk stadig en versigtig, my kop besig.

    Alex wil kinders hê, sê ek uiteindelik. Of eerder, hy dink daaraan.

    En jy wil nie?

    Nie só nie. Nie met die polisie wat so knaend is nie.

    Hulle soek mos nie meer na jou nie. En jou ID en paspoort is heeltemal wettig. Dit sal moeilik wees om te bewys jy’s nie Francis Beekman nie. Sy vee haar mes skoon aan ’n afdrooglap. Is dit die enigste rede hoekom jy nie kinders wil hê nie?

    Seker nie. Ek los die wortels wat ek besig was om te kerf. Won­der of ek eerlik moet wees. Ek’s bang. Vir my … jy weet, vir wie ek is. Hoe ek sal wees. Ek sug. Om te settle.

    Hmm …

    Ek soek in haar oë na die ongesêde woorde. Soos gewoonlik kan ek niks daarin lees nie. Hoe kan hierdie vrou tegelykertyd so warm en so geslote wees?

    Kan ek hier bly tot Alex terugkom? Ek’s nie lus vir my eie geselskap nie.

    Sekerlik. Sy sit haar hand vlugtig oor myne. Glimlag effens. Maar jy kook môreaand.

    ADRIANA

    1

    Johannesburg, vandag

    Ek leun by die kombuisdeur uit om seker te maak ek sien reg. Van wanneer af is hier kraaie in die tuin?

    Zenani is besig om ’n eend te ontbeen. Sy antwoord nie. Maan­dag is nie haar gunstelingdag van die week nie.

    Wat’s fout? Is een van die kelners weer laat? Dis altyd een van haar groot kopsere ná die naweek.

    Daar’s nie fout nie. Nie met mý nie.

    Ek staar na die voël op die telefoondraad wat my met inkswart oë dophou. Hy kras skerp, asof hy my tart. Sal dit iets beteken dat dié aasvreter so skielik hier opgedaag het?

    Hoe lank is die kraai al hier?

    Van gister af. Daar’s twee, lyk of hulle wil nes maak.

    Jy weet ek haat kraaie.

    Sy kyk fronsend na my. Hoekom dan die restaurant Crow’s Feet noem? Ek weet amper als van jou, maar nie dit nie. Hoekom nie?

    Sodat ek altyd sal onthou. Maar ek sê dit nie. Waar’s die duiwe? En die geelvinke? Laas jaar het daai arme vinkie dertien neste gebou voor die wyfie ingetrek het. Selfs hadidas is beter.

    Los die kraai. Jy moet kom sous maak, ons eerste bespreking is halftwaalf. En Katlego Tlali gaan ’n draai kom maak oor daardie verjaarsdagete vir haar man.

    Is dit môreaand? Ek kan nie glo dis al November nie.

    Ja. En doen moeite. Sulke partytjies is goeie besigheid, veral hier teen die einde van die jaar.

    Sy beduie na my nuwe, duur hakke. Swart, om by my noupassende swart-en-room rok te pas. Gaan jy heeldag in daai skoene werk?

    Elke dag, tot ek tagtig is en ’n loopraam rondsleep. Ek kyk weer na die kraai. Dis jou gelukkige dag, fluister ek. Volgende keer.

    Ek loop spens toe, haal my voorskoot van die haak af. Het Ranna al gebel? Hoe laat kom sy eet?

    Halftwee. Sy slaap laat. Sy klink nie lekker nie. Zenani waai die mes in my rigting asof dit my skuld is.

    Aikona, dit het niks met my uit te waai nie. Sy en Alex het baklei. Kinders. En sy brand om ook Sirië toe te gaan.

    Ek loop yskas toe om botter uit te haal. Stop toe ek die voordeur hoor. Wie sal so vroeg hier aankom? Kan nie ’n kelner wees nie. Hulle kom altyd by die kombuis in.

    Moet iemand wees wat Boris ingelaat het. Seker Katlego.

    Ek haal my voorskoot af en stap deur restaurant toe. Verby die swaar houtmeubels, gestyfde wit tafeldoeke en lang kroegtoonbank met duur whiskies op die rak, getekende foto’s van Diana Krall en Judith Sephuma teen die muur. Die strikdas-kelners, besig om tafel te dek, knik toe ek verby hulle na die voorportaal loop.

    Dit ís Katlego. Sy staan, sonbril in die hand, en blaai deur die besprekingsboek. Sy is die finansiële hoof van ’n ouditeursfirma hier naby.

    Adriana, hallo. Sy buk af op haar hakke, hoër as myne, en soen my op elke wang. Besigheid lyk goed.

    Sy ruik na ligte somerparfuum.

    Dit is. Ons kan nie kla nie. Ek staan terug om haar beter te kan sien. Jy lyk pragtig. Ek is jaloers.

    Dankie. Sy vee tevrede oor die donkergroen rok. Ek het ’n raadsvergadering by OneX. Ek wil net gou hoor of alles reg is vir Alfred se ete. Daar gaan twee ander ministers ook wees, en die regterpresident.

    Alles is gereed. Dis mos tien mense altesaam?

    Ja. Jy maak weer jou aartappelslaai, nè? Alfred is mal daaroor. Mens sou sweer hy het in Bloemfontein grootgeword, nie Phu­tha­ditjhaba nie.

    Ek glimlag vir die saam met die privaatskool-Engels. Defini­tief.

    Fantasties. Sien jou môremiddag. Ek sal sorg dat ek by die huis is, anders gaan sekuriteit jou nie inlaat nie.

    Sy waai haastig, loop by die trappe af.

    Haar Jaguar skuur verby ’n swart Range Rover toe sy uit die parkeerarea ry.

    Ek kyk op my horlosie. Seker die halftwaalf-bespreking.

    Drie mans klim uit. Die middelste een – kaalgeskeerde kop, don­kerblou baadjie en netjiese geruite hemp – lig sy hand in ’n groet.

    Kan nie wees nie. Wanneer laas het ek hom gesien? En in lewende lywe, nie op televisie of op ’n skindertydskrif se voorblad nie.

    Wat soek hy hier?

    Themba, groet ek toe hy nader kom. Ek doen my bes om bly te klink.

    Hallo, Adriana. Hy skud my hand, druk my voorarm met sy ander hand. Jy lyk net so mooi soos altyd.

    En jy lyk belangrik. Ek wys na die twee mans in goedkoop swart pakke weerskante van hom.

    Hy lag dat sy hempskraag bewe. Red die sonbril wat van sy kop wil gly en gee dit vir die lyfwag aan sy linkerkant.

    Altyd elegant en … Hoe sê julle Boere nou weer? Nie op jou bek geval nie. Hy spreek die Afrikaans feitlik perfek uit.

    Is jy ons vroeë afspraak? Die tafel daar agter op die stoep? Die een waar die ander gaste nie kan sien of hoor nie.

    Hy knik.

    Is jy alleen? Ek hoor jy en Pearl Khumalo is uit.

    Jy moenie alles glo wat die Sondagkoerante sê nie. Sy regtermondhoek lig effens, asof hy wil lag.

    Dis hoe hy lyk as hy iets wil hê.

    Ons loop stoep toe.

    Sit, asseblief. Ek beduie na die tafel vir twee, kyk vinnig of alles skoon en netjies is.

    Die lyfwagte loop verby ons, tuin toe, gaan staan op rus onder die witstinkhoutbome. Een se oë bly op ons, die ander hou die hek dop.

    Ek maak alles wat ek van Themba Zungu weet in my kop bymekaar. Wie sou sy gas wees? As Pearl by was, sou sy lyfwagte hom en die TV-aanbieder meer privaatheid gegee het.

    Wat van ’n dubbel-Yamazaki? As ek reg onthou, drink hy graag dié agtien jaar oue Japannese whiskey.

    Asseblief.

    Twee? Ek beduie na die leë stoel.

    Wat drink jy nou weer? Ek kan nie onthou nie. Hy vryf oor sy voorkop, klap dan sy vingers. Ah, Grey Goose Premium Vodka.

    Hy onthou goed. Ons het mekaar amper vyf jaar laas gesien. Hy het by Crow’s kom eet en kwaad uitgestorm aan die einde van die aand. Ek weet baie meer as wat goed is vir hom en sy sakeryk. Uit die tyd lank voor sy huise in Hyde Park en Umhlanga, duur whiskey en etes by restaurante soos dié in Johannesburg se noordelike voorstede.

    Moet ek bekommerd wees? Sal Boris twee lyfwagte kan hanteer? Hy is ouer, maar ek is seker hy is vinniger.

    Ek kry dit reg om vir hom te glimlag. "Ek sal saam met jou whiskey drink. Ek’s nou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1