Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se dagboek (#17)
Saartjie se dagboek (#17)
Saartjie se dagboek (#17)
Ebook131 pages3 hours

Saartjie se dagboek (#17)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Saartjie het ekstra geld nodig en besluit sy en haar vriendinne moet hul eie tydskrif begin. Sy beplan om sommer self die meeste van die skryfwerk doen, want sy kry mos gewoonlik omtrent volpunte vir haar opstelle. Die rabbedoe se boetie skop ’n rugbybal by ’n kwaai oom se erf in en sy moet dit gaan haal voor die oubaas die bal in repies opsny. Sy ontmoet twee oumense wat met ’n hartseer geheim saamlewe en besluit op die daad sy gaan iets doen om hulle te help. Intussen moet sy egter ook nog kophou wanneer twee seuns gelyktydig beenaf op haar raak! Saans voordat sy gaan slaap, skryf ons heldin in haar nuwe dagboek oor wat alles gedurende die dag met haar gebeur het. Hierdie gewoonte help haar uiteindelik om groot geluk in ander se lewens te bring.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154420
Saartjie se dagboek (#17)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se dagboek (#17)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se dagboek (#17)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se dagboek (#17) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    Die rugbybal

    Hoofstuk 2

    Oom Sep

    Hoofstuk 3

    Lettie

    Hoofstuk 4

    Douw en Galpil

    Hoofstuk 5

    Hiert!

    Hoofstuk 6

    Oom Sep en tannie Rykie

    Hoofstuk 7

    Die telegram

    NEW - Icon.tif

    1

    Die rugbybal

    Veertienjarige Saartjie Baumann sit in haar kamer by die venster en uitstaar. Sy het gesit en huiswerk doen en voel nou moeg. Sy dink nie meer aan skoolwerk of enigiets anders nie. Sy sit sommer net.

    Saartjie woon in Lynnekom, ’n voorstad van Johannesburg. Haar pa is ’n bekende chirurg en hy het vir hulle ’n dubbelverdiepinghuis teen die hang van ’n koppie laat bou. Saartjie se kamer is op die boonste verdieping.

    Sy het ’n wonderlike uitsig deur haar kamervenster. Onder haar lê Lynnekom – ’n voorstad met ’n landelike atmosfeer wat baie soos ’n plattelandse dorpie voel.

    Op helder dae wanneer die lug nie bewolk is nie, kan Saartjie hier van haar kamer af Johannesburg se wolkekrabbers in die verte sien.

    Saans verkyk sy haar aan die miljoene stadsliggies. Dit lyk soos ’n swart fluweellap waarop daar miljoene en miljoene vuurvliegies sit.

    Maar sy kyk nie nou na die wolkekrabbers op die horison nie. Sy kyk af na Lynnekom. Sy herken die meeste van die mense wat in die hoofstraat loop. Sy is mos hier gebore en nou al veertien jaar oud. Almal in Lynnekom ken haar ook.

    Onder op die sypaadjie sien Saartjie haar twee boesemvriendinne, Anna Strydom en Lina Rens, aangestap kom. Sy glimlag. Hulle is klaar met huiswerk en kom kyk natuurlik wat sy doen. Sy is bly hulle kom hierheen, want nou hoef sy mos nie na hulle toe te stap nie. Sy wil hulle van haar wonderlike idee vertel, wat vanmiddag by haar opgekom het toe sy haar puik Afrikaanse opstel sit en deurlees het.

    Anna en Lina kom by die hekkie in en stap met die tuinpaadjie op na die huis toe.

    Saartjie en Anna woon langs mekaar. Hulle is al maats vandat hulle mekaar die eerste keer gesien het – en dit is baie, baie jare gelede. Albei was toe nog in hul stootkarretjies. Die twee kleintjies het daardie dag eers agterdogtig na mekaar geloer en toe begin lag. Daarna het hulle hul vet armpies na mekaar uitgesteek en van toe af is hulle maats.

    Lina Rens is ’n skraal langbeenmeisie. Sy het in graad vier met Saartjie en Anna maats gemaak.

    Die drie meisies is altyd bymekaar en hulle is bekend as die Drie Muskiete. Saartjie Baumann is ’n lewenslustige, bruingebrande rabbedoe wat altyd aan die voorpunt van kattekwaad is. Anna Strydom met haar goedige, ronde gesig en kalm houding, stem gewoonlik saam met enige voorstel wat Saartjie maak. Lina Rens is die een wat altyd die gevare sien en die besware maak.

    Saartjie is opgewonde om hulle van haar wonderlike idee te vertel.

    Sy leun by die venster uit en skree vir haar vriendinne: Ek is hier in my kamer, julle! Kom op!

    Anna en Lina waai vir haar en beduie hulle is op pad.

    Terwyl die twee by die huis inkom en met die trap op na Saartjie se kamer stap, kyk Saartjie nog een keer vlugtig na die opstel wat op haar lessenaar lê. Dit is dié opstel wat haar die plan gegee het wat sy nou met haar twee vriendinne wil bespreek.

    Saartjie sit die opstel weg in die lessenaar se laai, bo-op haar dagboek.

    Met ’n Haai, Saartjie! kom Anna en Lina by die kamer in.

    Haai julleself! groet Saartjie laggend op die Lynnekomse manier. Kom sit.

    Anna maak haar op Saartjie se bed tuis. Lina gaan sit op ’n stoel by die lessenaar. Saartjie sit by die venster.

    Saartjie beskik oor die ongewone kombinasie van donker hare en helderblou oë. As sy glimlag, verskyn daar twee aantreklike kuiltjies in haar wange. Daar is ’n paar oulike sproete op haar wipneus.

    Die Drie Muskiete is al drie veertien jaar oud en in dieselfde klas – graad nege. Hulle is in die beroemde Afrikaanse Hoërskool Saamwerk in die stad en ry elke dag met die bus in soontoe.

    Het jy al jou huiswerk gedoen? vra Lina.

    Ja, ek’s lankal klaar, sê Saartjie en met ’n tipiese Saartjie-gebaar vee sy met die agterkant van haar hand ’n weerbarstige krul van haar voorkop af weg. Ek het nou sommer net hier gesit en dink.

    Waaroor het jy gesit en dink? wil Anna weet.

    Groot dinge, Anna, antwoord Saartjie en sy glimlag. Haar blou oë vonkel en in elke wang verskyn daar ’n kuiltjie. Sy sê niks verder nie. Sy weet mos een van hulle gaan haar vra wat die groot dinge is.

    Voor Anna of Lina Saartjie egter uitvra, kyk hulle eers na mekaar. Hulle wonder wat die groot dinge is. As Saartjie ernstig sit en dink – en dit nogal oor groot dinge – is daar iets aan die broei. Hulle wonder wat dit dié keer is. Hulle ken haar mos.

    Nou toe, sê Lina en vra die verwagte vraag: Wat is die groot dinge waaraan jy gesit en dink het?

    Ek het gesit en dink, kondig Saartjie plegtig aan, ons drie moet ’n tydskrif begin!

    Sy kyk vlugtig na haar twee vriendinne om te sien watter uitwerking hierdie woorde op hulle het. Hulle lyk effens verbaas, maar dit is al. Dit lyk nie asof hulle besonder belangstel nie.

    Lina het ’n naelvyl op die lessenaar gekry en sy maak nou haar naels skoon. Anna lê nou meer op die bed as wat sy sit. Sy kan haar gesig in die spieël teen Saartjie se klerekas sien en trek vir haarself gesigte.

    Wat de drommel, sê Lina uiteindelik, het jou aan so iets laat dink? Hoekom moet ons ’n tydskrif begin?

    En hoe begin ’n mens so iets? vra Anna, wat nou ophou met die gesigtrekkery. En as ’n mens so iets het, wat maak jy daarmee?

    Laat ek julle vrae een vir een beantwoord, sê Saartjie. Hulle knik albei. Dit is wat hulle ook wil hê – dat sy dit een vir een moet beantwoord.

    Wel, sê Saartjie saaklik, daar is twee dinge wat my aan ’n tydskrif laat dink het. Die eerste een is geld.

    Nou stel Anna en Lina belang. Geld is mos maar ’n skaars ding by hulle drie. Hulle voel hulle ouers gee nie vir hulle naastenby genoeg sakgeld nie.

    Ons kan baie geld maak, sê Saartjie opgewonde. Ek het in ’n artikel gelees dat dit glad nie so duur is om ’n tydskrif uit te gee nie en dat ’n mens dit dan teen ’n goeie wins kan verkoop. Ons gaan natuurlik nie ’n groot tydskrif uitgee nie – sommer net so ’n ou kleintjie. Kom ek sê julle wat ons tydskrif sal kos.

    Saartjie staan op, maak die lessenaar se laai oop en haal haar dagboek uit. Sy het al die besonderhede daarin uitgewerk.

    Vandat Saartjie die dagboek present gekry het, gebruik sy dit gereeld. Alles wat sy as belangrik beskou, word sorgvuldig daarin neergeskryf. Die dagboek is groot en dik. Dit is duur en het ’n mooi leeromslag. Sy hou dit altyd hier in haar kamer in die laai.

    Saartjie lees nou wat sy alles onder gister se datum neergeskryf het toe sy haar opstel teruggekry het, en die plan van ’n tydskrif by haar opgekom het.

    Volgens haar sal die tydskrif wat sy beoog nie veel geld kos nie – sê maar so twee rand vyftig per eksemplaar om uit te gee. Dan moet hulle dit vir dubbeld soveel verkoop – vir vyf rand.

    Dit beteken ons maak twee rand vyftig wins op elkeen, sê Saartjie.

    En hoeveel verkoop ons? vra Lina.

    Maklik so ’n honderd, sê Saartjie en haar oë glinster van genot. Sien julle wat dit beteken?

    Hulle sien nog nie eintlik nie. Anna sit nou op die kant van die bed wat naaste aan die lessenaar is. Sy haal haar pen uit haar kleurbaadjie se sak en werk op ’n stukkie papier uit wat dit beteken. Lina het ’n potlood en papier op die tafel gegryp en sy maak nou ook ’n sommetjie.

    Saartjie het dit alles reeds in haar dagboek uitgewerk. Sy wag dat hulle vir haar die antwoord moet gee. Sy sien al hoe verbaas hulle gaan wees as hulle sien watter wins ’n mens met ’n tydskrif kan maak.

    Lina is eerste klaar. Sy kyk fronsend na haar sommetjie.

    Dit kan nie reg wees nie, sê sy.

    Wat kry jy, Lina? vra Saartjie.

    Wel, ek werk uit dat ons dan tweehonderd en vyftig rand wins sal maak.

    Anna is nou klaar en sy sê dit is wat sy ook kry.

    En dis reg, ouens, sê Saartjie laggend. Dis wat ons sal maak – tweehonderd en vyftig rand wins. En onthou, ons gee elke week ’n tydskrif uit. Dit beteken ons sal elke maand een duisend rand wins maak. Dit beteken elkeen van ons kry elke maand driehonderd drie-en-dertig rand en drie-en-dertig sent! Dis nou vir jou geld verdien, hoor!

    Anna en Lina stem heelhartig saam. Hulle is skoon dronkgeslaan. Driehonderd drie-en-dertig rand en drie-en-dertig sent per maand! Hulle gaan mos skatryk wees – seker die rykste kinders in die skool!

    Die twee stel nou geweldig belang, dis seker.

    Die ander ding wat my aan ’n tydskrif laat dink het, sê Saartjie nou, is my opstel wat Ou Theo gister teruggegee het. Julle het mos gehoor wat hy daarvan gesê het.

    Anna en Lina knik. Meneer Theo Stegmann, die Afrikaansonderwyser, het gesê Saartjie se opstel is die beste een wat hy nog ooit by ’n graad nege-leerder gekry het en hy het vir haar vyf-en-negentig persent daarvoor gegee. Ou Theo het voorspel sy gaan eendag nog ’n goeie skrywer wees. Saartjie het met ’n gloed van tevredenheid in die klas gesit en glimlag.

    Sy sit nou weer so en glimlag. Dit was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1