Van misvloer tot kroon
Zozibini kon die beesmis mooi glad en gelyk oor die hut se vloer smeer. En dan klouter sy op haar gogo se skoot en kyk watse boek ouma nou al weer lees. “Sy wou net altyd lees, lees, lees, hierdie kleinkind, so ’n netjiese, flukse dogtertjie op my skoot,” onthou die stokou Cynthia Nadapu, haar krom hand vasgedruk teen haar hart.
Heelaand sit die gogo met haar hand teen haar hart, terwyl die ander hand die stampmielies fyntjies mond toe bring. Af en toe dut sy, want die borde kos het eers diep ná tien opgedaag toe die stringe jubelsange en toesprake verby is.
Ons sit in ’n grasdaksaaltjie tussen die heuwels, heeltemal te klein vir al die mense, en die atmosfeer is elektries, Zozi is dán in trane, dán lag sy, en dán moet ma Philiswa weer help om die trane af te vee.
Sy sit penregop, ken gelig, grasieus, ’n Afrika-koningin. Buite motreën en hierdie is vanaand hier vir hul blink kind.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days