Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sewe-en-veertig
Sewe-en-veertig
Sewe-en-veertig
Ebook442 pages7 hours

Sewe-en-veertig

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Mosela Mosholi, ’n ou vriendin, bel Sarah Fourie op ’n koue wintersoggend wakker. Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.
Sarah kan nie nee sê nie. So sy sleep haarself uit die bed en bel vir Jaap. Mosi is in die moeilikheid en Jaap Reyneke is al raad wat sy het.
Van Seepunt en Manenberg tot Tokio en Hakone. Nog ’n verbluffende roman deur die meesterkrimi-skrywer Irma Venter.
LanguageAfrikaans
Release dateOct 6, 2019
ISBN9780798178259
Sewe-en-veertig
Author

Irma Venter

Irma Venter is ’n bekroonde joernalis in Johannesburg. Haar romans sluit in Skoenlapper (wenner van die ATKV-prys vir spanningsromans), Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Sy is die eerste Suid-Afrikaanse skrywer wat internasionaal uitgegee word deur Amazon Crossing.

Read more from Irma Venter

Related to Sewe-en-veertig

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sewe-en-veertig

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sewe-en-veertig - Irma Venter

    SEWE-EN-VEERTIG

    Irma Venter

    Human & Rousseau

    Nommer sewe is vir tien jaar. En Meer.

    In God we trust. All others must bring data.

    – W Edwards Deming

    Statistics are like a bikini. What they reveal is suggestive, but what they conceal is vital.

    – Aaron Levenstein

    Hoe het dit skielik laat geword?

    Die oggend was so lank en stil,

    die middag ruim en warm en gul

    Die afdraend van die dag is kil.

    Hoe het dit skielik laat geword?

    – Olga Kirsch, Negentien gedigte

    SARAH

    1.

    Maandag 6 Julie, 03:31

    Die klank draf deur my onderbewussyn. Dring deur die swart wolk van slaap. Kom staan voor my en skree, skril en aanhoudend, soos daai kaalvoet natneuskinders in Checkers wie se ma’s nie vir hulle lekkergoed wil koop nie.

    Ek gryp na die foon. Dit val onder die bed in, vibreer ontevrede op die dik bruin mat. Die lyf langs my roer onrustig, brom geïrriteerd. Hoe laat is dit?

    Die foon gaan dood. Moet ’n verkeerde nommer wees. Ek lê terug in die bed.

    Jy okay? mompel die donker stem.

    Ja. Slaap verder.

    Ek probeer onthou hoe ons hier beland het, in my bed, in my woonstel in Pretoria-Wes.

    Dom.

    Die foon lui weer.

    Hy draai om, druk die kussing oor sy kop. Mooi, harde lyf. Ruggraat wat diep tussen soliede spiere inkeep en jou uitnooi om die kurwe daarvan met jou handpalms te soek.

    Ek swaai my voete van die bed af, buk, soek met ’n lang arm na die helder lig van die foon.

    Beter die bleddie queen wees.

    Julie se nagkoue byt aan my kaal lyf. In die badkamer tjank die Dobermanns, ook die moer in. Oor dáár slaap. Oor die geraas hierdie tyd van die oggend.

    03:33, sê die horlosie op die bedkassie. Drie ure se slaap. Dis al.

    Ek vat uiteindelik die foon raak. Unknown number. Dis nie goeie nuus nie. Net ’n handvol mense ken hierdie nommer, en hulle weet almal om my nie voor elfuur in die môre te pla nie.

    Ek maak die badkamerdeur oop, die foon wat vibreer in my hand. Mega en Byte hardloop uit.

    Whoa, keer ek toe hulle bed toe wil storm. Los hom uit.

    Ek gryp Byte aan haar rooi halsband. Sy is die kwaai een wat alles en almal wil opvreet, wat vreemdelinge haat. Mega is die cheap ene wat by almal flirt, man of vrou.

    Die foon gaan dood, begin weer lui. Wie ook al bel, gaan duidelik nie opgee nie.

    Mega snuffel aan die klere op die vloer.

    Polisieuniform. Taakmag.

    Dom. Dommer. Domste.

    Hackers date nie polisiemanne nie. Moenie polisiemanne date nie.

    Ek en die honde loop uit, na die yskoue leefarea met sy teëlvloer. Ek maak die deur toe, vee oor my hare wat deesdae lank in my nek lê. Ek het lanklaas by sny uitgekom.

    Steeds neul die foon.

    Yes, wat’s dit? skel ek op wie ook al aan die ander kant van die verbinding is.

    Jy moet Kaap toe kom.

    Ek herken die stem onmiddellik. Maak nog steeds seker. Mosela?

    Ek loop na die rusbank, soek na my jeans en die T-hemp wat iewers lê.

    Daar’s ’n sesuurvlug. Ek het vir jou ’n kaartjie geboek.

    Wat moet ek in die Kaap kom doen? Ek kry die jeans, pluk dit aan terwyl ek die foon met my skouer teen my oor druk.

    Hier’s ’n datapatroon wat my bekommer. Ek wil hê jy moet daarna kyk.

    Hoekom? Daar’s niks wat jy nie met data kan doen nie. Jy’s die Einstein van data. Die freaking Stephen Hawking van dirty little secrets. Ek trek die T-hemp oor my kop.

    Haar stilte laat my vries. Mosi? Wat’s fout?

    Ek dink iemand gaan binne die volgende 24 uur vermoor word.

    Dit sou beter gewees het as die queen gebel het.

    Ek sug. Weet Mosi kan nie die polisie kontak nie.

    Is jy seker? Ek soek oor my skouer na die kamerdeur. Dis steeds toe.

    Megabyte kla om uit te gaan. Ek loop na die staaldeur wat na die trappe lei. Ek gaan bars in hierdie koue met my kaal voete, maar hel weet waar my tekkies is.

    Ek is 59% seker, antwoord Mosi.

    Ek weet dis nie ’n skatting nie, eerder ’n fyn berekende som. Dis ’n amper twee uit drie kans.

    Presies. En dis genoeg om my bekommerd te maak.

    Ek sal ry. Ek kan vanaand daar wees.

    Ons het nie tyd nie.

    Ek haat dit om te vlieg. Haat enige klein spasie. Hoekom kyk jy na hierdie goed as jy niks kan doen nie?

    Ek weet. Maar dis 59%.

    Ek gee in. Maak die vlug seweuur. Twee kaartjies. Ek gaan iemand saambring.

    Wie?

    Ek moet op ’n blerrie vliegtuig klim, so jy beter orraait wees daarmee as iemand saamkom.

    Wie, Sarah? Haar stem styg ontsteld.

    Iemand wat ek vertrou. ’n Ekstra paar oë en hande, dis al.

    SARAH

    2.

    Maandag 6 Julie, 05:12

    Komaan, Jaap. Ons gaan die vlug mis.

    Ons sal betyds wees, veral soos jy bestuur. Buitendien, ek is seker jy’t ons klaar ingeboek.

    Hy loop na sy kas, gooi ’n handvol onderbroeke in ’n sportsak, gevolg deur kouse, ’n langbroek en twee hemde. Badkamer toe, terug met ’n skeermes, tandeborsel en tandepasta. Hy loop effe mank, sy regterknie wat sukkel in die Gautengse koue.

    Die hotel gaan goed soos seep en sjampoe hê, keer ek toe hy nog toiletware uit sy kas haal. Vat eerder ’n dik jas en ’n serp. Die Kaap is koud.

    Hy haal ’n netjiese bruin baadjie uit sy kas, trek dit aan oor die beige chino’s en die blou hemp. Ignoreer my en pak g’n jas nie.

    Sy ou bruin toerygskoene is blinkskoon, soos altyd.

    Jy hoef nie so baie geld uit te gee nie, sê hy. Ons kan in ’n B&B bly.

    Jy kom help my. Jy’s ’n konsultant. Natuurlik sal ek vir ’n hotel betaal. En vir jou dienste.

    Ek het nie die geld nodig nie.

    Mans. Ego’s. Amper net so erg soos klein spasies en vliegtuie.

    Ek weet, sê ek. Maar jy’s nie nou besig met enige privaat ondersoeke nie. Jy het tyd om my te help, so ek betaal.

    Nes jy wil. Hy trek sy benerige skouers op. Die effense maag wat laas jaar verskyn het, is weg. Sy ken en hoekige neus lyk meer prominent.

    Hy vee oor sy kort grysblonde hare, dink vir ’n oomblik.

    Wat kort jy nog? vra ek.

    Niks nie. Kom, waarvoor wag ons?

    Ek skiet my lyf weg van die kosyn, maak of ek nie die terg in sy oë sien nie.

    Wag. Hy draai terug, verdwyn badkamer toe.

    Ek hoor die geskud van pilbottels.

    Daarsy.

    Hy gooi die sportsak oor sy skouer. Glimlag. Die mooi, geduldige, warm glimlag. Die een wat sy bleekblou oë laat lewe kry, wat maak dat jy skielik twee keer na hom kyk.

    Wie’s so belangrik dat ons Kaap toe vlieg? vra hy op pad uit die kamer uit. Jy haat vliegtuie en lughawens. En jy’s nie altyd gewillig om mense sommer net so te help nie.

    Iemand wat ek al lank ken. Voor jou tyd.

    Goeie vriend?

    Ja.

    Hoe goed?

    Nie wat jy dink nie.

    Hy skakel die geiser af, gryp sy huissleutels van die kombuistoonbank. Is dit nie tyd dat jy iemand ontmoet nie? Jy’s ses-en-twintig.

    Altyd dieselfde gekarring. Hy klink al nes my ma.

    Dis halfses in die oggend. Ons het nie nou tyd vir matchmaking nie. Ek bly stil oor die man in my bed – die een wat ek moes uitskop voor ek gery het. Jaap sal net worry. Hy’s erger as wat my pa was.

    Ek vee oor die ses platinumoorbelle in my regteroor. Een vir elke lid van my gesin. Die een in my linkeroor is vir die een wat weg is.

    Jaap se oog vang die gebaar. Hy maak sy mond oop asof hy iets wil sê.

    Ek was saam met Mosela in die tronk, sê ek vinnig. Enigiets om die gesprek se rigting te verander.

    Hy frons. Wat het hy gedoe-

    Sy.

    Okay. Wat het sý gedoen om tronk toe te gaan?

    Ek sal op pad verduidelik. Belowe.

    Jaap sluit die voordeur van sy meenthuis. Sy hond gaan saam met Megabyte by my ma bly tot ons terug is. Sy sal hulle later vandag kom optel.

    Jaap vryf die yslike geel Labrador agter sy ore. Soet wees, ou honne. Sien jou binnekort. Moenie dat die mense jou weer so vet voer soos laas nie.

    Hy kyk na my. Dis Maandag. Gaan ons betyds terug wees vir die Lions se Super Rugby game?

    Die Lions? Ek dog jy’s ’n Bulls fan?

    Hulle is ossies hierdie seisoen. Almal van hulle. Ek kan die pyniging nie meer verduur nie.

    SARAH

    3.

    Maandag 6 Julie, 10:01

    Die wind ruk aan die klein silwer Audi A1. Ek wou nie sukkel met ’n groot kar in Kaapstad se nou, besige strate nie.

    Die verkeer is chaos, al is dit reeds ná tien en die paaie nie so nat soos wat ek verwag het nie. Die reën sit oor die see soos ’n beneukte grys rondloperhond wat wonder oor nader kom. Dis koud. Kouer as in Pretoria. So ’n windverwaaide tot-in-die-murg-koue wat aan jou lyf hap as jy jou neus by die deur uitsteek.

    Wanneer laas was jy hier? vra Jaap.

    Ek het nie geweet hy is wakker nie. Hy het regdeur die vlug geslaap – hóé weet ek nie – en dadelik weer oë toegemaak toe ons in die gehuurde motor klim. Ek wou naar word toe die vliegtuig deur die wolke inkomplek moes soek en teen die wind land, so skuins-skuins, een wiel op ’n slag.

    Laas jaar, antwoord ek. En jy?

    Seker agt jaar gelede.

    Hy kyk nuuskierig om hom rond. Soek na sy Woolies-lughawekoffie ingedruk langs my leë teekoppie en drink daarvan, al moet dit seker al lou wees. Mag ek nóú weet wat ons hier doen?

    Mosela sal verduidelik. Ek weet nie mooi nie. Sy het iets oor moord gesê. Dat iemand gaan doodgaan.

    Hy sit regop. Moord? En jy vertel my nou eers?

    Ek het geweet wat jy gaan sê.

    Dat ek nie belangstel nie?

    Presies. Maar jy moet. Jy’s die afgetrede speurder. Ek hack en code net.

    Hy hou sy linkerhand op. Uh-huh. Die reëls bly dieselfde: ek wil nie weet wat jy doen nie. As die polisie ooit by my opdaag met allerhande vrae oor jou, wil ek onskuldig pleit en dit bedoel.

    Dan moet jy ophou om so nuuskierig te wees. Ek kyk na hom, lag.

    Guh. Hy sluk weer aan die koffie.

    Moenie worry oor wat jy moet doen nie, dit sal wettig wees. Ek sal seker maak. En soos ek sê. Ek sal goed betaal.

    En soos ek sê. Dis nie nodig nie.

    Jy moet meer omgee oor geld, raas ek. Jy’t nie naastenby genoeg nie.

    Volgens wie se standaarde?

    Myne. Die bank s’n.

    Ek gaan eendag by jou kom plak. Jy weet mos. Jy’t baie plek in daai woonstelblok van jou. Hoekom jy die hele plek moes koop, weet ek nie.

    Guh, aap ek hom na.

    Sy oë mik regs, hawe se kant toe. Is daar ’n rede hoekom hierdie Mosela-vrou jou bel en nie die polisie nie?

    Ek kyk skeef na hom. Jy sê dan jy wil nie weet nie.

    Oor wat jý doen, ja. Nie wat hierdie vriendin van jou doen nie.

    Sy vertrou nie die polisie nie. Dis ’n halwe waarheid, maar darem ’n waarheid.

    Hy kyk wantrouig na my.

    Jy weet ek doen nooit iets wat regtig onwettig is nie. Dis ook meestal die waarheid. En ek sal jou nie by so iets insleep nie. Wees net my ekstra oë en ore. Hoor en sien wat ek nie hoor en sien nie. Sê my wat jy dink.

    Of jouself nie.

    Hoe bedoel jy nou?

    Hy kyk na my asof ek stupid is. Moenie jouself by iets onwettigs insleep nie.

    Natuurlik nie. Ek hou stil by ’n rooi verkeerslig.

    So hierdie vriendin … Jaap strek sy lang lyf in die sitplek. Sy’s die rede hoekom jy vanoggend sommer net so op ’n vliegtuig spring. En sy was saam met jou in die tronk.

    Ja.

    ’n Vriendin vir wie jy als in Pretoria net so los …

    Jaap. Hou op sukkel. Ek’s nie besig op die oomblik nie. Dis net dieselfde boring ou goed oor en oor – banke en versekeringsmense met ransomware-probleme. Leer hulle nooit nie? En ja, ek sal ekstra moeite doen vir Mosi, want sy het my gehelp in die tronk. Ek was ’n hacker, agtien en stupid en sy het seker gemaak ek oorleef. Tevrede?

    Hy dink, gee dan toe: Vir nou.

    Twee minute later draai ek by Mosela Mosholi se kantoorgebou in. Sy werk op die sestiende vloer van die gebou weggesteek agter die African Pride-hotel, nie te ver van die Kompanjiestuin en Langstraat met sy kroeë, nagklubs en vreemde mengsel winkels nie.

    Ek parkeer, draai na Jaap. Daar’s een of twee dinge wat jy gaan moet doen as jy daar bo kom. Sit jou hande in jou sakke en hou hulle daar. Moet aan niks raak nie.

    Niks? Ook nie oor …

    En moenie te veel vrae vra nie. Nee. Moet g’n vrae vra tot Mosi met jou praat nie. Moet niks sê nie, moenie reageer nie. En in hemelsnaam, moet niks daar binne eet as jy dalk iets saamgebring het nie.

    Waar? In haar kantoor?

    Dis bietjie meer as ’n kantoor. Jy sal sien.

    JAAP

    1.

    Maandag 6 Julie, 10:26

    Dit pla my nie dat die meisiekind my vanoggend kom wakker klop het nie. Sarah is soos familie. Ons is al deur ’n paar moeilike dinge saam. Meer nog, sy het mý gehelp toe ek laas gevra het. En sy’s reg, ek is nie tans besig met ’n ondersoek nie.

    Wat my wel pla, is waar sy nou weer infoeter. Moord? Klink soos moeilikheid.

    By The Library se hysbak druk sy die knoppie vir die sestiende vloer. Haar Converse-tekkies raas op die teëls toe sy na my draai. Sy vee die rooi hare – mooi so lank, maar ek weet om niks te sê nie – agter haar ore in. Stamp haar voete, duidelik nie beïndruk met die wind en weer nie.

    Sy beduie na die trappe langs die hysbak. Sien jou bo, sê sy met daai diep, hees stem van haar wat soveel groter as haar lyf is.

    Nie gedink sy gaan die hysbak vat nie. Ek is verbaas dat sy vanoggend gevlieg het, en dit in hierdie weer. Sy moet diep in die skuld wees by hierdie Mosela-vrou.

    Dis sestien vloere, waarsku ek.

    Sy haal bloot haar skouers op onder die swart leerbaadjie en druk haar ken dieper in die geruite serp toe die wind deur die parkeergarage swiep. Haar kort figuur verdwyn teen die trappe op, rugsak oor die skouer.

    Op die sestiende vloer wag ek vir haar waar die hysbak my aflewer, in ’n witgeverfde portaal met ’n glaskoffietafel, swart banke, ’n swart mat en swart blindings.

    As Sarah op die bank gaan sit, gaan sy verdwyn.

    The Library. Data Scientists. Die naam staan in outydse tikmasjienskrif op die wit muur langs ’n deur met ’n swart ysterhek en ’n syferpaneel wat vir ’n toegangskode wag. ’n Kamera loer vir my vanuit die een hoek.

    Iewers hoor ek ’n dowwe dreuning. Kragtige lugversorging, as ek moet raai. Hoekom weet ek nie, dis seker ses grade Celsius daar buite.

    Tensy dit nodig is om die gebou se temperatuur konstant te hou.

    Ek steek my hande in my baadjiesakke, kyk na die kamera regs teen die dak. Roer ongemaklik in my skoene. Wat is hierdie plek? Daar is geen horlosie teen die muur, geen koerante of tydskrifte op die koffietafel en geen ontvangsdame nie. Dis amper asof jy net hier mag inkom as jy ’n afspraak het.

    Sarah kom uitasem in die gang afgestoom, duidelik nie gewoond aan die hoeveelheid trappe nie.

    Wakker?

    Haar oë sê sy maak my dood. Lieflike persoonlikheid so vroeg in die oggend.

    Sy loop verby my en gaan staan voor die syferpaneel. Sê niks, doen niks.

    Ek beduie met ’n hand steeds in my baadjiesak. Ek staan al ’n rukkie hier, maar niks gebeur nie.

    Wees net geduldig.

    Ons wag nog ’n paar minute.

    Sarah se foon lui. Sy antwoord.

    Ja … ja. Okay.

    Sy lui af.

    Jy moet reguit na die kamera kyk. Sy beduie na die hoek waar die swart oog blink.

    Ek maak so.

    Die sekondes tik verby.

    Ek weet ek’s nie Sean Connery nie, maar ek’s darem mooi genoeg om saam met jou in te gaan, sê ek.

    Sy draai om. Onthou wat ek in die kar gesê het?

    Moet aan niks raak nie? Moenie eet nie?

    Moet ook nie simpel grappies maak nie.

    Die veiligheidshek biep en die deur agter die hek skuif oop.

    Kom, beduie Sarah.

    Ons loop ’n wit vertrek binne. Die deur skuif toe. Ek klop daaraan, hand steeds in my baadjiesak. Staal. Vreemde plek dié.

    Ons is in ’n lang, smal, vensterlose vertrek met wit rusbanke en stoele teen twee van drie wasige glasmure. ’n Staalrak met klerehangers staan langs ’n glasdeur aan die verste kant van die vertrek. Die vloer is ’n grys industriële sementoppervlak.

    ’n Termostaat teen die muur sê dis 16 grade Celsius hier binne.

    Sarah gaan sit op ’n stoel en begin haar tekkies se veters losmaak. Sy beduie na die stoel langs haar. Trek jou skoene uit.

    Ek dog ek mag aan niks raak nie.

    Baie snaaks.

    Ek gaan sit, skop my skoene een vir een uit. Onthou te laat my linkersokkie het ’n gat by die kleintoon danksy ’n verveelde Labrador. Ek maak soos Sarah en hou my sokkies aan. Sy haal twee stelle dun, wit aanglippantoffels in geseëlde, deursigtige plastieksakke onder die bank uit en ons trek dit oor ons voete. Ek bêre my skoene teen die muur en hang my baadjie oor ’n hanger.

    Die glasdeur skuif oop net toe ons klaar is, asof iemand ons nog die hele tyd dophou. Ons loop af in ’n lang gang, deur nog twee skuifdeure.

    Anderkant die tweede deur, en net voor ’n derde deur, gaan staan ons een ná die ander op ’n stel voetmerke op die vloer. ’n Sterk wind blaas op ons neer.

    Die lug is koeler en skoner in die volgende vertrek, asof ons ’n stofvrye omgewing binnegaan.

    Die gang loop dood in ’n raadskamer met sagte blou lig en wit mure. Geen vensters nie. Behalwe vir die lang wit tafel en stoele is daar niks in die vertrek nie. Nie ’n enkele skildery, kussing of projektor in sig nie. Ek vee vinnig, ongesiens, met my vinger oor die tafel. Nie eers ’n stoffie nie. Ook geen boek in sig nie.

    Die Library se gat.

    Sarah trek ’n stoel uit en gaan sit.

    Ek gaan sit langs haar, luister na die gedreun van die lugversorging. ’n Ander geluid het bygekom soos ons in die hart van die gebou in beweeg het – die klank van meer gesofistikeerde masjinerie. ’n Wit gesuis.

    Die glasdeur aan die oorkant van die kamer skuif oop.

    ’n Langbeenvrou stap in asof sy op ’n New Yorkse loopplank paradeer, haar vel ’n pragtige, diep swart. Sy is meer as mooi. Prominente wangbene, kaalgeskeerde kop, ’n slanke, elegante nek met ’n breë swart halssnoer wat styf teen haar vel sit. Sagte wit langbroek, swart sybloes, laag oopgeknoop. Geen bra. Swart sokkies aan haar voete.

    Dis moeilik om haar ouderdom te skat. Dertig? Veertig? Dit maak in elk geval nie saak nie, sy sal op sestig nog beeldskoon wees.

    Sy gaan sit.

    Daar is niks in haar hande nie, geen emosie op haar gesig nie. Nie eers nuuskierigheid oor my nie. Trouens, sy kyk nie eers na my nie.

    Vanoggend was die derde keer dat die patroon opgeduik het.

    Haar Afrikaans is perfek.

    En drie keer is ’n patroon? vra Sarah, blykbaar min gepla deur die gebrek aan ’n groet of ’n dankie dat ons vroegdag Kaap toe gevlieg het.

    Ek wil nie vir ’n vierde keer wag om uit te vind nie. Wat as die patroon reg is?

    Watse patroon? vra ek.

    Die vrou se oë swenk na my, terug na Sarah.

    Ek vertrou hom, sê Sarah.

    Sy kyk kwaai na my oor ek my mond oopgemaak het.

    Hy’s ’n afgetrede speurder. Kolonel. Die vrou se stem is toonloos en afgemete, so steriel soos hierdie plek. Jakobus Johannes Reyneke. Een-en-sestig jaar oud. Ma Johanna Frederika, pa Jakobus Johannes. Sy susterskind is in die Karoo vermoor. Sy was die rede hoekom julle die eerste keer saamgewerk het.

    Wag ’n bietjie, stry ek. Ek weet wie ek is. Wie de hel is jy?

    Steeds kyk die vrou nie na my nie.

    Sarah beduie ek moet stilbly. Ek weet dit alles. Het jy op iets afgekom wat jou laat worry?

    Die vrou antwoord nie dadelik nie.

    Mosela? vra Sarah weer.

    Sy cholesterol is te hoog. Hy kan enige oomblik omkap. En hy’s lank terug vir spanning behandel, net nadat hy in KwaZulu-Natal op die lyke van elf mense afgekom het. Drie kinders. Een baba. Met pangas vermoor. Massagraf in 1991. IVP teen die ANC – volgens die polisie, en ons almal weet hoe hulle lieg.

    Die bloed druis in my ore. Dis vertroulike inligting! Jy kan nie sommer net …

    Sarah draai na my. Jy drink jou cholesterolpille, nè?

    Waar kry jy …

    Sarah sit haar hand op my arm. Jaap? Asseblief.

    Ek haal diep asem, sukkel om die ergernis eenkant toe te stoot.

    Drink jy jou pille? sê Sarah weer.

    Elke dag. Maar dit het niks met haar uit te waai nie.

    Wat van die kanker? vra Mosela.

    Ek staan op.

    Jaap?

    Sarah moenie nou só klink nie, so omgekrap en bekommerd.

    Ek gaan huis toe. Dis nie hoe ek vir Sarah wou sê nie. Ek wou saam met haar Kaap toe kom en iewers oor ’n lekker glasie rooiwyn sit en gesels.

    Dis my privaat besigheid, sê ek vir Mosela. Dit het niks met jou uit te waai nie.

    Sy maak uiteindelik oogkontak, die flikkering van ’n onpeilbare emosie in haar oë, maar dan verdwyn dit weer. Sy kruis haar bene, haak haar linkervoet agter haar regterkuit in ’n lyfvleg wat ek nog net by lang, maer vroue gesien het. Kyk na Sarah, na my. Tel af op haar vingers: Marlboro’s, Halls en Coke. Voor vanaand. Onthou dit.

    En wat beteken dit nou? byt ek. Dit maak nie eers sin nie.

    Wat gaan aan, Jaap? Sarah staan op, haar stem dringend.

    Ek draai na haar. Ek wou jou sê. Ek sál jou sê. Maar buite. Ek beduie met my kop na die deur.

    Sy volg my terug na die glaskas waar ons skoene is. Ons gaan sit op een van die banke.

    So dis Mosela? vra ek.

    Ja.

    Aangename vrou.

    Los die sarkasme. Vertel my van die kanker.

    Dis niks nie. Dis vroeg gevang. Kolonkanker. Ek het ’n operasie gehad, en toe bestraling en chemo. Nie eers baie nie, meer net om seker te maak als is weg ná die operasie. My hare het nie eers uitgeval nie.

    En jy sê my niks?

    Jy was besig met daai Van Zyl-saak in Brooklyn. Ek wou nie pla nie. Buitendien, dit was vinnig en pynloos.

    Bullshit.

    Ek sê mos ek’s okay. Belowe. Ek wou nie hê mense moes dit groter maak as wat dit is nie. Ek sou nie kon asemhaal en fokus as almal so kloek nie. Dis al. Net my suster het geweet, en dis hoe ek dit wou gehad het.

    Ek kan haar bekommernis tot hier voel.

    Ek breek al die reëls en sit my hand op hare, druk dit vinnig. Ek’s nie jou pa nie. Dis nie soos sy longe nie. Dit kan genees word.

    Sy sit terug, hou my fyn dop. Wanneer moet jy weer behandeling kry?

    Ek’s skoon. Dis nou net … ja … ek moet wag.

    Om te weet of dit weg is?

    Ja.

    En die side effects van die chemo? Hoe voel jy?

    Bietjie moeg. En my vingerpunte voel soms dood.

    ’n Frons keep oor haar voorkop.

    Ek is okay. Belowe. Niks fout met my brein nie. En dis mos wat jy nodig het, en my oë en ore.

    Ek sou jou nooit hiernatoe gesleep het as ek geweet het nie. Haar stem klink skielik donkerder.

    Presies. Sien.

    Shit, Jaap.

    Ek ken haar goed genoeg om die ontsteltenis agter die woede te sien. Haar groen oë skiet vuur, maar die mond wat in haar linkerkies optrek, is bang.

    Wat moet ek doen? By die huis sit en bekommerd wees? Ek speel my troefkaart. Buitendien, ek het na jou verlang. Hoekom nie saam met my gunstelingkuberkraker Kaap toe kom nie?

    Sy deins terug vir die emosionele eerlikheid, nes ek verwag het. Spring op van die bank. Moet jy medisyne drink?

    Iets om met die nadraai van die chemo en bestraling te help. Pynpille wanneer ek dit nodig het. En ’n handvol vitamines wat my suster uit die Noord-Kaap gestuur het.

    Okay. Maar as jy sleg voel, vlieg jy terug. En ek sal besluit wanneer dit is, nie jy nie.

    Ek hoor jou.

    Sy beduie na die gang en ons volg weer dieselfde prosedure om kiemvry by Mosela uit te kom.

    Hy sal okay wees, sê Sarah toe ons by die wit raadskamer inloop.

    Mosela staar na haar hande wat roerloos op haar skoot lê. Knik uiteindelik stadig. Dan is hy seker welkom. Maar hy gaan ’n swygooreenkoms teken. As hy oor die Library uitpraat, gaan ek sy rekords openbaar maak. Die twee aanklagte van aanranding. Een in 2006, met die Kerkstraatmoorde. Die ander in …

    Hierdie keer het ek genoeg gehad. Ek staan op. Tot siens.

    Ek storm in die koel gang af.

    Jaap! Sarah draf agter my aan.

    Vergeet dit. Die vrou is ’n fo … blikskottel. Ek draai na haar. Speel lekker in julle eie opgeneukte sandput.

    Sy gaan staan, hande in die sye. Wie? Al ons weirdos?

    Ek steek my hande in my broeksakke, weier om te antwoord.

    Ek het jou laas gehelp, Jaap. Ek het al die pad Karoo toe gefoeter oor jou suster se kind. Help my nou, asseblief.

    Klink nie asof julle my nodig het nie. Daai vrou weet alles. Het jy ’n ding vir haar? wonder ek skielik.

    Nee.

    Skuld jy haar iets?

    Ja. Nee.

    Wat beteken dit?

    Sy sit haar hande op haar heupe, kyk dak toe. Sug. Ons almal het ons stories. En Mosi sou nie gebel het as dit nie ernstig was nie.

    Hoekom my dan afdreig as ek hier is om te help?

    Sy’s bang.

    Lyk nie so nie.

    Sy is.

    Vir wat?

    Alles. Kieme. Wanorde. Hierdie patroon. En haar werk is nie altyd wettig nie. Sy kan nie sommer net polisie toe gaan nie. Sy … Los dit.

    Aikona, raas ek. Nou verduidelik jy.

    Sy loer skrams na die hoek waar ’n kamera teen die dak sit. Dink aan Mosela as ’n digital age librarian. In plaas van boeke werk sy met data. Sy’s verslaaf aan data. Aan inligting. Aan weet.

    En wat doen sy met die data?

    Sy verkoop dit. Meestal.

    Aan wie?

    Mense.

    Wié?

    Soos ek sê, ons almal het ons stories. Ons dinge. Maniere om te oorleef.

    My hande word vuiste in my broeksakke. Daai goed wat sy oor my gesê het. Die aanranding. Dis nie wie ek is nie.

    Ek weet dit.

    Ek kyk agterdogtig na haar.

    Ek weet als van jou af, Jaap. Al van destyds toe jy gevra het ek moet help. Dink jy regtig ek het nooit my eie navorsing gedoen nie?

    Ek haal my hande uit my sakke toe ek besef dit maak Mosela seker gelukkig dat ek so

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1