SLINDILE hou van skool. Sy en haar vriendinne is op pad terug huis toe, maar vandag is sy nie lus vir die gewone giggel en skinder nie.
Zama loop langs haar.
“Ek hoor Dudu gaan ’n baba hê,” sê Zama oor hul gemeenskaplike vriendin. “Hei, Sli, hoor jy wat ek sê?”
“Ek gaan ’n boek skryf.”
“Jy en jou drome! Akho seBhayi apha! (Dis nie Port Elizabeth dié nie.) Niemand op Zabasa het nog ooit ’n boek geskryf nie!”
Slindile het nie altyd op dié dorpie gewoon nie. Sy was nog in doeke toe sy Port Elizabeth toe geneem is na haar tannie Dora. Ná haar pa dood is, het haar ma haar en haar sibbes aan verskeie familielede “gepos”. Haar ma is hierná Kaapstad toe om werk te soek.
Tannie Dora het nooit die kans gehad om skool toe te gaan nie, maar sy het Slindile altyd aangemoedig. So het sy elke dag vir haar stories en sprokies uit Afrika vertel. Haar gunsteling was “Die vrou met die dubbele vel”.
En toe kom die nasionale skryfkompetisie. Slindile stel dadelik belang. Sy skryf tog al gedigte vir amper so lank