Die grafte jubel
By Esta Steyn
5/5
()
About this ebook
Esta Steyn
Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as boekhoudster. Op negentien jaar word haar eerste kortverhaal gepubliseer. Vele kortverhale en sketse vir Sarie en Huisgenoot volg. In 1969 trou sy met ’n apteker, Le Roux Steyn, en verhuis na Saldanha, waar die Steyn-gesin steeds woon. In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human & Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981). Esta het in die 1990’s ’n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot ’n roman verwerk. Sy is later weer gevra om ’n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.
Read more from Esta Steyn
Droomdelwers Rating: 5 out of 5 stars5/5Die kolonel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBiegbrief en ander verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie skrywer Rating: 3 out of 5 stars3/5
Related to Die grafte jubel
Related ebooks
Blou Erfporsie: Van Isilimela tot Stilbaai: 'n Lewensreis Rating: 4 out of 5 stars4/5Bet-El: En daar was engele Rating: 3 out of 5 stars3/5My naam is Prins, ek slaap met die lig aan Rating: 3 out of 5 stars3/5Toe-Val-Lig: Die beste stories van toeval uit Tjailatyd Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVermis op Allesverloren Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOnthou my Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie kind se naam is Anneke Rating: 5 out of 5 stars5/5Ek Sal Weer 'n Loflied Sing Rating: 5 out of 5 stars5/5'n Belofte vir Bippie Rating: 5 out of 5 stars5/5'N Sigeuner se Kersfees Soen Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkemer oor Aasvoëlkop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRoep van die Visarend Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie groot gebedeboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKatryn: Vrou van die Richtersveld Rating: 5 out of 5 stars5/5Die naamlose Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Klein lewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBloedwater Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEngel in die teater Rating: 5 out of 5 stars5/5Hartstories van ons land se boere Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNie van hoorsê nie, Here Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRegardt: Dis nie luck nie - net genade Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOnbeskryflike genade Rating: 4 out of 5 stars4/5Stories uit 'n Straat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOase Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSwartskaap Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLabirint Rating: 5 out of 5 stars5/5Elim Rating: 3 out of 5 stars3/5Erfgenaam vir Groenvlei Rating: 1 out of 5 stars1/5Nooit is 'n lang, lang tyd Rating: 4 out of 5 stars4/5
Reviews for Die grafte jubel
1 rating0 reviews
Book preview
Die grafte jubel - Esta Steyn
Die grafte jubel
ESTA STEYN
Kroniek van pyn en genesing ná die dood van ’n kind
Luxverbibwlogo.jpgHoofstuk 1
Die vrou wat kartonharte gemaak het
Daar was eendag ’n vrou wat gedink het sy ken die Here. Sy het Sondae in die kerk saam met die gemeente die geloofsbelydenis hardop opgesê soos ’n rympie. Sy het nagmaal gebruik, die brood geëet en die wyn gedrink. Sy het Kinderkrans gehou en vir die kindertjies van Liewe Jesus vertel. Sy het vir hulle ’n swart hart van karton gewys en vir hulle gesê: Ons harte is so swart soos hierdie swart hart. Dis die sonde wat ons harte swart maak.
Sy het vir hulle ’n rooi hart gewys en gesê: Liewe Jesus se bloed is so rooi soos hierdie hart. As die bloed wat Hy vir ons aan die kruis gestort het, oor ons hartjies spoel, dan is ons . . . hoe is ons dan? Ja! Heeltemal reg, so wit soos hierdie hart.
Dan het sy vir hulle ’n spierwit hart van karton gewys en gesê: Want Hy vergewe ons en hy maak ons spierwitskoon van alle sonde, soos hierdie wit hart.
Die vrou het aanvaar dat Jesus vir haar aan die kruis gesterf het en dat Hy weer opgestaan het en dat Hy vir ewig lewe. Al wat jy hoef te doen om ’n Christen te wees is om dié feit te aanvaar. Jy gaan na die Here toe en sê: Hier is ’n lys van my sondes. Vat dit, vergewe dit.
En ná jou dood gaan jy eendag hemel toe, die plek waar mense wat gesterf het mekaar omhels en saam met Jesus deur groen valleie en goue strate loop.
Swart – rooi – wit.
So maklik soos dit.
Maar die vrou het altyd ’n bietjie skuldig gevoel – dat sy dalk nie goed genoeg was vir God nie. Daarom het sy al die regte dinge gedoen wat sy gedink het by Christene pas. Sy het Bybelstudie toe gegaan en sy het aan die Vrouediens behoort.
Die vrou het nie verder gedink nie. Sy het nie besef dat haar bestaan, en die hele wêreld se bestaan, alles deel was van ’n gevalle skepping nie. Verwring deur sonde en sterflikheid.
Die gedagte het nooit eens by die vrou opgekom nie. Want die lewe was goed en mooi. Sy het geweet daar is mense wie se lewe nie so glad geloop het soos hare nie, maar sy het nie gedink dit is nodig om te veel betrokke te raak by ander se ellendes nie. Jy kan hulle help, ja. Vir die Blindewerkersorganisasie stuur jy ’n tjek. Vir die Heilsleër ook. En vir die Jan Kriel-skool en vir al die ander instansies wat posstukke na jou huis toe stuur en donasies vra. Dit het haar goed laat voel. Maar dan is jy klaar met hulle, het die vrou gedink, want hul probleme is nie jou probleem nie. Jy het drie gesonde seuns om groot te maak en ’n man om te versorg.
Wanneer die vrou oor die radio gehoor het van ’n verskriklike ding wat met iemand gebeur het, het sy vir haarself gesê: Goddank dis tog nie een van my mense nie. Foei tog. En vir die Here het sy gesê: Wees tog met daardie mense. En sit u arms rondom hulle.
Sy het nie die vaagste benul gehad van hoe die Here se arms werklik voel nie.
Wanneer daar honger mense voor haar deur gestaan het, het sy vir hulle koffie en brood gegee en gedink sy is darem nou regtig ’n oulike Christen wat die Here dien, want Hy sê mos alles wat jy doen aan die geringstes, doen jy vir Hom. En dan was sy bly dat sy vir die Here brood en koffie gegee het. En wanneer die bedelaar wegstap, het sy vir die Here gesê: Kyk tog verder self na hierdie man en ontferm U oor hom.
Sy het nie die vaagste benul gehad van hoe die Here se ontferming werklik lyk nie.
Die vrou het ’n huis gehad met groot vensters wat ver uitkyk, en ’n tuin waarin daar ’n groot Norfolk-denneboom gestaan het. Die boom was so groot dat dit soos ’n baken oor hul dorp uitgestyg het. Elke jaar het daar ’n nuwe stel takke uit die stam gesprei. Waar die nuwe botsels begin het, het dit ’n klein kruisie bo-op die top van die boom gemaak, afgeëts teen die blou lug.
Die vrou het haar daaraan verwonder.
Daar was ook ’n bougainvilleabos in die tuin. Die takke het soos trosse kleur langs die hoë stoeprelings afgestort. Motors het in die straat stilgehou om na die skouspel van kleur te kyk.
Die vrou se drie seuns was sewentien en sestien en die kleintjie was amper vier.
Hoofstuk 2
Die kartonhart wat geskeur het
Een Donderdagmiddag het die vrou by haar wasbak gestaan. Dit was Desember en dit was vakansie. Haar man en haar tweede seun het Kaap toe gery vir besigheid. Uit die bloute het sy meteens bitterlik hartseer geword.
Sê nou daar is ’n ongeluk? Sê nou my man of my kind kom iets oor?
Die gedagte was verlammend. Sy het begin huil. Haar trane het in die skottelgoedwater geval.
Here, asseblief, moet net nie dat hierdie kind van my vandag iets oorkom nie. Here, hy is my geliefde kind.
Maar die ongewone angs het groter geword.
Hulle moes al drie-uur by die huis gewees het. Waar is hulle, Here?
Dit was vyfuur toe sy die motor in die oprit hoor. Sy het vinnig uitgestorm tot op die stoep, af met die trappe, tot onder by die motor.
Haar man en haar seun het rustig uit die motor geklim. Sy het haar tweede seun se groot, bruingebrande lyf omhels. Sy was te bly vir woorde.
Hoekom is Mamma so bly?
het hy gevra.
Ek is maar net verskriklik bly dat julle hier is.
Dankie, Here! Dankie, dankie.
Sy het die onrus van haar af probeer wegskuif. Dit wou nie heeltemal wyk nie.
Daardie Sondagoggend het die vrou wakker geword en meteens het haar oudste seun se naam in goue letters voor haar oë geflits.
Wat wil u vir my sê, Here? het sy dadelik gedink, en toe: Hierdie kind moet vandag saam met my en my man kerk toe gaan.
Dan kan die tweede seun tuis bly om die kleintjie op te pas.
Sy het na haar oudste kind se kamer toe gegaan. Hy het onder ’n blou duvet gelê en slaap. Hy was groot en bruingebrand; sy liggaam vasgevang in die vreemde, mistieke tienerfase. Sy mond was sag en warm.
Hierdie kind lyk soos jy, het party mense vir die vrou gesê. Hierdie kind lyk soos jou man, het party ander mense gesê.
Sewentien is die brose ontwaking van mens tot man. In hom was ’n leeftyd van herinnering opgesluit, van kraamtyd tot kruiptyd tot kleutertyd tot Kinderkrans tot skooltoegaan tot hoërskool. Die eerste sokkie. Die eerste swart langbroek en bloedrooi hemp. Die eerste meisie.
Die vrou het die kind wakker gemaak en hom aangesê om te gaan stort, want dis kerk. Hy het sy nuwe voorstellingspak aangetrek en sy nuwe das.
En hy het baie mooi gelyk.
Toe is die vrou en haar man en die seun saam kerk toe. Die kerk was nie te