Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se prys (#15)
Saartjie se prys (#15)
Saartjie se prys (#15)
Ebook134 pages2 hours

Saartjie se prys (#15)

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Saartjie lees in ’n tydskrif van kinders in Amerika wat ’n vriendelikheidsveldtog geloods en almal om hulle se lewens verander het. Sy besluit die Drie Muskiete moet hierdie goeie voorbeeld volg, maar Anna en Lina is nie so gretig om saam te speel nie. Wanneer Lynnekom se rabbedoe hulle uiteindelik ompraat om saam met haar die toonbeeld van vriendelikheid en goeie maniere te wees vermoed almal onraad, veral die seuns. Is Saartjie-hulle weer besig met een of ander skelmstreek? Saartjie se ouers kry ’n uitnodiging na ’n tuinparty by die staatspresident se woning. Haar ma maak vir haar ’n pragtige rok en haar pa gee vir haar geld om ’n spesiale handsak te koop. Saartjie loop die stad plat op soek na die handsak van haar drome, maar kry nêrens waarna sy soek nie – totdat ’n liefdadigheidsorganisasie ’n kompetisie by die skool uitskryf om geld vir kreupel kinders in te samel. Die prys vir die meisie wat die meeste geld bymekaar maak, is presies die handsak wat ons heldin so begeer en sy laat nie op haar wag nie. Saartjie begin kollekteer dat dit klap en reël boonop ’n fees wat skrik vir niks nie!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154543
Saartjie se prys (#15)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se prys (#15)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se prys (#15)

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se prys (#15) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Die vriendelike meisies

    Hoofstuk 2

    Die geraamte

    Hoofstuk 3

    Strafwerk

    Hoofstuk 4

    Die blou handsak

    Hoofstuk 5

    Saartjie kollekteer

    Hoofstuk 6

    Planne

    Hoofstuk 7

    Die groot fees

    Hoofstuk 8

    Saartjie se prys

    15Sseprys_icon.tif

    1

    Die vriendelike meisies

    Haai! sê Saartjie bly toe haar twee boesemvriendinne, Anna en Lina, by haar kamer inkom.

    Haai jouself, groet hulle saam op die tipiese Lynnekom-manier terug en kom sit-lê ook op haar bed.

    Die twee het besluit om gou voor aandete ’n draai by Saartjie te kom maak om ’n bietjie te gesels.

    Saartjie sit die boek waarin sy gelees het neer.

    Wat’s nuus? vra Lina, ’n langbeenmeisie met blonde vlegsels wat op haar rug hang.

    Ek het niks nuus nie, sê Saartjie.

    Ons ook nie, sê Anna. Sy is effens geset en het ’n ronde, vriendelike gesig.

    Saartjie Baumann, Anna Strydom en Lina Rens is al jare lank beste maats. Anna woon langsaan Saartjie en hulle twee ken mekaar vandat hulle babas was en uit hul stootwaentjies vir mekaar gelê en lag het.

    Lina het eers by die twee aangesluit toe hulle in graad vier was. Van toe af is die drie onafskeidbaar en vandag is hulle al veertien jaar oud en saam in graad nege in die bekende Hoërskool Saamwerk.

    Lynnekom is ’n voorstad van Johannesburg wat knus tussen twee heuwels lê. Aan die kant van een van die heuwels staan dokter Jan Baumann se pragtige dubbelverdiepinghuis. Saartjie woon hier saam met haar ouers en haar twee broers, Kris en Apie.

    Kris is twee-en-twintig en ’n student aan die universiteit. Apie is ’n tienjarige karnallie in graad vyf hier in Lynnekom se laerskool.

    Apie – sy regte naam is Abraham, maar die mense noem hom net só wanneer hulle kwaad vir hom is – is ’n lewenslustige knapie wat gereeld in die moeilikheid is. Hy het ’n paar jaar gelede uit ’n boom geval en sy twee voortande verloor – altans, dit is wat hy gesê het, en hy het daarmee volgehou. Apie het egter ook ’n yslike blouoog gehad waarvoor hy nie so ’n goeie verklaring kon gee nie. Volgens hom moes dit seker maar gebeur het toe hy uit die boom geval het.

    Apie hou nogal van sy effense haasbek. Hy kan nou met sy tongpunt speel deur die opening waar sy voortande skitter in hul afwesigheid en sisgeluide daardeur maak – gewoonlik wanneer hy nie met iets saamstem nie of baie kwaad is.

    Saartjie Baumann is ’n pragtige, lewenslustige meisie. Dit is al ’n algemene sêding hier in Lynnekom – waar Saartjie is, gebeur daar altyd iets. Hierdie rabbedoe is elke keer aan die voorpunt van watter avontuur ook al die kinders aanpak.

    Aangesien die meisies nie vir mekaar nuus het nie, sit hulle nou maar net by Saartjie se venster en uitstaar.

    Haar kamer is op die tweede verdieping. Op helder, skoon dae kan ’n mens Johannesburg se wolkekrabbers hiervandaan ver op die horison sien. As jy jou kop dan laat sak, sien jy Lynnekom hier voor jou – die hoofstraat waar die winkels is, die kerk en die kerksaal, die laerskool en die voorstad se huise. Saartjie ken omtrent elke gesin wat daar woon.

    Die drie vriendinne staar nou na die hoë geboue in die verte wat in ’n rooi skynsel gehul is terwyl die son se laaste strale daarop rus.

    Dit lyk amper soos ’n sprokiesland, sê Saartjie.

    Die son sak al verder in die weste weg en al die rooi word geleidelik grys. Die drie meisies verkyk hulle aan die pragtige sonsondergang.

    Wanneer hulle uiteindelik van die venster af wegdraai, sê Saartjie: Weet julle ouens wat?

    Anna en Lina skud hul koppe. Nee, hulle weet nie.

    Ek het gisteraand iets in ’n tydskrif gelees wat my diep geraak het. Saartjie sit haar hand dramaties op haar hart.

    Wat was dit? vra Anna.

    Wat was wát?

    Wat jy gelees het.

    Dis ’n ernstige saak, sê Saartjie, en ek het baie ernstig daaroor nagedink.

    Daar is nou ’n frons op die rabbedoe se voorkop. Dit is asof sy weer ernstig nadink oor wat sy gelees het. Sy frons en staar stip voor haar uit, want sy voel só ’n houding maak ’n goeie indruk.

    En Saartjie is reg. Anna en Lina is beïndruk. Hulle is tjoepstil en wonder waaroor sy so diep dink.

    Luister mooi, sê Saartjie uiteindelik toe sy moeg is om fronsend voor haar uit te staar, dan vertel ek julle wat ek gelees het.

    Anna en Lina spits hul ore. Saartjie begin vertel hoe sy gelees het van ’n vriendelikheidsveldtog wat kinders in Amerika aangepak het. Maar voor sy verder kan praat, val Lina haar droogweg in die rede en vra wat die kinders in Amerika met hulle drie hier in Suid-Afrika te doen het.

    Niks nie, snou Saartjie haar toe, maar as hulle so iets goeds kan doen, sien ek nie hoekom ons nie ook kan nie.

    Dis na-apery, brom Lina.

    Daar’s niks mee verkeerd as mens iets goeds na-aap nie, sê Saartjie vies.

    Nou wat moet ons na-aap? wil Anna weet.

    Ek het probeer vertel, maar toe word ek onderbreek, sê Saartjie uit die hoogte. Dis jammer, want ek voel ek het ’n wonderlike gedagte hier beet.

    Anna en Lina kyk na mekaar en sug. Hulle vriendin het so dikwels in die verlede al met wonderlike gedagtes vorendag gekom – en die uiteinde van die affêre was omtrent nog altyd dat hulle dan in die moeilikheid beland het.

    Die Amerikaanse kinders het besluit, begin Saartjie verder vertel, om minstens vir ’n week baie vriendelik wees. Nie net met grootmense nie, maar ook met hulle maats en selfs kinders wat kleiner as hulle is. En raai wat het gebeur?

    Anna en Lina dink ’n oomblik en skud dan kop. Nee, hulle weet nie.

    Dan mompel Lina iets.

    Het jy iets gesê? vra Saartjie vinnig.

    Nee, antwoord Lina.

    Anna glimlag. Sy sit styf teen Lina en het duidelik gehoor hoe mompel haar vriendin dat sy vere voel vir wat in Amerika gebeur het.

    Die gevolg van die veldtog was, sê Saartjie en vee op haar tipiese manier met die agterkant van haar hand ’n krul van haar voorkop weg, dat die kinders dit só geniet het om vriendelik te wees en goeie maniere te hê dat hulle ná die week om is sommer daarmee aangehou het.

    En nou? Is hulle nog steeds so vriendelik? wil Anna weet.

    Ja, sê Saartjie, volgens die artikel het Amerika die vriendelikste kinders met die mooiste maniere in die hele wêreld.

    Lina brom weer iets.

    Wat sê jy? vra Anna. Ek wens jy wil nie so binnensmonds praat nie.

    Ek sê niks nie – ek vra iets.

    Wát? vra Saartjie streng. Lina maak haar vies met haar alewige onderlangse opmerkings.

    Ek het al baie gehoor Amerika het omtrent die stoutste en ongeskikste kinders in die hele wêreld. Wat het daardie kastige engeltjies met ons te doen?

    Baie, sê Saartjie en sy sit regop en lyk baie ordentlik. Ons gaan hulle mooi voorbeeld volg.

    Anna en Lina sug. Dit is waarvoor hulle bang was – dat dít Saartjie se wonderlike idee is.

    Saartjie glimlag tevrede en twee kuiltjies verskyn in haar wange. Sy is ’n blakend gesonde, lewenslustige meisie. Sy het kortgeknipte, donker krulhare en helderblou oë. Daar is ’n paar oulike sproete op haar effense wipneusie. Haar blou oë vonkel van genot en sy sê: Dit gaan lekker wees om al die mense te verras.

    Hoe gaan ons hulle verras? vra Anna.

    Deur so vriendelik te wees. Hulle verwag dit mos nie.

    Ek is soos ek is, mompel Lina. Ek is vriendelik genoeg.

    Ek sal nie sê jy is onvriendelik nie, sê Saartjie, maar jy’s nie so vriendelik soos die Amerikaanse kinders nie. Hulle gaan glo uit hulle pad om mense te soek met wie hulle vriendelik kan wees – en dit is wat ons moet doen. Soos die artikel sê – dit moet ’n doelbewuste vriendelikheid wees.

    Anna en Lina besluit om haar liewer nie te vra wat dít beteken nie. Hulle is glad nie gelukkig met Saartjie se nuwe idee nie. Hulle voel dit is sommer onnodig – hulle is nooit onvriendelik nie, maar kan nie sien hoekom hulle uit hul pad moet gaan om mense te soek met wie hulle vriendelik kan wees nie.

    Dit gaan glad nie so maklik wees nie, verduidelik Saartjie verder. As ek sê ons moet met almal vriendelik wees, bedoel ek regtig álmal – selfs met japsnoete soos Muggie en Apie.

    Anna en Lina lyk nou selfs nog méér ongelukkig. Dit gaan baie moeilik wees. Dan mompel Lina sarkasties dat dit nie juis vriendelik van Saartjie is om die twee japsnoete te noem nie.

    Ek weet, stem Saartjie saam, maar ons veldtog het mos nog nie amptelik begin nie.

    As ons met daai twee vriendelik is, sal hulle misbruik daarvan maak, sê Anna. Dan gaan hulle ons lewens net nog meer versuur.

    Almal in Lynnekom ken Saartjie se boetie as ’n laspos en ’n moeilikheidmaker.

    Muggie is Anna se sesjarige sussie, ’n koddige skepseltjie met ’n blikkeel wat oral saam met die drie ouer meisies wil gaan en só hard skree as hulle weier dat dit voel of hul oortromme gaan bars. Dan gee hulle altyd maar in en vat Muggie saam.

    En nou wil Saartjie sowaar hê hulle moet met daardie twee ook vriendelik wees!

    Ek glo nie hulle sal ons lewens dan meer versuur nie, sê Saartjie, wat ernstig gesit en dink het. Volgens die artikel werk vriendelikheid soos suurdeeg. Die mense met wie jy vriendelik is, word later net so vriendelik soos jy.

    Nooit gesien nie! Jy’s lekker laf! snou Anna haar toe. "Jy ken my sussie nie soos

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1