Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Papierblomme
Papierblomme
Papierblomme
Ebook245 pages4 hours

Papierblomme

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Janine was maar klein toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet. Sy wou ten alle koste wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar ken. Haar kans kom toe Greg Walker die Engels klas oor neem. Met drome in haar oë gaan sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe maak. Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel?
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateAug 18, 2019
ISBN9780796321435
Papierblomme
Author

Helena Hugo

Helena Hugo is die skrywer van verskeie topverkopers soos o.a. Haar naam is Ragel. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Read more from Helena Hugo

Related to Papierblomme

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Papierblomme

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Papierblomme - Helena Hugo

    Papierblomme

    HELENA HUGO

    Lux Verbi

    Opgedra aan Irene Cornelissen: skrywer, redakteur en vertaler, boekliefhebber en leesvriendin.

    As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges?

    – Matteus 6:30

    1

    Alles, elke ding het sy tyd, dis wat die Bybel sê. Elke lewende wese, elke plant, dier en mens wat asemhaal, het ’n begin, ’n middel en ’n einde; tyd om gebore te word, te lewe en te sterf, om te onthou en te vergeet. Maar wanneer Janine aan haar lewe terugdink, is daar dae en tye wat sy nie kan vergeet nie. Toe sy sewe jaar oud was, het daar ’n deur tussen haar en Jesus die Here toegeklap. Om dit oor te vertel, besef sy, moet sy teruggaan na die winter van 1990. Selfs nou, ná al die jare, onthou sy dit asof dit gister gebeur het, en word sy weer klein. Dit was koud daardie oggend …

    Janine is nie lus om op te staan nie, maar sy moet badkamer toe en die son loer al deur die spleet tussen die gordyne en sny haar balletprent middeldeur: Die een helfte is vaal, die ander helfte pienk. Sy tel tot drie, stoot die komberse van haar af en sit regop.

    Watter dag is dit vandag? Haar skoolrokkie hang nie oor die stoel nie. O ja, Sondag. Sy gaan na die klein kerkie, Mamma en Pappa na die groot kerk. Snaaks dat Mamma nie kom kyk of sy wakker is nie.

    Die telefoon lui.

    Sy soek haar pantoffels onder die bed, en kry hulle aan hul haasore beet. Haar kamerjas lê op die bed se voetenent. Sy trek dit aan en gaan staan voor die venster. Die gordyne het pienk rosies, sy het dit self gekies. Saans trek Mamma hulle toe, soggens maak sy hulle oop. Vandag doen sy dit self. Sy moet wegkyk, want die son skyn in haar oë. Miskien is Mamma en Pappa moeg. Hulle was gister Pretoria toe, dis hoekom tannie Jessie by haar kom bly het. Sy en tannie Jessie het Little Mermaid gekyk, twee keer agtermekaar.

    Daar lui die telefoon weer. Iemand is wakker, want iemand antwoord. Wie bel tog so aanhoudend?

    Toe sy die deur oopmaak, staan daar ’n vreemde tannie in die gang. My arme kind. Sy steek haar arms uit asof sy haar wil gryp. Jessie! roep sy na die sitkamer se kant. Sy’s wakker!

    Die volgende oomblik staan tannie Jessie by hulle en huil. Ninatjie … Tannie Jessie kyk na haar met rooi oë. Hoe sê ek dit vir jou?

    Janine word bang. Mamma! skree sy. Ma!

    Tannie Jessie se arms hang. Sy’s weg.

    Is nie!

    Die ander tannie kniel voor haar, sit haar hande op haar skouers. Hulle voel swaar. Janine, luister vir juffrou, kyk vir my. O, sien sy nou, dis die juffrou van haar kleinkerkie, juffrou Dina. Mamma en Pappa was in ’n lelike ongeluk, hulle het baie seergekry. Toe kom haal liewe Jesus hulle en vat hulle hemel toe. Hulle sal nie weer terugkom nie.

    Janine wil nie meer hoor nie. Sy hardloop in die gang af. Mamma! Pappa! Kyk vir juffrou Dina, sy jok.

    Die sitkamer sit en staan vol tannies en ooms met lang gesigte, hulle kyk vir haar. Daar is ’n swart ding in die lug, ’n gedreun en ’n gefluister. Janine kan dit nie meer hou nie. Sy piepie in haar broekie; haar bene, haar haasoorpantoffels, die mat onder haar voete, alles is papsopnat.

    Janine is in graad twee. Sy hou van juffrou Kotie, maar sy wil nie meer skool toe gaan nie. Want netnou besluit Mamma en Pappa om in skooltyd huis toe te kom. Dit sê sy nie, sy gaan net nie skool toe nie. Tannie Jessie neem vakansie by die werk. Sy kom bly by haar.

    Janine wag en wag, maar haar mamma en pappa bly weg.

    Sy huil nie meer nie. Sy is groot, sy het die sestiende Junie verjaar, toe word sy sewe. Hulle het partytjie gehou. Sy het die balletprent gekry wat Pappa teen haar kamermuur opgehang het, en ’n grootmens-Bybel wat sy volgende jaar self sal kan lees. Daar was ’n koek wat soos ’n sewe lyk met sewe kersies en sewe balletpoppies. Dit was ’n groot partytjie. Haar beste klasmaats was daar, meisies en seuns. Pappa en die ooms het met die seuns gespeel, Mamma en die tannies met die meisies.

    Later het almal met mekaar gespeel. Dit was die laaste keer dat hulle gespeel het.

    Vandag hou hulle begrafnis. Sy het ’n wit rokkie aan. Dis nuut. Sy staan langs ouma Leen. Hulle groet die mense by die kerkdeur. Almal wil aan haar vat. Dit maak haar so benoud sy kruip agter ouma Leen weg. Hulle sit reg voor in die kerk, sy sit tussen ouma Leen en oupa Koen. Die orrel speel stadig.

    Dominee Kobus kyk af, hy ken haar naam en hy praat met haar. Hy jok nie, want dominees mag nie jok nie. Haar mamma en pappa, weet sy nou, sal nie weer terugkom nie.

    Nadat dominee klaar gepreek en tannie Jessie vorentoe gegaan en gepraat het, en oupa Koen nie sy woorde kon uitkry nie omdat hy te veel huil, loop almal na die saal langs die kerk. Hulle eet en drink en lag en gesels. Die kerk se mense, tannie Jessie, haar juffrou, haar maats se mammas en pappas, almal – net nie die kindertjies nie.

    Tannie Magda bring vir haar ’n bord koekies. Miatjie is nog te klein vir ’n begrafnis, sê sy, sy sal Saterdag by jou kom speel.

    Oupa Koen gaan terug Kaap toe om te werk. Tannie Jessie en ouma Leen bly by haar. Hulle maak die huis skoon en pak alles uit die kaste in bokse. Vreemde mense loop deur die huis.

    Sy en Sokkies die kat sit voor die TV en kyk Spiderman.

    Ons hou haar uit die skool tot dit beter gaan, sê ouma Leen. Dis maar die beste.

    Tannie Magda en Mia kom Saterdag kuier. Tannie Magda help vir Ouma-hulle, sy en Mia speel met hulle Barbies.

    My ma sê, begin Mia, jou pa ry te vinnig. Dis hoekom hy die kar omgegooi het.

    Is nie! Tannie Jessie sê dit was ’n kop-aan-kop botsing.

    Mia kap haar Barbies se koppe teen mekaar. So en so?

    Ken se kop val af en rol oor die vloer.

    Janine word naar, sy spring op en gaan kruip in die pakkamer weg. Hulle roep haar, maar sy antwoord nie.

    Mia is nie meer my maat nie, sê sy toe hulle weg is en tannie Jessie haar tussen die spinnedrade uithaal.

    Goed so, sê tannie Jessie, van nou af is ek en jy beste maatjies.

    Ons trek oormôre, sê ouma Leen. Pak jou speelgoed en jou skoolboeke.

    En my skoolklere?

    Dis nie nodig nie. Oupa het jou by ons dorp se kerkskool ingeskryf. Hulle dra nie skooldrag nie.

    Lekker, nè? sê tannie Jessie. En hulle hou nog vakansie, amper die hele winter deur.

    Gaan Sokkies ook saam?

    Ouma Leen en tannie Jessie kyk vir mekaar en sê niks.

    Die nag droom Janine Sokkies sit op die dak en kyk hoe hulle inpak. Hy miaau en miaau, maar niemand hoor hom nie.

    Die volgende oggend vroeg kom oupa Koen in sy bakkie. Hy en die bure se tuinman laai die bokse en van die meubels agterop. Haar bed gaan saam, haar balletprent en klere, skoene, speelgoed en boeke, die rosiesgordyne ook. Niemand vra haar of sy wil gaan nie, maar sy gee nie om nie. Sonder Mamma en Pappa wil sy nie in die groot huis agterbly nie.

    Tannie Jessie kom groet, sy belowe om Sokkies op te pas. Toe hulle wegry, sit hy op die dak en miaau.

    Janine sit tussen ouma Leen en oupa Koen. Sy huil tot sy nie meer trane oorhet nie.

    2

    Die pad Kaap toe is lank. Hulle ry na die dorp waar Pappa klein was en skoolgegaan het. Oupa het visgevang, deesdae maak hy alles reg wat stukkend is. Laas, toe hulle gekuier het, het Pappa hom gehelp om iemand se dak wat afgewaai het, weer op te sit. Ouma Leen bak van vroeg tot laat koekies en koeksisters. Dis lekker om daar te kuier, want hulle ry omtrent elke dag see toe.

    Ouma en Oupa se huis het ’n stoep. Daar hang stringe skulpe aan die balke, dit maak musiek wanneer die wind waai. Oupa het ’n stokou hond wat nie tande het nie en heeldag slaap. Mamma en Pappa slaap vakansies in die vrykamer. Janine slaap op die eetkamerbank.

    Teen die muur bokant die bank hang die huishorlosie wat heelnag deur tik-tak en ding-dong-dang. Die horlosie het nie ’n lyf nie, net ’n gesig met bene wat heen en weer swaai. Oupa sê dis nie bene nie, dis arms. Daar is twaalf syfers en drie wysters op die gesig. Een skuif stadig aan, een bietjie vinniger, die dunste een die vinnigste. Oupa sê dis die uurwyster, die minuutwyster en die sekondewyster. Janine onthou die woord wyster, want Pappa en Oupa stry of dit wyser of wyster is. Dis lekker om die t uit te spoeg, daarom kies sy wyster. Die wysters skuif aan en aan. Tik-tak, tik-tak, ding-dong-dang.

    Werk Oupa se horlosie nog? vra sy toe hulle al ver van Johannesburg af ry.

    Oupa kyk op sy arm. Perfek, sê hy.

    Die múúr se horlosie.

    Ek het hom opgewen voor ek weg is, sê Oupa.

    Toe weet sy niks kan vanself aanhou werk nie.

    Langs die pad kuier hulle by Oupa se broer. Hy is oom Jaap wat in die Karoo met skape boer. Die tannie is ook al in die hemel en oom Jaap bly in ’n kamer in sy eie huis, want sy seun en sy seun se vrou het die huis oorgeneem. Dit is amper aand en Oupa sê sy mag op die werf gaan loop. Janine verwonder haar aan die hoenders en volstruiskuikens wat oral rondkrap. Die groot volstruise het lang nekke. Hulle staan agter ’n draad en loer vir haar met groot oë.

    Sy verwonder haar tot haar ouma haar kom haal om hande te was en te eet: skaaptjops en boontjies en beet. Die tjop is so groot, sy kan dit nie inkry nie. Oupa vat dit, sny vir hom al die vleisies van die beentjie af, suig die murg uit en maak vir Ouma skaam. Oom Jaap gee hom die laaste tjop in die skottel.

    Die poeding is gebakte vla, sê die tannie, haar naam is Sanet, my ma se resep.

    Oupa eet nie poeding nie, hy hou hom besig met sy tjoppie. Sy hele bord is vol beentjies.

    Toe hulle klaar geëet het en al die borde en koppies en bakkies van die tafel afgedra is, gee tannie Sanet vir oom Jaap die Bybel aan. Hy lees van Jesus wat by ’n begrafnis aangekom het en die dooie man beveel het: Ek sê vir jou, staan op! Toe sit hy regop en word weer lewend en almal vertel vir mekaar wat Jesus gedoen het.

    Pa, hoekom …? vra tannie Sanet.

    Dit was ons volgende gedeelte, sê hy en klap die Bybel toe.

    Die oom se seun bid: Hy vra vir reën, hy sê niks oor dooies wat weer lewend word nie.

    Janine wens Jesus het Mamma en Pappa weer lewend gemaak. Hy kon, maar Hy het nie. Toe vat Hy hulle hemel toe. Hoekom?

    Die grootmense praat oor die beste pad wat Oupa moet ry en kinders mag nie intjip nie, toe vra sy maar niks.

    Die huis se vloere kraak. Hulle slaap in ’n groot kamer, so groot die wind waai dwarsdeur. Oupa snork heelnag. Die oggend hoor sy hane kraai en skape blêr. Dis bitterlik koud! Hulle trek gou aan. Ouma maak die beddens op. Oupa lig met sy flits in die kamer rond om te sien of hulle iets vergeet het. Hulle gaan kombuis toe, eet pap en wors en drink koffie. Sy kry warm melk, want Ouma sê koffie gee vir kindertjies vlooie in die maag.

    Die ooms kom van buite af in. Die son skyn nog nie, en hulle het klaar hoede op wat hulle dadelik afhaal. Hulle help vir Oupa om die tasse op die bakkie te laai, ook ’n boks met ’n skaap wat in nat koerante toegedraai is. Oom Jaap en tannie Sanet-hulle staan op die stoep en waai.

    Ten minste het hy nog sy seun, sug Oupa.

    Ouma sê niks. Sy kyk net voor haar uit. Janine rus met haar kop teen Ouma se skouer. Die bakkie dreun, die son kom op en sy raak aan die slaap. Hulle ry ’n hele dag voor hulle by die berge uitkom. Sy kyk by die venster uit en verwonder haar aan die blomme en bome.

    Is die Kaap in die paradys? vra sy.

    Die paradys was in Israel, antwoord Oupa. Dit bestaan nie meer nie, oor die sonde van die mensdom.

    Ouma druk haar vas. Ek sal jou leer, my liefkind, ek sal jou alles leer, alles wat ’n meisiekindjie van die lewe moet weet.

    Eindelik draai hulle van die teerpad af en ry op die grondpad na Ouma en Oupa se dorp. Dis ’n klein dorpie met twee kerke, een winkel, een garage en tien huise, sy dink dis tien. Ouma klim uit om die hek oop te maak. Die hond wat altyd by die hek gewag het, is nêrens.

    Oupa, waar is Wagter?

    Oupa kyk vorentoe. Dood.

    Arme Wagter. Verlang Oupa na hom?

    Ek mis hom, maar ’n mens raak gewoond aan verlies.

    Verlies, dink Janine, dit is ’n hartseerwoord.

    Hulle ry deur die oop hek en hou stil.

    Oupa spring uit en kom help haar veilig tot op die grond.

    Bring eerste die skaap, roep Ouma van die voordeur se kant.

    Die tuin is deurmekaar. Party blomme lyk of hulle wil omval en doodgaan. Die druiwe het nie groen blare nie, net droës en rosyntjies. Die suurlemoenboom hang vol suurlemoene.

    Oupa dra die kosmandjie en die boks met die vleis in. Ek sien Sagrys het woord gehou en natgegooi.

    Die goed moet gesnoei word, kla Ouma.

    Sy stoot die voordeur oop. Die huis is koud en donker en ruik na stof. Tik-tak-tik-tak, verwelkom die muurhorlosie hulle. Ouma skakel ligte aan sover sy loop.

    Janine gaan staan voor die horlosie. Hallo, jou ou Ding-dong-dang.

    Die lappieskombers op die bank is opgevou. Bokant die kaggel hang ’n spieël met ’n skulpieraam en baie portrette: van Mamma en Pappa toe hulle getroud is, van tannie Jessie met haar verpleegsterskappie op haar kop, en die meeste van Janine die baba en Janine die dogtertjie.

    In die middel van die tafel staan ouma Leen se beste blompot.

    Ouma trek met haar vinger oor die tafelblad. Stof, sê sy. Kom ons gaan kombuis toe, sit die ketel aan vir tee en dan reguit bed toe. Jy sal vanaand nog op die bank moet slaap. Môre hang ons jou gordyne en maak jou bedjie op, dan het jy jou eie kamertjie.

    Janine is moeg. Sy sit by die kombuistafel, haar kop op haar gevoude arms.

    Ouma bly besig. Sy haal die teeketel uit, dek die koppies en borde en pak die kosmandjie uit. Daar is nog toebroodjies en frikkadelle. Ons eet oorskiet, môre kook ek weer.

    Oupa loop verby met ’n tas in elke hand. Waar wil jy dié hê?

    Jy gaan nie vanaand alles afpak nie, keer Ouma.

    Net wat ons nodig het. Jimmie kan my môre kom help.

    Môre, dink Janine, alles gebeur môre. Skielik word sy vreeslik bang vir al die môres wat nog op haar aangestorm sal kom.

    3

    Ouma maak twee warmwatersakke, pak haar toe met drie komberse en soen haar goeienag. Die muurhorlosie tik-tak haar aan die slaap. Die volgende oggend val sy amper van die bank af van sy harde geding-dong-dang. Sy steek haar voete in haar nuwe pantoffels, pienkes met strikkies omdat tannie Jessie die haasore in die wasmasjien gegooi het en hulle uitmekaar gerafel het. Goed so, sy wil hulle nie meer hê nie.

    Maar sy verlang na Sokkies en haar pophuis wat hulle nie kon saambring nie, én heeltyd na Mamma en Pappa. Sê nou iemand het ’n fout gemaak en die verkeerde mense begrawe?

    Janine wil net begin huil, toe stoot Ouma die gangdeur oop. Sy het ’n voorskoot aan en ’n verestoffer in die hand. Middag, liefieding, is jy eindelik wakker? Sy pluk die groen gordyne voor die venster oop. Ouma het jou gelos dat jy uitslaap, maar dis nou tyd om op te staan. Op is jy, en in jou eie kamertjie.

    Sy loop agter Ouma aan. Die gang is koud en donker. Ouma maak die tweede deur wyd oop, en skielik is daar sonskyn. Dit was my naaldwerkkamer, maar ek is geholpe. Jou oupa het vir my ’n gedeelte van die agterstoep afgeskort. Die vrykamer hou ons oop vir kuiergaste.

    Mamma en Pappa, as hulle my kom soek, wil Janine sê en keer haarself betyds.

    Haar nuwe kamer se mure is wit, nie geel soos haar ou kamer nie. Die rosiesgordyne hang en haar bed is opgemaak. Die gestreepte matjie voor die bed is grys, blou en rooi. Haar balletprent pryk hoog teen die muur. Onder die prent staan haar eie lessenaar en stoel.

    Tevrede?

    Ja, Ouma. Dankie, Ouma.

    Janine doen alles wat haar ouma sê. Sy hang haar rokke in die klerekas en bêre die res in die laaie. Haar Pink Panther en hartjiekussings kom op haar bed, die Barbies op die boekrak. Haar Bybel, skoolboeke en storieboeke op die middelste rak. Die silwerbeker wat sy vir vinnig hardloop gewen het, sit sy langs die portret van haar en Mamma en Pappa by die dieretuin. Agter hulle steek ’n kameelperd se nek uit, sy kop is afgesny.

    Met die fotoalbum wat Mamma vir haar gemaak het, gaan sit sy op die bed en blaai dit deur. Sy was ’n vet babatjie. Mamma en Pappa

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1