Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Erfgenaam vir Groenvlei
Erfgenaam vir Groenvlei
Erfgenaam vir Groenvlei
Ebook226 pages6 hours

Erfgenaam vir Groenvlei

Rating: 1 out of 5 stars

1/5

()

Read preview

About this ebook

Vier plase en vier families, naby mekaar op Rooiberg in die skilderagtige Waterberge, beinvloed mekaar se lewens elke dag.
Nie alles verloop altyd na plan nie en die ouer geslag is dikwels verstom oor wat die jong mense aanvang. Op hulle beurt pak 'n familie die lang pad na Suidwes toe aan en ervaar die prag en gasvryheid van die dorre streek.
Maar die vraag bly staan, gaan daar 'n erfgenaam wees?

LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2013
ISBN9781301009381
Erfgenaam vir Groenvlei
Author

Makkie de Beer

My name is Makkie de Beer, a 76 year old widow with a love of poetry rhyme and a passion for writing stories. My home is the southern foothills of the mysterious Zoutpansberg in the Limpopo Province of South Africa. I grew up at Kareepoort near Brits, my father was a farmer, Carel van Wyk and my mother Lettie hails from the diamond fields. I married my farmer / writer husband Bertus de Beer in 1953 and went on to assist him on the farm De Kroon, downstream of the Hartebeespoort Dam. On this farm along the Crocodile River, we farmed, dreamed and brought up four busy sons. They are Jaco, Karel, Bertie and Buks. (I live with my youngest son Buks and his wife Adri in Louis Trichardt). In our retirement we first stayed at Kosmos along the Western side of the Dam and later moved to Hoedspruit where my husband passed away. From there my life made a few other twists before I ended up here in Louis Trichardt. I love poetry and writing and this, my first "farm novel", is now available with the name "Gees van die Labrador”, meaning Spirit of the Labrador". The story concerns the fortunes of a few families in the "Riem Land" or Thong Country. This is a gripping story of the farming community around Rietfontein in the Eastern Free State. Unusual events that affected the lives of ordinary people, drastically changing their world and their lives. Join these families and enjoy their healthy innocent lifestyle, the lifestyles of our ancestors.

Read more from Makkie De Beer

Related to Erfgenaam vir Groenvlei

Related ebooks

Related articles

Reviews for Erfgenaam vir Groenvlei

Rating: 1 out of 5 stars
1/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Erfgenaam vir Groenvlei - Makkie de Beer

    Voorwoord

    Hierdie is my moeder se derde boek en die eerste oor die mense van die Waterberg. Ek is so trots op haar en bewonder haar moed en deursettingsvermoë met die skryfwerk. Gees van die Labrador, was skaars gepubliseer toe het sy hierdie draai deur Suidwes gemaak met haar eerste reisverhaal. Die karakters uit Gees het egter by haar bly spook en dit was nie lank nie of sy het weer op die plase in die Riemland gaan kuier met Drie Rivierplase. Die Stories uit die Riemland is reeds 'n geruime tyd beskikbaar, maar ek kry nou eers kans om 'Erfgenaam' te publiseer.

    Hierdie storie handel oor die mense van vier buurplase in die Waterberge. Ons het self vir 'n ruk lank op Groot Nylsoog (tussen Warmbad en Nylstroom) gewoon en baie van wat my ma hier skryf herinner my aan daardie dae. My pa se nartjies was van die soetste in die omgewing en daar was kere wat ons so baie daarvan geëet het dat ons die skille begrawe het uit verleentheid.

    Ek is so dankbaar dat my ma weer 'n nuwe lus het vir die lewe. Sy tik nou self haar stories op haar eie rekenaar en het selfs geleer om die internet te gebruik. Wie het gesê 'n ou hond kan nie nuwe toertjies leer nie? Tannie Makkie is nou weer vol lewe met baie nuwe stories wat sy vertel, ek sukkel net om by te hou met die publikasie van haar werk. Iets waaroor ek glad nie kla nie.

    Jaco de Beer

    1 April 2013

    Inhoud

    Voorwoord

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 9

    Naskrif

    Erfgenaam vir Groenvlei

    Hoofstuk 1

    Herman stap op Groenvlei se stoep uit, hy hoor perdehoewe wat wegry. Nes hy gedink het, dis Mientjie op Vonk se rug, haar lang bruin hare in ’n poniestert agter haar kop,.....waai in die wind.

    Dit is sy mooi dogter, hy en Lida se enigste kind.

    Hoekom het sy nou die sotheid begaan om verlief te raak op Fanus Grove, nie dat hy iets teen die jongman het nie, maar hy is David en Rita se seun, hulle is bywoners op Andries du Toit se plaas. Fanus het na matriek by Andries as plaasbestuurder kom werk.

    Sy pa David is al baie jare op Rietpoel, dis ’n mooi plaas en Fanus het al baie dinge daar verbeter, maar nogtans, Hennie...... Giel en Wilma Vermaak van Kranskop se seun, is ’n agtermekaar mannetjie en hy kom gereeld vir Mientjie kuier, maar hy kan sien, sy het nie sinnigheid vir hom nie.

    Ja,..Hennie is bietjie windmakerig en van dat sy pa vir hom die Sportmotor gekoop het, is hy meer op die dorp as op die plaas.

    Lida stoot die dienwaentjie op die stoep uit. Koffie vir jou Herman?

    Ja, dankie vrou. Hy neem die koffie, staan teen die stoepreëling en drink. Lida sien daar is iets wat haar man pla. Is daar iets fout Herman ?

    Nee, vrou, ek het Mientjie sien wegry op Vonk se rug, ek is seker sy gaan Fanus daar by die grensdraad ontmoet, ek kan nie verstaan wat is haar plan nie, dink jy sy is verlief op Fanus?

    Ja, Herman, hulle is lief vir mekaar, hoekom pla dit jou, hy is ’n intellegente, goed opgevoede jongman, al is sy ouers bywoners by Andries en Toekie van Rietpoel, is hulle nie armblankes nie, David is Toekie se broer.

    Ja, ek weet, maar hier is ’n hele paar jong boere wat by haar kom vlerksleep, maar sy het net oë vir Fanus. Jy bedoel,...jy sou eerder Hennie van Kranskop as skoonseun wou hê, nè my man?

    Ag, Lida kom ons praat oor iets anders, gaan jy Vrydag môre die dames by die Kerksaal help? Dis my plan, ek gaan Mientjie vra om saam te gaan, sy is te veel alleen hier op die plaas.

    Kranskop

    In Kranskop se ontbytkamer heers daar ’n ongemaklike stilte, dis 9 uur, Hennie het pas by die ontbytkamer ingestap.

    Giel Vermaak kyk sy oudste seun deurdringend aan.

    Is dit die tyd wat Kranskop se toekomstige eienaar uit die bed opstaan? Pa ek het bietjie verslaap, maar die wêreld het seker nie tot stilstand gekom omdat ek nie 7 uur al by die melkery was nie.

    Jy moet nie parmantig met my wees nie mannetjie, dis tyd dat jy vaste verantwoordelikheid moet begin aanvaar, die lewe bestaan nie uit rond rinkink en laat nagte nie, ek het jou ligte 1uur laas nag na die huis sien opkom, dit help seker nie vir my om te vra, waar was jy tot daardie tyd van die nag nie?

    Pa, ons het by die Mynklub veerpyltjies gespeel, ek het nie geweet die tyd het so vinnig verby gegaan nie, toe ek sien is dit oor 12.

    Wilma, Hennie se ma, kom met ’n vars pot koffie van die kombuis ingestap. Môre Hennie. Môre ma. Koffie vir jou?

    Asseblief ma. Sy skink sy koppie vol. En jy Giel?

    Nee, dankie, ek gaan by die boonste kamp na die beeste kyk, moet nie vir middagete vir my wag nie .

    Giel staan op, neem sy hoed van die Kapstok, stap deur die kombuis, agter uit.

    Wilma gaan sit regoor haar seun. Ouboet, jy moet jouself bietjie regruk, jou pa se geduld begin min raak.

    Ag ma, mens is net een maal jonk, ek sal later soos ’n ou man op die stoep sit.

    Dis nie wat ek bedoel nie, jy gee bitter min aandag aan die boerdery, dit is tog jou erfenis, jy moet dit oppas en uitbou my kind.

    Ma verstaan nie, pa is so knorrig ek is te bang om my mond oop te maak om veranderings voor te stel, pa sal nie luister nie, my net afjak.

    Rietpoel

    Andries du Toit sit rustig op die bankie wat hy jare gelede langs die Poel gemaak het, dis hulle geliefkoosde plekkie, hier kyk hulle na die rooivinke waar hulle nessies aan die riete, aan die kant van die watergat bou. Die rooivink mannetjies met hul swart koppies is pragtig, die vink wyfies is maar afgeskeep, ligbruin en grys.

    Rooi vinke.

    As kind het hy en sy suster Sandra eiertjies uit die nessies gehaal, pragtige ligblou eiertjies. Hulle het met ’n naald die doppies bo en onder gaatjies in gemaak, dan blaas hulle die binne eiertjies uit, laat dit ’n paar dae droog word, dan ryg hulle die doppies met sterk garing in, hang dit om hulle nekke, soos ’n halsnoer.

    Sy suster Sandra wat saam met hom hier op Rietpoel grootgeword het, is twee jaar gelede in ’n ongeluk oorlede, sy het nooit getrou nie, haar verloofde het ’n week voor die troue net gebel en gesê, hy gaan met ’n ander meisie trou.

    Ag, wat help dit om daaroor te treur, hy en Toekie het nie kinders nie, so die du Toit geslag sal saam met hom uitsterf.

    Gelukkig het Toekie se broer David Grove en sy vrou Rita by hulle op Rietpoel kom bly, hulle seun Fanus en Drieka hulle dogter het vir hom en Toekie die lewe opgehelder, dis twee liewe kinders.

    Hy en Toekie het besluit om Rietpoel na hulle dood, aan Fanus te bemaak. Hy weet Fanus sal na sy ouers omsien, so hulle is ook versorg.

    Fanus weet nog nie van wat in hulle Testament staan nie, hy sal later vir hom sê.

    Rooipoort

    Karel Strydom en sy seun Wynand trek hulle perde op die hoogte in, rustig kyk hulle daar van bo af oor die plaas...Rooipoort, ja die naam beskryf die pragtige plaas presies wat dit is.

    Die rooi Kranse troon hoog bo die smal poort wat tussen die twee koppe deur gaan. Sy Oupa het die pad so in die Poort gemaak.

    Die pad gaan na die dorpie Goedehoop, dit is ook ’n raak beskrywing.

    Toe daar so veertig jaar gelede Koper op Daan du Toit se plaas ondek word, het almal hier goeie hoop gehad vir die toekoms.

    Die naaste dorpie destyds was Boskruin wat so vyftig myl van hier af geleë is.

    As kinders moes hulle almal, hy en Andries du Toit, Giel Vermaak en Herman de Wet na die koshuis op Boskruin gaan, om hulle skool opleiding daar te kry.

    Maandag môre donker nag moes hulle koshuis toe gaan, Vrydag middag het hulle teruggekom, hulle ouers het beurte gemaak om hulle weg te neem en weer te gaan haal.

    Andries du Toit was ouer as hy en Giel, maar Sandra, Andries se suster was jonger as hulle, Herman de Wet was net ouer as hy, hy staar oor die plaas, hy dink terug aan die begin jare, die Spoorweg halte was al jare in gebruik, boere het produkte daar op die trein gelaai, ook goedere afgelaai. Maar met die ontdekking van Koper op oom Daan se plaas, word daar toe ’n regte Stasie gebou, met ’n Stasiemeester en personeel aangestel.

    Die Mynkantore en Mynhuise was ook heel gou opgerig.

    Daar was nou heelwat kinders, so Onderwys Departement rig ’n drieman skooltjie op. Nou gaan die kinders nie meer koshuis toe nie. Dit was wonderlik, elke môre word die plaaskinders met ’n skoolbus na die skool gebring, middag neem die bus die kinders huis toe.

    Heel gou is die Skool so gewild dat daar ’n koshuis by die skool gebou word.

    Die skool kry nuwe onderwysers by.

    Die koshuis matrone Marie Meyer en Loeloe Wood sorg dat alles reg verloop in die koshuis. Daar is drie werkers wat die skoonmaak en tuin behartig.

    Wynand het sy Pa stil dopgehou, sy pa is met die verlede besig, ....hy kyk maar toe.

    Oom Karel voel sy seun se oë op hom. Ai Wynand,...ek het so aan die verlede gedink, ek het skoon van jou vergeet. Ek het so opgelet, Pa moet die ontstaan van die dorpie Goedehoop op skrif sit, ons kinders en die kleinkinders sal dit interessant vind.

    "Ja, my seun, dinge gebeur nie oornag nie, maar heel gou het die lidmate van die twee kerke die N.G en Hervormde kerk saamgespan en ’n kerksaal gebou, wat deur hulle gesamentlik gebruik en in stand gehou was.

    Sondag môre kom Ds. Grobler van Boskruin 9 uur kerk hou vir die N.G. mense, die middag 3 uur weer Ds. Geyser van die Hervormde kerk, hulle het met een motor van Boskruin af gery, die lidmate het hulle ontvang en versorg, na 4nm ry hulle weer saam terug Boskruin toe. Dit het so 5 jaar geneem, toe eers die N.G. gemeente’n pastorie gebou en Ds.Grobler beroep het, hy is nog al die jare hier op Goedehoop. Die Hervormde kerk het ook ’n pastorie gebou en Ds. Geyser het sy laaste jare hier gebly. In die begin het hulle nog die Kerksaal gedeel tot daar kerke gebou is."

    "Ja, my seun, jy sal eendag vir jou kinders kan vertel van Goedehoop se begin jare, kom ons gaan huis toe, jou ma wag seker al vir ons.’’

    "Pa moet anderdag vir my vertel wanneer julle vier plaas eienaars getroud is en waar julle die dames gaan haal het.’’

    Goed my seun, ek sal jou later vertel, daar was nogal drama hier rond voor almal veilig getroud is en julle kinders vir ons gebore is.

    Groenvlei.

    Mientjie kom na ’n uur by die kombuis deur ingestap.

    Môre moeder. Môre my kind, koffie vir jou. Asseblief ma, dit sal lekker wees. Lida skink vir hulle koffie, sit Mientjie se ontbyt wat sy in die louoond warm gehou het, voor haar neer.

    Dankie, Mamma

    Lida gaan sit by Mientjie aan die tafel. My kind jou pa is nie gelukkig dat jy met Vonk na die grensdraad ry, om Fanus te ontmoet nie.

    Maar mamma, wat kan ek doen, pa is nie geneë dat Fanus hier by die huis vir my kom kuier nie, wat het Pappa teen Fanus?

    Ek glo nie daar is iets spesefiek wat jou pa teen die jongman kan hê nie, dis maar net jou pa voel Fanus sal nie vir jou kan sorg nie.

    Ja, mamma, Hennie van Kranskop.... sal in pa se oë vir my kan sorg, met oom Giel se geld, want hy wat Hennie is, het nog nie een dag se werk gedoen nie, hy ry op en af dorp toe met sy Sportmotor wat oom Giel vir hom gekoop het.

    Dis alles waar Mientjie, maar hoe gaan ons jou pa laat besef, dat Fanus ‘n honderd keer beter as Hennie is.? Fanus het vanoggend vir my gaan wys waar gaan hulle’n Sitrusboord aanlê, hulle gaan lemoene, naartjies en jaarlemoene plant.

    "Met die mynwerkers wat in die dorp woon, sal hy ’n goeie afset vir sy sitrus hê.

    Hy is op die Trekker besig om die grond gereed te kry, hy het klaar die water aangelê. Volgende week gaan hy op Boskruin die boompies haal, hy het gevra of ek wil saamgaan, hy ry met die groot Trok."

    Jy moet maar jou pa vra my kind.

    Kan mamma nie bietjie voorspraak vir ons by pappa maak nie asseblief.

    Ek sal kyk wat ek kan doen, my kind.

    Kranskop

    Giel van Kranskop, kom laat middag by die huis terug, dis warm hy is dors. Wilma het hom hoor stilhou met die bakkie, sy haal lemoensap en ys uit die yskas, sy gaan sit dit op die stoeptafel neer, sy weet as Giel klaar hande gewas het, sal hy op die stoep kom sit, dis die koelste plek in die huis.

    Boeta kom in die Rolstoel op die stoep uit. Kan mamma vir jou koeldrank ingooi my kind? Asseblief mamma, ek is dors. Hoe vêr het jy met die blokkies raaisel gekom? Ek is amper klaar, daar is ’n paar blokkies wat ek nie die antwoorde ken nie. Ek sal jou later kom help, miskien weet ek wat is die antwoorde. Dankie, mamma.

    Giel kom sluit by hulle aan. Middag vrou, dagsê Boeta. Middag pappa, was pa by die verste kamp by die beeste? Ja, Boeta, alles is nog reg daar, as ek weer gaan, sal ek jou saamneem. Dit sal lekker wees pappa,...... is die hawer al op? Ja, dit staan groen in die lande.

    Kan ek jou kos hier na die stoep bring my man? Ja dankie dis lekker koel hier. Wilma gaan die dienwaentjie met Giel se kos en slaai haal, Sy dek ’n plek voor hom op die tafel, sit alles waar hy dit kan inskep.

    Daar is rooi jellie en vla op die waenjie. Jellie en vla vir jou Boeta? Asseblief mamma dit lyk lekker. Wilma skep vir hom ’n bakkie vol, stoot sy stoel tot teen die tafel, sodat hy gemaklik kan eet.

    Ai tog, haar hart is seer vir hierdie kind van hulle, hy het polio gekry toe hy vier jaar oud was, dit het hom die gebruik van sy bene laat verloor, gelukkig is sy bolyf gespaar, hy kan in die Rolstoel skool gaan, sy maatjies help hom baie mooi, daaroor is sy baie dankbaar, hy is nou in matriek. Boeta stel belang in die boerdery, hy weet van alles op die plaas, sy ouboet Hennie laat haar kommervolle nagte wakker lê, as hy saans so laat terug kom huis toe. Sy weet nie wat kan sy doen om hom meer te laat belangstel in die Stoetvee en ander plaas werk nie, sy was gekant daar- teen, toe Hennie sy pa vra vir die Sportmotor. Giel het toegestem op voorwaarde dat hy nie onnodig sal rondry nie,......dit het net ’n maand gehou, nou is hy meer weg van die plaas, kuier in die dorp rond.

    Giel vra. Het jy ’n idee waar jou oudste seuntjie hom bevind vrou en wat hy doen? Jy bedoel seker ons oudste seuntjie?... Ek het jou gesê toe die Sportmotor kopery onder bespreeking was, ek keur dit nie goed nie, koop vir hom ’n bakkie, waarmee hy ook op die plaas kan werk, maar nee, jy het jou kop gevolg, nou is my....seuntjie, meer in die dorp as op die plaas.

    Rietpoel

    Toekie kyk of sy Andries sien aankom, sy het hom vroeg môre sien afstap na die Poel, hy sit seker op die bankie en dagdroom. Sy is jammer dat hulle nie kinders kon hê nie, hulle sou graag een of twee wou hê, maar dit was hulle nie beskore nie. Gelukkig het David haar broer en Rita sy vrou, by hulle op Rietpoel kom bly, hulle twee kinders Fanus en Drieka is soos hulle eie twee kinders.

    Toekie besluit om ’n fles tee te maak en daar by Andries te gaan sit, dis so rustig daar. Sy neem ’n paar gemmer koekies saam. Andries sien Toekie aankom, haar mooi bruin hare begin ’n paar silwer streepies in kry, met haar groot bruin oë het sy dadelik sy aandag getrek, sy was die nuwe Afrikaanse onderwyseres, Wim du Preez die hoof, het vir hom geknik, dit het hom die moed gegee om homself aan haar voor te stel, welkom te heet in die gemeenskap, hy was baie teleurgestel toe hy ’n verloofring aan haar vinger sien.

    Maar dit het hom nie afgeskrik nie, die ou mense sê mos, as’n voël nog vlieg, kan ’n man dit mos skiet. Haar vriendelike geaardheid het hom dadelik gemaklik laat voel, hulle het gesels oor die skool en kinders, hy het haar vertel, voordat Goedehoop ’n skool gehad het, moes die plaas kinders in die koshuis op Boskruin bly, toe hy in std.5 was, het Goedehoop, nadat Kopererts op oom Daan du Toit se plaas ontdek is, eers ’n skool gekry.

    Toe het hulle met die Skoolbus gery en die middag weer terug.

    Ansie van He erden, een van die ander onderwyseresse kom roep vir Toekie om met iets te kom help.

    Hy groet haar,..... maar hy Andries het geweet, Toekie is sy trouvrou , hy gaan alles in sy vermoë doen om haar liefde te wen.

    Rooipoort

    Susan kyk op na Rooipoort of sy Karel en Wynand sien aankom, die ete is lankal gereed, maar sy en Amanda wag op hulle, dis so selde dat hulle as gesin die kans kry om saam te eet.

    Van dat Amanda in Pretoria haar onderwys opleiding begin het, is sy net vakansies by die huis.

    Karel en Wynand

    Susan hoor die perde buite proes, sy haal lemoensap en ys uit die yskas, sit die koue hoender, aartappel slaai en groen mengelslaai alles op die dienwaentjie,

    stoot dit stoep toe.

    Amanda het die tafel klaar gedek, mooi potjie met rose in, op die tafel gesit.

    Karel en Wynand kom by die kombuis deur in.

    Ai vrou, dis my skuld dat ons so laat is, ek het aan die ou dae gedink en skoon vergeet die tyd stap aan.

    Ja, ma, pa moet die ou dae se dinge opskryf, sodat ons en die kleinkinders, dit kan lees, selfs die ander plaas eienaars sal dit seker ook geniet.

    Ja, pappa ons wil almal weet, praat Amanda van die gang af, ook waar die ander plaas eienaars hulle vroue gekry het.

    Goed my meisie, ek sal skryf, dan tik jy dit, dan maak ons ’n onthou boek.

    Ons is nou by julle, ons gaan net hande was, die mans stap badkamer toe.

    Susan en Amanda neem alles tafel toe, dis koel op die stoep, daar waai altyd ’n windjie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1