Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Saartjie se sirkus (#21)
Saartjie se sirkus (#21)
Saartjie se sirkus (#21)
Ebook132 pages2 hours

Saartjie se sirkus (#21)

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Saartjie is op haar stukke: sy kry dit reg dat haar klas die dag in die son kan sit toe sy hulle juffrou oortuig dat die klaskamer stink en sy trek arme Anna ’n lelike streep. Die wêreldberoemde Bert Lancer-sirkus is in Lynnekom en hulle soek ’n jong klavierspeler – Saartjie.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154031
Saartjie se sirkus (#21)
Author

Bettie Naudé

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Bettie Naudé

Related to Saartjie se sirkus (#21)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Saartjie se sirkus (#21)

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Saartjie se sirkus (#21) - Bettie Naudé

    Die Saartjie-reeks

    1. Saartjie

    2. Saartjie se vakansie

    3. Saartjie se geheim

    4. Saartjie se donkie

    5. Saartjie se nuwe maat

    6. Saartjie se slim plan

    7. Saartjie se papegaai

    8. Saartjie se held

    9. Saartjie se geveg

    10. Saartjie se skatte

    11. Saartjie se kliek

    12. Saartjie se kêrel

    13. Saartjie se dapper daad

    14. Saartjie se piekniek

    15. Saartjie se prys

    16. Saartjie se moleste

    17. Saartjie se dagboek

    18. Saartjie se gevaar

    19. Saartjie se verjaarsdag

    20. Saartjie se drome

    21. Saartjie se sirkus

    22. Saartjie se boetie

    23. Saartjie se wedstryd

    24. Saartjie se afskeid

    Inhoud

    Hoofstuk 1

    ’n Slegte reuk

    Hoofstuk 2

    Die klikbek

    Hoofstuk 3

    Die sirkusmense

    Hoofstuk 4

    Die kennisgewing

    Hoofstuk 5

    Die pianis

    Hoofstuk 6

    Saartjie se sirkus

    21Ssesirkus_ICON.tif

    1

    ’n Slegte reuk

    Saartjie sit met die Afrikaanse voorgeskrewe boek voor haar oop. Dit is ’n stilleesperiode en die klas moet ’n sekere aantal bladsye lees.

    Maar Saartjie lees nie. Volgens haar is dit heeltemal onnodig. Sy het die hele boek al by die huis deurgelees.

    Saartjie sit voor in die klas. Haar vriendin, Anna Strydom, sit langs haar, en net agter hulle sit Lina Rens.

    Die drie vyftienjarige meisies – Saartjie, Anna en Lina – is bekend as die Drie Muskiete. Hulle is al vriende vandat hulle nog in graad vier in Laerskool Lynnekom was. Vandag is hulle al in graad nege in Johannesburg se bekende Hoërskool Saamwerk en nog steeds boesemvriendinne. Die drie is omtrent altyd bymekaar.

    Saartjie is ’n mooi meisie met die ongewone kombinasie van donker hare en helderblou oë. Op die oomblik sit en glimlag sy – en as sy glimlag, is daar twee bekoorlike kuiltjies in haar wange.

    Saartjie glimlag omdat die onderwyseres vir haar so snaaks is.

    Juffrou Louw – die kinders noem haar Ou Louwtjie – is ’n bejaarde dame. Sy is geset en het ’n groot, ronde gesig. Sy dra ’n bril, maar die bril sit altyd op die punt van haar neus en daarom kyk sy meer daaróór as daardéúr. Sy is altyd kalm, gebalanseerd en regverdig. Die leerders hou van haar.

    Saartjie glimlag omdat juffrou Louw aanhoudend opmerkings maak terwyl sy die klas se werk nasien. Die opmerkings is natuurlik in ’n fluisterstem – die onderwyseres praat eintlik met haarself – maar Saartjie sit voor in die klas en kan alles duidelik hoor.

    Og, so ’n stoute kind, sê juffrou Louw sugtend terwyl sy ’n klomp rooi strepe deur iemand se werk trek.

    Saartjie wonder wie die stoute kind is, maar sy kan nie die naam op die oefeningboek sien of die handskrif herken nie.

    Met die volgende boek maak Ou Louwtjie klapgeluide met haar tong, dan skud sy haar kop weemoedig en sê: Sal dié meisie nooit die verskil tussen ’n werkwoord en ’n selfstandige naamwoord ken nie?

    Saartjie rek haar nek om te sien wie die meisie is wat nie ’n werkwoord en ’n selfstandige naamwoord uitmekaar kan ken nie. Sy is seker dit is nie haar boek nie, want sy ken die verskil tussen daardie twee woordsoorte mos goed.

    Die onderwyseres neem die volgende oefeningboek en sê ’n paar oomblikke lank niks nie. Dan begin sy met haar rooi pen regmerkies maak en sê saggies: Ja-nee, dis ’n slim meisie. Sy ken haar werk.

    Saartjie se nek rek nou nog langer en sy buig ook effens na een kant toe om te sien of dit nie haar oefeningboek is nie. Sy is mos ’n slim meisie en sy ken haar werk.

    Toe die onderwyseres die boek toemaak en by dié sit wat sy reeds nagesien het, sien Saartjie die slim meisie se naam duidelik op die omslag. Daar staan:

    Lina Rens

    Saartjie glimlag en leun agtertoe. Sy draai haar kop effens en fluister vir haar vriendin agter haar: Lina, het jy geweet jy’s ’n slim meisie en jy ken jou werk?

    Lina is ’n lang, skraal meisie met twee blonde vlegsels wat op haar rug hang. Sy kan nie mooi hoor wat Saartjie sê nie en vra: Hè? Wat sê jy?

    Ek sê...

    Maar Saartjie kan nie meer sê wat sy wou nie. Die onderwyseres het Lina se Hè? gehoor en staar nou na die twee.

    Saartjie is tjoepstil en kyk met ’n onskuldige gesig na haar. Ou Louwtjie staar streng oor die bril op die punt van haar neus na hulle.

    Saartjie gee ’n effens verleë laggie. Dan tel sy haar voorgeskrewe boek op en maak asof sy aandagtig sit en lees. Ná ’n paar oomblikke loer sy oor haar boek om te sien of die juffrou nog na haar kyk. Sy sluk. Ou Louwtjie staar sowaar nog steeds na haar.

    Wat het jy gesê, Saartjie? vra die onderwyseres.

    Ek, Juffrou? Saartjie probeer onskuldig lyk, asof sy die hele tyd net doodstil gesit en lees het.

    Ja, jy!

    Ek... ek het maar net vinnig vir Lina iets gesê, Juffrou, antwoord Saartjie nou en staan op. Dis maar al, Juffrou.

    Wat het jy vir haar gesê?

    Wel, ek het nie juis vir haar iets gesê nie, Juffrou. Ek het vir haar iets gevra.

    Wat het jy gevra?

    Lina luister nou ook om te hoor wat Saartjie gevra het. Sy het mos nie die eerste keer gehoor nie. Dis hoekom sy Hè? gesê het.

    Ek het net gevra of sy geweet het sy’s ’n slim meisie wat haar werk ken, sê Saartjie. Dis maar al, Juffrou.

    Ou Louwtjie besef dat dit die woorde is wat sy gemompel het toe sy Lina se boek nagesien het. Dit is ’n slegte gewoonte wat sy het om so te sit en brom terwyl sy die kinders se werk nasien. Sy moet dit regtig afleer.

    Probeer jy miskien snaaks wees, Saartjie? vra sy nou.

    Nee, Juffrou, antwoord die rabbedoe. Sy lyk nou so onskuldig en soet asof botter nooit in haar mond sal smelt nie.

    Gaan voort met jou leeswerk.

    Ja, Juffrou.

    En moenie weer praat nie.

    Nee, Juffrou.

    Saartjie sit. Sy lig die voorgeskrewe boek op en maak weer asof sy stil en aandagtig sit en lees. Maar sy doen dit nie. Sy het die boek mos al by die huis deurgelees.

    Sy sit nou maar sommer net. Sy is verveeld en wonder wat sy kan doen.

    Saartjie kyk by die venster uit. Dit is ’n heerlike, sonnige dag. Sy wens hulle kan liewer daar op die gras gaan sit en lees as hier in die klaskamer.

    Sy wonder wat Ou Louwtjie sal sê as sy vra of hulle nie maar daar buite kan gaan lees nie. Hulle doen mos nie skryfwerk nie.

    Nee, besluit Saartjie dan, dit sal nie help om te vra nie. Ou Louwtjie sien mos huiswerk na. Sy sal dit nie buite kan doen nie.

    Saartjie se voorkop is gefrons. Sy dink nou hoeveel pret dit sal wees as hulle buite kan gaan sit – of Ou Louwtjie nou wil of nie! Maar hoe kan sy dit regkry?

    Saartjie se voorkop is nou nog meer geplooi, want sy dink baie ernstig. Sê nou maar net daar is iets in die klaskamer wat dit onuitstaanbaar maak om hier te wees? Dan sal hulle mos buitentoe moet gaan om daar te sit en lees.

    Wat van iets soos ’n slegte reuk, dink Saartjie. Al is daar nie so iets hier in die klas nie, kan hulle mos almal saamstaan en sê hier is. Ou Louwtjie sal natuurlik niks kan ruik nie – en hulle ook nie – maar as almal sê hulle ruik iets, sal sy hulle mos moet glo. Daar is een-en-dertig kinders in die klas, so dit sal een-en-dertig mense teen een wees. Ou Louwtjie is regverdig. Sy sal hulle glo en uit buitentoe laat gaan.

    Saartjie besluit om in elk geval te probeer. Dit gaan pret wees.

    Sy skeur ’n bladsy uit ’n ou oefeningboek. Sy kyk net eers vinnig na die onderwyseres om te sien wat sy doen. Juffrou Louw sit ernstig en huiswerk nasien. Sy mompel nie meer nie. Sy doen haar bes om hierdie gewoonte af te leer.

    Dit is veilig en Saartjie skryf vinnig. Toe sy klaar is, lees sy haar briefie deur:

    Haai almal!

    Dis lekker buite in die son. Ons wil liewer daar gaan sit, nè? Doen net wat ek sê en ons sal! Ek gaan vir Ou Louwtjie sê hier is iets in die klas wat stink – en julle moet sê julle ruik dit ook. Ek sal begin. Werk saam met my!

    Saartjie

    Saartjie gee die briefie vinnig vir Anna langs haar aan. Anna lees dit en glimlag. Dan gee sy die briefie vir Lina agter haar aan.

    Saartjie maak of sy haar voorgeskrewe boek lees, maar sy loer elke keer oor haar skouer om te sien waar die briefie trek. Sy hoop net nie een van die kinders is agterlosig en word betrap nie. Dit sal vreeslik wees as Ou Louwtjie die briefie in die hande kry en dit lees. Saartjie wil liewer nie eens aan so iets dink nie.

    Maar gelukkig is niemand in die klas agterlosig nie. Elkeen wat die briefie lees, glimlag breed, kyk na Saartjie, knik sy of haar kop en gee dit dan versigtig na die volgende een toe aan.

    Uiteindelik sien Saartjie die briefie is nou by die seun wat heel agter haar in die laaste ry sit. Sy naam is Lodewyk le Fras de Waal, maar almal noem hom sommer Galpil. Hy bly ook in die voorstad Lynnekom waar Saartjie-hulle woon en was saam met hulle op laerskool. Galpil was ook eenkeer so half en half Saartjie se kêrel.

    Hy lees die briefie aandagtig. Dan kyk hy op na Saartjie en knik sy kop. Nou fluister hy vir die ou wat voor hom sit, dié fluister weer vir die een wat voor hóm sit, en so kom Galpil se boodskap vinnig en fluisterend by Saartjie uit: Reg, ou perd. Ons het dit almal gelees. Jy kan maar begin.

    Galpil het ’n eienaardige manier om ’n ieder en elk ou perd of pêrre te noem.

    Die hele klas sit nou in afwagting. Hulle wonder of Saartjie se plan gaan werk. Maar dit gaan in elk

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1