Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se piekniek (#14)
Saartjie se piekniek (#14)
Saartjie se piekniek (#14)
Ebook128 pages2 hours

Saartjie se piekniek (#14)

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Apie “leen” ’n rugbybal by die skool en dit beland per ongeluk in die kwaai oom Kerneels se perskeboord. Saartjie se boetie smeek haar om die bal vir hom in die hande te kry, anders gaan hy in groot moeilikheid by die skool wees. Die Drie Muskiete beland egter in die proses in nóg groter moeilikheid by die befoeterde oom. Maar op die ou end is daar darem ook ’n geluk by die ongeluk en die rabbedoe en haar vriendinne kom ongedeerd van hierdie avontuur af. Hulle het egter nou ’n ander probleem. Hulle moet geld bymekaar maak om skadevergoeding te betaal. Gelukkig kry ons heldin weer een van haar briljante ingewings en kom met ’n slim plan vorendag – hulle moet ’n piekniek reël en Lynnekom se kinders laat betaal om dit by te woon. Daar is soos gewoonlik heelwat struikelblokke om te oorkom – onder andere Galpil en sy vriende wat weier om te betaal en dreig om hul eie piekniek reg langsaan Saartjie s’n te hou!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154536
Saartjie se piekniek (#14)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se piekniek (#14)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se piekniek (#14)

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se piekniek (#14) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Apie is in die knyp

    Hoofstuk 2

    By oom Kerneels (1)

    Hoofstuk 3

    By oom Kerneels (2)

    Hoofstuk 4

    Saartjie en die sersant

    Hoofstuk 5

    Saartjie se plan

    Hoofstuk 6

    Saartjie se piekniek (1)

    Hoofstuk 7

    Saartjie se piekniek (2)

    Hoofstuk 8

    ’n Perfekte dag

    14Ssepiekniek_icon.tif

    1

    Apie is in die knyp

    Die veertienjarige Saartjie Baumann sit en speel klavier. Langs haar, aan weerskante, staan haar twee vriendinne, Anna Strydom en Lina Rens.

    Die drie meisies sing hartlik saam: Bokkie, jy moet huis toe gaan... Hulle sing uit volle bors en herhaal die refrein oor en oor, want hulle hou baie van hierdie liedjie.

    Saartjie se negejarige boetie, Apie, en sy vriend, Bennie, kom voor by die Baumanns se tuinhekkie ingestap. Hulle trek vies gesigte toe hulle die meisies hoor en Apie mompel: Dit klink soos ’n kattekonsert!

    Bennie knik vies sy kop. Hy stem saam met sy maat. Dis sommer simpelgeit.

    Apie se regte naam is eintlik Abraham, maar niemand noem hom ooit so nie. Hy is maar net Apie, Saartjie se haasbekboetie. Hy het mos een middag by die huis aangekom met ’n lieflike blouoog en twee voortande wat makeer.

    Apie het net gesê dat hy uit ’n boom geval het, en só sy twee tande verloor het, maar hy kon die blouoog nie verduidelik nie – dit het seker ook maar gebeur toe hy geval het. Toe Saartjie skimp dat dit lyk of hy baklei het, het hy net ’n paar sisgeluide deur die opening in sy mond gemaak en haar woes aangegluur.

    Moenie dit vir hulle sê nie, sê Apie vir Bennie, en sy rooi tongpunt speel weer deur die opening in sy mond.

    Wat moet ek nie vir hulle sê nie? wil Bennie weet.

    Dat hulle soos ’n klomp katte sing nie, antwoord Apie. Onthou, ons moet vriendelik wees, want ons wil mos hê hulle moet vir ons iets doen.

    Oukei, ek sal sê hulle sing mooi, dan sal hulle vriendelik wees, sê Bennie. En dan sal hulle doen wat ons vir hulle vra.

    Apie dink ook dit is ’n goeie plan. Hulle moet die meisies eers vlei.

    As hulle ons nie wil help nie, sê Apie en sug swaar, is daar môre groot moeilikheid by die skool!

    Die twee seuns stap na die sitkamer toe. Die meisies sing nog steeds lustig. Hulle dink self ook hulle sing baie mooi en geniet dit terdeë. Maar wanneer sy Apie en Bennie in die deur sien staan, hou Saartjie op klavier speel en wys vir haar twee vriendinne om op te hou sing.

    Die drie meisies draai om en kyk na die twee seuns.

    En toe, vra Saartjie, wat wil julle hê?

    Ons het buite gespeel, sê Apie. Hy glimlag breed en vryf sy vuil hande voor hom. Toe hoor ons julle sing, en dit was vir ons baie mooi...

    Dis reg. Bennie glimlag net so vriendelik. Toe het ons maar net kom sê dis vir ons baie mooi.

    Saartjie, Anna en Lina kyk verbaas na die twee sproetgesigte voor hulle wat so breed staan en glimlag. Dan kyk die meisies na mekaar en dieselfde vraag is in hul al drie se oë te lees: Wat wil Apie en Bennie nóú weer hê?

    Dis baie gaaf van julle om in te kom om dit vir ons te kom sê, antwoord Saartjie en daar speel ’n glimlag om haar mondhoeke.

    Ja-nee, julle sing baie mooi, sê Apie en vryf sy hande weer.

    Dis nou al die tweede keer dat jy dit sê, sê Lina.

    Hè? Die tweede keer? sê Apie effens uit die veld geslaan. Wel, julle sing rêrig baie, baie mooi!

    Dis nou maar wors, beaam Bennie.

    En nou is dit al die dérde keer, sê Lina agterdogtig.

    Die seuns kyk vies na haar. Hulle wens sy wil liewer stilbly.

    Is daar miskien nog iets wat julle wil sê? vra Saartjie.

    Nee, nie eintlik nie, net... begin Apie.

    Nou verdamp dan, val Saartjie hom in die rede.

    Apie en Bennie is vies omdat die meisies so onvriendelik is, maar ongelukkig kan hulle dit nie nou wys nie. Hulle wil mos hê die meisies moet vir hulle ’n groot guns doen.

    Apie mompel: Ons kom ewe vriendelik hier in en sê julle sing mooi – en nou jaag julle ons weg!

    Is dit regtig al waarom julle gekom het? vra Saartjie. Wou julle regtig net vir ons kom sê het hoe mooi ons sing?

    Apie en Bennie kyk na mekaar. Dan pomp Bennie vir Apie in die ribbes en fluister: Sê sommer reguit wat ons wil hê hulle moet doen.

    Bennie het kastig gefluister, maar die meisies kon alles hoor en hulle knipoog vir mekaar. Hulle wonder in watse moeilikheid die seuns nou weer is.

    Apie besluit ook dit sal miskien maar die beste wees om met die deur in die huis te val, en reguit vir die guns te vra.

    Ons het regtig gekom om vir julle te sê julle sing vir ons baie mooi, begin hy versigtig, maar noudat ons hier is, is daar ’n klein ou dingetjie wat ons julle wil vra om vir ons te doen. Net so ’n klein ou gunsie, julle weet...

    Watse klein ou gunsie? vra Saartjie.

    Apie skop-skop aan ’n blompatroon op die mat. Dan kyk hy verleë op en sê: Julle ken mos vir oom Kerneels?

    Die drie meisies knik. Hulle ken die oom – miskien nie so goed nie, maar hulle wil hom ook nie juis beter leer ken nie. Hulle het al baie dinge van hom gehoor, onder andere dat hy openlik sê kinders is net ’n pes op aarde. Volgens hom moet kinders in kampe opgesluit word, en daar bly totdat hulle groot is en maniere geleer het. Hy het ook al gedreig hy sal ’n kind wat hy in sy vrugteboord betrap, sommer op die plek ’n klap gee. Dis g’n wonder Lynnekom se kinders het nog nooit sy vrugte gesteel nie. Hulle loop liewers wye draaie om sy boord.

    Saartjie, Anna en Lina kyk na mekaar. Hulle wonder wat Apie en Bennie wil hê. Die meisies weet hulle sal eers baie goed moet dink voor hulle die seuns help. Hulle wil tog nie iets met die kwaai oom Kerneels te doen hê nie.

    Apie speel met die punt van sy toon oor die blompatroon op die mat.

    Wat het oom Kerneels te doen met die klein gunsie wat julle ons kom vra? wil Saartjie weet.

    Julle sien, verduidelik Apie, die saak staan só: Ek en Bennie het gister by die skool ’n rugbybal ge-... geleen, julle weet. Ons wou bietjie oefen met die ding en...

    Maar dis mos nie rugbyseisoen nie, val Anna hom in die rede.

    Ja, maar ons wou nou al begin oefen vir volgende kwartaal.

    Hoe bedoel jy julle het die bal net by die skool geléén? vra Saartjie en vee met ’n tipiese gebaar die krul van haar voorkop weg.

    Apie verduidelik nou dat die rugbyballe sommer daar in die bêrekamer rondlê en toe het hy en Bennie een gevat, want hulle was seker die rugby-onnie sou nie kwaad wees nie.

    Maar vanoggend, sê Apie en sug swaar, het die onnie gesê daar’s ’n bal weg, en dit moet môre terug wees, anders is daar groot moleste.

    Nou hoekom vat julle die bal dan nie net terug nie? vra Saartjie.

    Dis wat ons wil doen, maar die probleem is – ons het die ding nie meer nie, sê Apie moedeloos.

    O. Saartjie kyk na Anna en Lina. Hul oë is groot. Hulle weet skielik wat die guns is wat Apie en Bennie hulle wil vra. Die bal lê seker daar in oom Kerneels se vrugteboord, en...

    Aikôna, sê Lina beslis.

    Aikôna wat? vra Apie.

    Ons gaan nie doen wat julle wil hê ons moet doen nie.

    Ons het julle dan nog nie eers gevra nie! sê Apie.

    Ja, maar ons weet wat julle ons wil vra.

    Saartjie sit nog steeds voor die klavier. Sy draai skielik om en begin saggies speel, terwyl sy op die wysie van ’n bekende Afrikaanse liedjie sing: Nee, nee, nee, ou Apie, nee... nee, ou Apie, nee...

    Anna en Lina lag, maar Apie en Bennie kyk vies na haar. Apie mompel hy is Saartjie se boetie, haar eie kleinboet, en kyk hoe behandel sy hom. Hy gaan môre in groot moeilikheid by die skool wees as hy die bal nie terugvat nie, maar sy gee nie om nie... al is hy haar boeta... Dis nou vir jou mooi...

    Bennie pomp Apie in die ribbes.

    Vertel hulle alles wat gebeur het – die hele storie, sê hy.

    Saartjie, Anna en Lina luister aandagtig terwyl Apie die hele storie vertel. Hulle kan maar luister. Dit sê mos nog nie hulle gaan doen wat die seuns vra nie.

    Apie vertel hoe hulle die bal gegaps het deur dit in sy skoolbaadjie toe te draai, en dit só by die skool uit te dra.

    Dit was gister, sê Apie. Hy staar nou weer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1