Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se dapper daad (#13)
Saartjie se dapper daad (#13)
Saartjie se dapper daad (#13)
Ebook138 pages2 hours

Saartjie se dapper daad (#13)

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Saartjie se ouer broer, Kris, het groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir ’n vent met ’n blink motor en ’n snor. Lynnekom se rabbedoe glo vas alle mans wat ’n snor het, is skurke en besluit sy en haar vriendinne moet die windlawaai op sy plek sit sodat haar broer weer gelukkig kan wees. Sy kom vorendag met ’n skreeusnaakse plan wat tot groot pret lei. ’n Seun van Zimbabwe kuier in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Hy is verwaand en beterweterig en ons heldin doen haar bes om hom te ignoreer, maar ongelukkig het hy iets wat sy bitter graag wil hê – ’n wonderlike nuwe pen wat in vier kleure kan skryf. Saartjie soek naarstiglik iets om vir die seun in ruil vir die pen te gee, maar hy hou vol hy stel nie belang nie. Min weet hierdie twee wat so vassit hul name gaan eersdaags saam in koerante regoor die land verskyn!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154437
Saartjie se dapper daad (#13)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se dapper daad (#13)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se dapper daad (#13)

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se dapper daad (#13) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Kris het probleme

    Hoofstuk 2

    Saartjie probeer help

    Hoofstuk 3

    Lynnekom se spoke (1)

    Hoofstuk 4

    Lynnekom se spoke (2)

    Hoofstuk 5

    Peter van Zimbabwe

    Hoofstuk 6

    Saartjie en Peter

    Hoofstuk 7

    Avonture in die stad

    Hoofstuk 8

    Saartjie se dapper daad

    13Ssedapperdaad_icon.tif

    1

    Kris het probleme

    Die veertienjarige Saartjie Baumann klim by Lynnekom se halte van die bus af.

    Sy dra ’n ligblou rok wat presies dieselfde kleur as haar oë is. Saartjie het ’n seldsame kombinasie van blou oë en donker hare. ’n Aantreklike ry sproete versier haar effense wipneus se brug. Wanneer sy soos nou glimlag, verskyn daar twee sjarmante kuiltjies in haar wange.

    Saartjie glimlag oor die fliek wat sy vanmiddag gesien het. Dit was pragtig! Anna en Lina sou dit só geniet het!

    Saartjie is vanmiddag alleen in stad toe, want haar twee boesemvriendinne kon nie saamgaan nie.

    Anna mag vir vier Saterdae nie gaan fliek nie, want sy het te swak in hul laaste toetsreeks gevaar. Nou is dit haar straf.

    Lina kon nie saamgaan nie, want sy moes saam met haar ouers by die kwaaiste oom en tannie in die hele wêreld gaan kuier. Hulle besoek hierdie oom en tannie van haar een keer ’n maand en Lina is altyd nors daaroor. Sy het Saartjie al baie saamgenooi, maar Saartjie stel nie daarin belang om ook onder die knorrige oom en tannie deur te loop nie!

    Saartjie Baumann, Anna Strydom en Lina Rens is gedurig bymekaar. Hulle was saam op laerskool hier in Lynnekom, en hulle is nou ook saam by die beroemde Hoërskool Saamwerk in die stad. Lynnekom is ’n voorstad van Johannesburg en hulle drie is hier bekend – of is dit miskien berug? – as die Drie Muskiete.

    Saartjie loop nog steeds glimlaggend en dink aan die pragtige film wat sy vanmiddag gesien het. Dit was vir haar wonderlik toe die heldin sommer reg aan die begin van die fliek vir die ryk man met die groot snor sê: Ek wil nie met jou dans nie, en na die arm man toe omdraai en sê: Ek sal graag met jou wil dans.

    Saartjie kry weer lekker terwyl sy aan daardie toneel dink. Die pragtige heldin se voorgevoel was reg. Sy het dadelik geweet die een man is ’n goeie mens en die ander ene nie, én dat rykdom niks met die saak te doen het nie. Later het dit dan ook uitgekom dat die ryk man die skurk is, en die arm ou die held.

    Saartjie stap ingedagte. Sy het ’n baie sterk verbeeldingskrag en beweeg nou in ’n droomwêreld van haar eie. Sy beleef weer die insidente in die film en verbeel haar sy is die heldin.

    Saartjie maak nou net soos die heldin in die storie gemaak het, toe sy by die yslike danssaal ingestap het. Sy knik vriendelik met haar kop vir al die dansende pare wat stil gaan staan om haar skoonheid te bewonder. Sy stap trots en regop met die stil straat in Lynnekom af en knik grasieus met haar kop – eers na die een kant en dan na die ander kant toe. Sy maak ook elke nou en dan ’n elegante buiginkie.

    Saartjie spring nou vorentoe in die storie en beleef weer een van die laaste tonele waarin die heldin se oë soos kole vuur gloei en sy vir die ryk man sê: Leave me alone! I hate cowards!

    Dit was fantasties! Saartjie het gevoel sy wil sommer daar, ín die fliek, begin juig en hande klap. Sy het toe sommer geweet die film gaan ’n gelukkige einde hê.

    Maar vroeër was Saartjie bekommerd, want nadat hulle die eerste keer vasgesit het, het die ryk man met sy snor, sjarmante maniere en baie geld, later ’n goeie indruk op die heldin begin maak. Sy het al meer saam met hom begin uitgaan en al minder saam met die arm ou.

    Maar een aand is sy en die ryk man deur ’n bende voorgekeer. Dis tóé dat die heldin sien wat ’n lafaard hierdie man is. Sy bly trots en regop staan terwyl hulle haar met ’n rewolwer dreig en haar pêrels van haar nek afruk. Maar die ryk man slaan in sweet uit en smeek om genade.

    Toe die bende in hul motor wegjaag, draai die heldin na die bewende man langs haar en sê vir hom dat sy lafaards haat.

    Só het sy uitgevind vir wie sy regtig lief is. Sy het dadelik teruggegaan na die arm man toe.

    Die prent eindig waar hulle in mekaar se arms voor hul huisie by die see staan en kyk hoe die son die weste rooi inkleur, en stadig in die oseaan wegsink, terwyl daar die mooiste dromerige musiek speel.

    Dit was vir Saartjie ’n absoluut wonderlike fliek.

    Sy loop nou daaraan en dink dat sy ook net soos die heldin reeds aan die begin gesien het die man met die snor is nie watwonders nie, al het hy so baie geld. Saartjie weet nie hoekom nie, maar sy beskou iemand met ’n snor altyd as ’n skelm. Miskien is dit as gevolg van al die boeke en flieks waarin die skurk altyd so ’n welige snor het.

    Maar daardie toneel – en Saartjie glimlag sommer weer – waarin die heldin se oë so vlam, en sy vir die man met die snor sê om haar uit te los want sy haat lafaards, sal sy nooit vergeet nie!

    Saartjie is nou naby die Baumanns se groot dubbelverdiepinghuis. Sy kom by Anna-hulle se huis, maar is salig onbewus van haar omgewing. Sy lewe haar totaal in in die film se gebeure.

    Sy gaan staan stil en gooi haar kop onwillekeurig effens agtertoe. Dit is mos wat die heldin gedoen het net ná die bende weggejaag het. In haar verbeelding kyk sy nou stip na die ou met die snor.

    Saartjie se oë vlam. Sy maak ’n verergde handgebaar en sê: Leave me alone! I hate cowards!

    Sy dink sy speel net so skitterend toneel soos daardie wêreldberoemde Hollywood-aktrise in die film.

    Saartjie is só verdiep in haar eie droomwêreld dat sy glad nie die sproetgesig by die Strydoms se hekkie raaksien nie. Dis Muggie, Anna se sesjarige sussie. Muggie maak die wêreld soms baie moeilik vir Saartjie-hulle, want sy wil altyd oral saam met hulle heen gaan. As hulle weier, sit die astrante klein snip só ’n keel op dat ’n mens se ore dit nie kan hou nie.

    Muggie staan en gaap Saartjie oopmond aan. Saartjie beleef nou weer die toneel waarin die heldin en die man van haar drome (die arm een sonder ’n snor) in mekaar se arms na die sonsondergang oor die see staan en staar terwyl daar sagte musiek op die agtergrond speel.

    Daar is ’n veraf blik in Saartjie se oë en ’n soet glimlag speel om haar mondhoeke. Skielik wip sy soos sy skrik, want hier reg by haar hoor sy Muggie se skril stemmetjie: Haai, wat maak jy?

    Muggie se woorde ruk Saartjie terug uit haar droomwêreld.

    Sy grinnik verleë vir Muggie wat haar so fronsend dophou.

    Haai, sê Saartjie, ek het jou sowaar nie eers gesien nie.

    Ek weet jy het nie, sê Muggie. Wat het jy gedoen?

    Hoe bedoel jy wat het ek gedoen?

    Hoekom het jy so gestaan en jou hand geswaai en goete in Engels gesê en toe weer net so gestaan en soos ’n siek hoender gelyk?

    Saartjie lag. Dit moes baie snaaks gelyk het!

    Dan maak sy keel skoon en sê uit die hoogte: Ek het diep gedink, Muggie.

    Waaroor?

    Sommer oor dinge – goed wat niks met jou te doen het nie, antwoord Saartjie en begin aanstap.

    Muggie brom en Saartjie glimlag net toe sy iets hoor van simpel mense wat in die straat gaan staan en hul arms swaai en met hulleself praat.

    Saartjie is maar bly dis net Muggie wat haar gesien het en nie een van die ouer kinders nie. Hulle sou haar weer vir hoe lank daaroor gespot het.

    Die sypaadjie wat voor Saartjie-hulle se huis verbygaan, is met groot betonblokke geplavei. Sy sug en gaan staan toe sy by die plek kom waar die plaveisel begin. Dit is nou al jare, vandat die blokke daar gelê is, haar selfopgelegde taak om nooit daaroor te loop nie, maar altyd te spring – en as haar voet dan aan een van die gleuwe tussen die blokke raak, moet sy weer van voor af begin.

    Die hele Lynnekom ken hierdie snaakse gewoonte van haar en almal dink dit is maar simpel. Saartjie dink ook so, maar sy kan eenvoudig nie sover kom om net gewoonweg oor die blokke te loop nie. Sy verbeel haar die vreeslikste ongelukke sal haar dan tref!

    Sy was nege jaar toe sy begin het om oor die blokke te spring en sy is nou al veertien. Sy het nog nie een keer oorgeslaan nie en nog nooit gekul nie. As haar voet net effens aan ’n gleuf raak, begin sy altyd weer van voor af, al is die versoeking soms baie groot om haar voet net so effens te verskuif.

    Saartjie kyk vies na die plaveisel. Dan vat sy haar handsak styf in haar hand vas en begin spring!

    Sy wip vinnig en sekuur van die een blok na die ander. Sy hou ver van die gleuwe af weg. Sy sal sowaar skree van moedeloosheid as haar voet nou aan ’n gleuf moet raak en sy weer met haar pragtige klere en al van voor af moet begin.

    Saartjie spring egter end-uit sonder om aan ’n enkele gleuf te raak. Sy kom uiteindelik moeg by die hekkie aan.

    So ja, sê sy en stap met die tuinpaadjie op huis toe. Sy is in hierdie einste huis gebore en woon nou al veertien jaar hier.

    Die Baumanns se mooi dubbelverdiepinghuis is teen ’n heuwel gebou. Uit haar kamer op die boonste verdieping kyk Saartjie oor die hele Lynnekom uit en op helder dae kan sy selfs Johannesburg se wolkekrabbers in die verte sien.

    Dokter Baumann is ’n beroemde spesialis in

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1