Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Waterding: Rillers
Die Waterding: Rillers
Die Waterding: Rillers
Ebook69 pages49 minutes

Die Waterding: Rillers

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is weer vakansie op Bloubaai. Maar dié sorgvrye tydjie loop ontsettend verkeerd vir Stefan en Lana – en hulle moet baie vinnig antwoorde op ’n paar tergende vrae vind. Wat steek die vervalle ou houthuis aan die voet van die krans weg? Wat het die vrou op die strand so bang gemaak? Wat is die geheimsinnige Bart se rol in die gebeure? En wat is die raaisel van die Ding?
LanguageAfrikaans
Release dateMar 15, 2012
ISBN9780798156929
Die Waterding: Rillers
Author

François Bloemhof

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent en -joernalis. François was ook al verhaleredakteur vir Sarie en boekeredakteur by Die Burger. Hy woon in Durbanville.

Read more from François Bloemhof

Related to Die Waterding

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Waterding

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Waterding - François Bloemhof

    title.jpg

    Vir almal wat van water hou.

    (Maar wees versigtig . . .)

    F. B.

    1

    ______________

    Aankoms

    Dit voel of die laaste paar kilometer na die woonwapark net aanhou en aanhou. Stefan is al lus om uit die motor te spring en vooruit te hardloop.

    Sy pa ry altyd so stadig! As hy uitspring, sal hy nie eens hoef te hardloop nie – hy sweer hy sal vinniger kan lóóp.

    Hy kyk om. Agteraan die motor kom die woonwa getrou aangeskommel. Hy wil op geen ander manier vakansie hou nie. Want só kom hulle altyd aan die einde van die jaar weg van alles af, net hy en sy pa en sy ma en hierdie huis-op-wiele.

    Uiteindelik, daar voor sien hy die blou water!

    Stefan se hart begin vinniger klop, soos altyd wanneer hulle op Bloubaai kom. Daar is nie nog so ’n plek nie. Maar dit gaan nie net oor die woonwapark, die heerlike see, die strand met sy wit, wit sand nie.

    Dit gaan ook oor ’n sekere iemand …

    Toe hulle verby die groot, geel paalhek is en deur die woon­wapark ry op soek na hulle staanplek, sien Stefan daar is reeds baie woonwaens.

    Ons moet nou amper op die regte plek wees, sê sy ma. Dis nommer sewentien in dié ry.

    Elke jaar kry hulle ’n ander staanplek, dit hang maar af van die mense in die kantoor.

    Stefan rek sy nek. Hy kyk en kyk, dan gewaar hy Lana-hulle se woonwa. Dit moet hulle s’n wees, want net hulle het so ’n helder turkoois tent. Hulle is ook al van vandag af hier, maar het reeds vanoggend aangekom. Lana het vir hom ’n SMS gestuur.

    Dis al laatmiddag. As sy pa tog net vinniger wil ry!

    Daar is dit, beduie sy pa na ’n oopte wat die ry woonwaens haasbek laat lyk. Hulle ry nog stadiger.

    Die woonwapark is ’n gedruis van uitbundige vakansie­gangers. Dit groet oor en weer, mense loop en roomys eet en ’n paar kleintjies hardloop gillend agter ’n bont bal aan. Gro­ter kinders speel tennis in die pad.

    Die atmosfeer is aansteeklik, maar Stefan weet daar sal nou eers gewerk moet word voor die vakansie in alle erns kan begin.

    Hulle haak die woonwa los en slaan die tent op. Dit is die vinnigste wat hulle dit in jare gedoen het, want Stefan gee tentpale aan nog voor sy pa daarvoor kan vra. Hy weet mos al wat gaan waar.

    Toe die tent staan, moet hy eers nog help afpak en indra: stoele, die opslaantafeltjie, die strandsambreel …

    Dit voel vir hom na ’n absolute ewigheid voor hulle klaar is.

    Is daar nog iets, Pa?

    Wil jy hê daar moet nog iets wees? lag sy pa.

    Kan ek maar waai?

    Sy pa kyk betekenisvol na sy ma voor hy sê: Ja, toe, gaan groet die mense.

    Stefan se ma lag. Hulle weet goed hy wil eintlik net één mens gaan groet.

    Vinnig loop hy tot by Lana-hulle se woonwa, maar hy kry net haar ouers daar.

    Waar’s Lana, Tannie?

    Groet jy nie eers nie? lag haar ma. Lana is af strand toe, seker so ’n halfuur gelede. Gaan kyk maar of jy haar kry.

    Dit voel lekker om weer so sonder skoene te loop, die klip­pertjies byt in sy voetsole in. Maar sy voete sal gou taf raak.

    Stefan is nog by die sementtrappies wat aflei strand toe, toe hy haar sien. Daar is min mense op die strand, want dit begin al amper donker raak. Sy loop in die vlak water en het hom nog nie raakgesien nie. Sy kyk stip voor haar en kom in sy rigting.

    Hy hardloop by die trappies af en kruip agter ’n palmboom weg. Stefan wag tot hy haar voetstappe op die paadjie hoor, en spring dan voor haar in.

    Magic!

    Haai! Sy het geskrik,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1