Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se geheim (#3)
Saartjie se geheim (#3)
Saartjie se geheim (#3)
Ebook141 pages2 hours

Saartjie se geheim (#3)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saartjie se ondeundheid laat haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te lê wanneer ’n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. En dan is daar nog die kwessie van Saartjie se geheim wat haar beste vriende, Anna en Lina, en natuurlik ook vir Galpil en haar boetie, Apie, tot raserny dryf.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154451
Saartjie se geheim (#3)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se geheim (#3)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se geheim (#3)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se geheim (#3) - Bettie Naudé

    Saartjie se geheim

    Bettie Naudé

    Dokter Jan Baumann se groot dubbelverdiepinghuis teen die kant van die heuwel het ’n pragtige uitsig oor die vallei. Op ’n helder, sonnige dag kan ’n mens vanuit Saartjie se venster op die boonste verdieping Johannesburg se wolkekrabbers sien.

    Lynnekom word as ’n voorstad van Johannesburg beskou, maar dit is ’n stil plekkie met ’n tipies plattelandse atmosfeer. Al die inwoners ken mekaar en kom goed oor die weg.

    Op die oomblik is die hele vallei in ’n sagte, rooi skynsel gehul. Dit is skemer – ’n tyd van vrede.

    Maar skielik word die stilte verbreek deur ’n klavier wat hard in dokter Baumann se huis gespeel word. ’n Opgewekte deuntjie weerklink deur die buurt.

    Dan begin iemand sing. Dis ’n pragtige, suiwer stem.

    Menige inwoners se voete begin op maat van die vrolike musiek tik. Hulle glimlag en sê met ’n teer kyk in die oë:

    Die Saartjie... Ai, dié Saartjie ...

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Die Drie Muskiete

    Hoofstuk 2

    Saartjie se geheim

    Hoofstuk 3

    Saartjie se nuwe skool

    Hoofstuk 4

    Pret en plesier

    Hoofstuk 5

    Galpil vra vir Saartjie

    Hoofstuk 6

    Die funksie kom nader

    Hoofstuk 7

    Saartjie se geheim kom uit

    Hoofstuk 8

    Saartjie vang vir Apie

    icon_03Ssegeheim.tif

    1

    Die Drie Muskiete

    Saartjie Baumann is baie besig. Sy sit in haar kamer en staar fronsend by die venster uit. Sy kou aan haar pen en dink diep. Sy is besig om ’n kortverhaal te skryf.

    Sy sug swaar en vee met die agterkant van haar hand ’n weerbarstige krul van haar voorkop weg. Dis moeilik om ’n kortverhaal te skryf.

    Sy loer skuins oor haar skouer na die kant van die kamer waar die spieël staan. Sy kyk daarin en glimlag. Twee kuiltjies verskyn in haar wange en haar oë vonkel. Sy knik sjarmant met haar kop. Dis hoe daardie beroemde skrywer geglimlag het wat een middag in die boekwinkel gesit en al haar eksemplare van haar boeke geteken het!

    Saartjie het ook een van die skrywer se boeke gekoop en haar gevra om dit te teken. Die vrou se vriendelikheid het ’n diep indruk op die meisie gemaak. Sy en haar twee boesemvriendinne, Anna en Lina, wat natuurlik saam met haar was, het vir die skrywer baie vrae gevra.

    Op haar vraag oor hoe ’n mens boeke skryf, het die vrou vir Saartjie gesê: Dit is die beste om met kortverhale te begin. Later wanneer jy skryf-fiks is, kan jy ’n roman aanpak.

    Maar waaroor moet ’n mens skryf? wou Saartjie weet.

    Die skrywer het geamuseerd na die blakend gesonde twaalfjarige meisie met die helderblou oë en donker krulhare gekyk. Toe sê sy: Skryf oor die liefde! Die hele wêreld stel in liefde belang!

    Saartjie is diep ingedagte huis toe. As sy self ’n beroemde skrywer wil word – en dit is nou haar grootste droom – sal sy ’n kortverhaal moet skryf, en dit moet oor die liefde gaan.

    Maar ongelukkig weet Saartjie nie hoe om ’n kortverhaal te skryf nie. Wat meer is, sy weet ook niks van die liefde af nie.

    Sy het ’n paar dae lank in ’n fantasiewêreld van haar eie gelewe en haar verbeel sy is ’n wêreldberoemde skrywer. Met behulp van groot woorde uit die woordeboek het sy vriendelik, maar uit die hoogte, met haar huismense gesels. Sy het gereeld gepraat van ons skrywers en ons kunstenaars.

    Haar agtjarige boetie, Apie, het haar vanmiddag na die werklikheid toe teruggebring toe hy reguit sê sy gee hom ’n pyn op die maag as sy so gedurig van ons kunstenaars praat. Hy dink sy is sommer simpel.

    Mannetjie, het Saartjie hom toegesnou, praat oor dinge waarvan jy iets weet! Jy’t nie ’n benul van waaroor boeke – of beter nog, romans en kortverhale – gaan nie.

    "En jy weet natuurlik alles van daai wassemiekollits af, nè! het hy gesis deur die opening waar sy twee voortande was voor hy die dag kastig uit ’n boom geval het. Hy het ook sissend bygevoeg: Wys my die kastige kortverhale en boeke en goeters wat jy al geskryf het! Jy kan nie, want jy is nie ’n dinges – ’n skrywer – nie! Jy dínk net jy’s een! En toe voeg hy, net om sy saak te beklink, ’n Wê!" by.

    Saartjie het opgestaan en met ’n wipstappie verby die sproetgesig met die grynslag op sy bakkies geloop asof sy hom nie eens raaksien nie. Sy beskou dit as benede haar waardigheid om met mense soos hy wat niks van skryfwerk en kuns af weet nie te argumenteer.

    In haar kamer het Saartjie egter ernstig gaan sit en dink. Dit help nie veel sy loop soos ’n beroemde skrywer hier rond terwyl sy nog nie ’n enkele woord geskryf het nie!

    Toe het sy ’n oefeningboek gevat en dit by die eerste skoon bladsy oopgemaak. Sy het die potloodsakkie nader getrek en ’n pen sorgvuldig uitgehaal. Sy het haar pen opgetel en die steel begin kou.

    En dit is hoe ons nou vir Saartjie Baumann hier in haar kamer aantref. Haar kakebene is al moeg gekou aan die pen. Sy staar by die venster uit. Sy is nou gereed om ’n kortverhaal te skryf – ’n kortverhaal oor die liefde.

    Sorgvuldig skryf Saartjie terwyl sy haar tong effens uitsteek: Die liefdesbootjie het gevaar op die See van Geluk na die land van Ewige Sonskyn.

    Dit is vir haar ’n mooi sin, maar ongelukkig is dit ’n sin wat sy iewers in ’n boek of ’n tydskrif gelees het. Sy sug. ’n Mens mag mos nie ander skrywers se woorde gebruik nie.

    Teësinnig krap Saartjie die sin dood. Sy sit weer en dink. Al wat sy van die liefde af weet, is dat haar ouer broer, Kris, ’n meisie genaamd Isabel Theron het. Hy is baie verlief op haar, want hy is gedurig by haar. Boonop lyk hy deesdae soos ’n siek hoender – dit is seker hoe die liefde ’n mens aantas.

    Maar Saartjie is tog nie lus om oor siek hoenders te skryf nie! Om die waarheid te sê, sy is nie lus om oor enigiets te skryf nie! Daar is nog net ’n paar dae vakansie oor, dan begin die skool weer. ’n Mens sit mos nie met ’n pen in die hand as dit vakansie is nie!

    Die meisie sug en sit die oefeningboek en pen in die laai terug. Sy sal maar daarvan vergeet om ’n beroemde skrywer te word.

    Saartjie! hoor sy haar ma roep.

    Ja, Mamma! Sy gaan vinnig by die deur uit en by die trap af. Sy weet haar ma roep haar om te kom tee drink. Miskien is daar tertjies ook.

    Saartjie is nou weer die ou Saartjie. Haar aansitterigheid en die hoogdrawende woorde is iets van die verlede. Sy is nie meer ’n beroemde skrywer nie. Sy is maar net Saartjie, ’n doodgewone meisie wat baie lus is vir die heerlike tertjies wat haar ma so gereeld bak.

    In die sitkamer is mevrou Baumann besig om tee te skink. Apie sit al by die tafel. Sy oë is stip op ’n bord vol tertjies gerig.

    Toe Saartjie by die tafel kom sit, brom hy net iets van kastige beroemde skrywers wat nog nooit eens ’n boek geskryf het nie.

    Vergeet van die simpel skrywery, sê Saartjie laggend vir hom. Dis sommer tydmors. Ek is nie meer ’n skrywer nie.

    So?

    Ja.

    Apie lyk mismoedig. Noudat sy suster nie meer so in ’n droomwêreld van haar eie hier rondsweef en praat asof sy ’n woordeboek ingesluk het nie, sal sy natuurlik weer ’n gesonde eetlus hê en dit beteken sy gaan nie haar deel van hul ma se tertjies vir hom gee nie.

    Die seun se oë is nou weer strak op die bord gerig en sy kop beweeg op en af.

    Wat doen jy, Apie? vra sy ma.

    Ek tel die tertjies op die bord, Ma, sê hy. Hy wil seker maak hy kry sy regmatige deel.

    Jy hoef nie bang te wees ek sal meer as jy vat nie, sê Saartjie vies vir haar boetie. Ek hét maniere.

    Hul ma deel laggend vir hulle ewe veel tertjies uit. Sy sit ’n klompie eenkant.

    Vir wie is dit? wil Apie dadelik weet.

    Vir jou pa en Kris, antwoord sy ma.

    Hoekom moet Kris kry as hy nie hier is nie, Ma? vra die seun. Hy kry mos daar by sy meisie se huis tertjies.

    Moenie so gulsig wees nie, Abraham, berispe sy ma hom.

    Dit is stil in die sitkamer terwyl die tertjies verslind word. Apie is eerste klaar. Sy ma gee hom ’n geamuseerde kyk en stap dan spens toe met die eetgoed vir haar man en Kris.

    Saartjie en Apie is nou alleen in die sitkamer. Die seun kyk met verlangende oë na die een tertjie wat nog op sy suster se bord lê.

    Wat wil jy vir daai tertjie hê? vra hy en probeer so ongeërg moontlik klink.

    Wat kan jy my aanbied? vra Saartjie.

    Apie staan op en begin sy sakke leegmaak.

    Eers sit hy ’n opgefrommelde stukkie tou op die tafel neer. Hy weet Saartjie sal die tertjie nie daarvoor verruil nie.

    Hy steek sy hand weer in sy broeksak en kom te voorskyn met ’n uitgedroogde padda. Die dooie padda word langs die tou neergesit.

    Saartjie skud net haar kop. Sy stel nie belang in ’n stuk tou of ’n padda nie.

    Apie vroetel weer in sy sakke. Hy sit nou ’n paar droë lemoenskille langs die padda en toutjie neer.

    Ek belowe jou, sê hy vriendelik vir Saartjie, daar is niks lekkerder as droë lemoenskille nie. Dit los so ’n lekker suur smaak in jou mond.

    O so? Die meisie se wenkbroue vorm vraagtekens.

    Ja – hoe lyk dit? Al hierdie goeters, en Apie wys na die tou, die uitgedroogde padda en die droë lemoenskille, vir een ou tertjie.

    Nee, sê Saartjie beslis en steek haar hand uit na die tertjie.

    Wa-... wag! sê Apie vinnig en vroetel weer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1