Loading
HV![]()
author
Henning Janse van Vuuren
Geagte leser
Ek doen my bes om verhale te skryf wat vermaak, boei en hopelik ook stof tot nadenke bied.
Kruitvat was my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in...view moreGeagte leser
Ek doen my bes om verhale te skryf wat vermaak, boei en hopelik ook stof tot nadenke bied.
Kruitvat was my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie, joernalis by Laevelder en as toegelate prokureur. (Sedertien het ek my ook as opvoeder bekwaam.) Kruitvat is propvol eg Suid-Afrikaanse aksie, een of twee etiese kwessies word geopper en 'n gesonde skoot romantiek is boonop bygevoeg. Lees Marius Visser se resensie in Rapport hier: http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Sterk-kruit-vat-vlam-op-Kindle-20120823
Vir die jonger leser (of jonk van gees) bied ek TamatiestraaT. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010. Desember (by die see ...), ook 'n jeugroman, sien einde 2016 die lig.
Jy kan Kruitvat, Friksie, Tamatiestraat of Desember (by die see ...) ook op jou Kindle vanaf Amazon aflaai.
Om meer van my doen en late uit te vind, besoek gerus my Facebook-blad: https://www.facebook.com/HenningJvanVuuren
Vriendelike groete
Henningview less