Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Score my 'n gwai
Score my 'n gwai
Score my 'n gwai
Ebook114 pages1 hour

Score my 'n gwai

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ek is Miesa, die sussie van Harry en Barend. Die dogter van Betta en Wilhelm. Van die Louwna-omgewing anderkant Vryburg. Van die vlaktes en die skaapkrale en die beesmis, van die landerye wat op oes staan. Ek is ook Miesa van nou, ma van Naledi, getroud met my Facebook-liefde, Jasmyn. Dis wat ek graag wil vertel.

Ek is Siena Maamogwe. Met hierdie twee oge en hierdie kyk van my sien ek alles. Met hierdie hart wat so skop soos ’n hinks in my, ken ek dinge wat ander mense net in hul slaap sien. Met hierdie kop se kyk sien ek wat môre gaan gebeur al klaar. As ek in jou se oge kyk, sal ek jou kan vertel van jouself. Maar ek word moeg van kyk en sien en sien. Hierdie is my storie wat ek saam met Miesa geleef het. Miesa en die twee broertjies, Harry en Barend.

Miesa en Siena se lewens is van vroeg af vervleg, nog voor Miesa se geboorte. Hierdie is hulle verhaal, oor die jare op die plaas en in die winkel en daarna, nadat Miesa haar weg na die buitewêreld en ’n nuwe lewe gevind het.
LanguageAfrikaans
Release dateJul 20, 2013
ISBN9780798162555
Score my 'n gwai
Author

Marlize Hobbs

Marlize Hobbs is gebore in die Louwna-omgewing, ongeveer 80 km van Vryburg in die Noord-Wes. Sy het skool gegaan in laerskool Louwna en hoërskool Vryburg. Daarna was sy twee jaar ’n sendeling in Hillbrow by MES-aksie. Sy het maatskaplike werk aan die universiteit van Johannesburg gestudeer en is in 1999 aangestel as maatskaplike werker in Ganyesa. In 2005 is haar eerste roman Flarde gepubliseer. Die boek het drie pryse ontvang: die UJ prys vir ’n debuutwerk, die Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende skryfwerk en die Eugene Marais-prys.

Related to Score my 'n gwai

Related ebooks

Related articles

Reviews for Score my 'n gwai

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Score my 'n gwai - Marlize Hobbs

    Score my ’n gwai

    Marlize Hobbs

    Human & Rousseau

    Vir Cheryne en Lente

    Motho ke motho ka batho

    ’n Mens is ’n mens deur ander mense

    – Tswana-spreuk

    Miesa

    Jare later, terwyl ek kyk hoe Naledi op haar eenkantmanier in die winterson speel en ek wonder of ek haar moet grootmaak om dinge te glo waaroor ekself twyfel, het ek weer onthou van die dag in 1979 toe ouboet Harry vir my en Barend gewys het dat hy soos Jesus op die water kan loop. Daardie dag het ek geleer dat enige iets moontlik is as jy daarin glo.

    Die vertelling van ’n lewensverhaal beweeg tussen geboortes heen. Dit is soos die herskepping van ’n sirkelgang wat oor en oor gebeur – want wie weet in elk geval hoeveel keer elk van ons al gebore is? Hoeveel keer dit nog herhaal gaan word? Ek vertel my geboorte met die wete dat ek dit sal moet herhaal, óórvertel; iewers gaan dit ’n ander storie wees.

    Ek is Miesa, die sussie van Harry en Barend. Die dogter van Betta en Wilhelm. Van die Louwna-omgewing anderkant Vryburg. Van die vlaktes en die skaapkrale en die beesmis, van die landerye wat op oes staan. Ek is ook Miesa van nou, ma van Naledi, getroud met my Facebook-liefde, Jasmyn.

    Dis wat ek graag wil vertel:

    1978.

    Ek staan voor die lang, regop spieël in my ma-hulle se kamer. Ek zip die broek halfpad op, skud my bene reg daarin, druk my hand tussen my bene en glip Barend se opgerolde kerkkouse in die vurk. Dan vat ek die bruin koukie en teken ’n dun omkrulstrepie op my bolip. Ek knoop die kraag van Barend se wit kerkhemp toe, dan sit ek die blou-en-wit gestreepte aanknoopdas aan. My hare is kort en met ’n nat kam agtertoe gekam met ’n wilde krul in my kuif. Ek dink ek lyk soos Elvis. Nou vir skoene. Ek loop lig, stap versigtig in die gang af, kyk rond of iemand my sien. In Barend en Harry se kamer maak ek Barend se kas oop. Ek buk af om sy DKW’s (soos my pa dit noem, Dans-Kerk-Werkskoene) te vat. Dan ruk iemand my aan die arm: Wat maak jy? En net so vinnig daarna: Ma, Ma! Kyk, Miesa het al weer my kerkklere aan, klik bleddie boetie Barend.

    Vandat ek kan onthou, het ek hierdie andersheid in my gehad en ek het geweet dis verkeerd en ek het geweet ander gaan dink daar is iets fout met my, maar ek wou soos Elvis wees, ek wou ’n hero wees, met wyepypbroeke waaroor die girls mal is. Ek het nie ingepas by die res nie …

    Siena Maamogwe

    Ek het die dolosse gegooi. Ek het tussen die beentjies deur die storie gesien van Miesa, nog voor haar ma by die lyf was. My kop was dom van al die goete wat ek daardie dag gesien het. Sy het gevra: Toe, ous Siena, wat sien jy? Wat sien jy?

    Ek het lank in my kop gedink en toe in my binnekant gekyk. Ek het die Groot Modimo gevra: Nou wat sê ek vir die miesies? Hy was stil, daar het nie eers ’n ligte windjie gewaai lat ek sy stem kon hoor nie. Toe vat ek maar ’n kans. As jy dan nie die help van die Groot Man kry nie, moet jy maar self jou dinke bymekaarvat. Ek het gesê: Die dolosse praat mooi stories. Mies Betta, ek sien ’n kend, so pienk meisiekendjie … Toe kyk ek annerpad en my oge stamp teen die bloekoms vas. Mies Betta het nadergeskuif daar waar ons op die grond gesit het, sy’t ’n stokkie opgetel en strepies oppie grond getrek. Wat nog, Siena? Ek is sommer nuuskierig, maar ek wil weet. Wat sien jy, behalwe nou die kind?

    Ek het my kop geskud. Wat meer wil mens weet? Die dolosse vertel my net dit. Ek weet nie van ander goete af nie.

    Mies Betta het so gemaak soos wanneer sy wil hê ek moet láát werk, maar sy gat my nie betaal daarvoor nie, sy’t haar onnerste lip so getrek: Ag toe, ous Siena! Is daar nie iets oor ’n seun nie? Iets oor die toekoms soos ’n goeie oes of so nie?

    Mies Betta, mens vra nie die dolosse om vir jou geld te bring nie. Daai is nie reg nie! En van seunskenders kan ek jou niks vertel nie. Jy het mos klaar twee! Ek sien die meisiekend. Ek moet loop werk, die vloere was nie hulleselwers nie!

    Ek is Siena Maamogwe. Met hierdie twee oge en hierdie kyk van my sien ek alles. Met hierdie hart wat so skop soos ’n hinks in my, ken ek dinge wat ander mense net in hul slaap sien. Met hierdie kop se kyk sien ek wat môre gaan gebeur al klaar. As ek in jou se oge kyk, sal ek jou kan vertel van jouself. Maar ek word moeg van kyk en sien en sien. Hierdie is my storie wat ek saam met Miesa geleef het. Miesa en die twee broertjies, Harry en Barend. Die storie wat ek agter ’n bos uit dopgehou het, en my oge het te skerp gekyk en ek het blind geword.

    Nou is ek oud en my dae min. Nou vertel ek maar so hier en daar soos ’n dronk mens by die aandvuur wat net stukkies van sy storie kan onthou.

    Ek gaan haal water by die kraan op die werf, die son sak en ek wil nog was en kos maak. Ek loop kaalvoet. Ek dra swaar aan die emmer. Ek tap die water en loop sukkelvoet terug na my huis. Ek sit water op die vuur en gooi solank ACE-koffie in my blikbeker. Ek gooi baie suiker in.

    My huis is in Southey, naby Ganyesa, maar ek het maar altyd op die plase gebly in strooise. Dis nou eers lat ek oud is, lat ek my eie werf het. Hier loop skrophoenertjies en boerbokke en ’n vark of twee. Dis al my goete. Ek het nie baie nie. Wat help dit ook mens skrop jou nes vol eiers en dan vat die Groot Modimo jou en jy kan dit niks saamvat nie?

    Ek stop my pyp met Boxer-twak. Ek trek hom lekker diep in, dan blaas ek kringetjies uit en ek onthou hoe lief Miesa vir kringetjies-rook was. Ek onthou hoe sy die stompie-gwais opgetel en daaraan gesuig het, nes of sy rook. Dan loop sy so en blaas kamstig rook uit. Sommer van bitter klein af. Ek kry lag. En ek kry huil. My kop kan Miesa nie vat sonder al twee nie. Ek onthou weer die nag van haar gebore-word.

    Dit was volmaan en die sterre het doe ver bo in die nag se donker geblink soos jakkalsoge maak. Ek het kaalvoet van die strooise af gehardloop na die plaashuis toe om betyds te wees vir die gebore-word. Ek het klompe goed gedink terwyl ek so hol en kort-kort die Groot Modimo gevra lat die kend gesond en reg sal wees.

    Miesa het gelyk soos ek gedog het: daai donker oge met die kaalkop wat laters se jare vol kroeshare geworre het. Ek was die een wat haar eerste in die arms gevat en gewas het. Toe het ek haar vir haar ma gegee. Sy het met hele arms die kend gevat en styf teen die tiet gedruk. Miesa het gesuip soos ’n lammertjie.

    Die pa het geloer en gesien dis ’n meisiekend, toe draai hy om en loop slaap verder.

    Miesa

    Kort na my geboorte het my ouma Marie gebel. Sy vertel dat die vet vrou van die sentrale op Coetzersdam vas aan die slaap was, sy moes daai telefoon se slinger lui en lui voor sy ’n antwoord kon kry. Teen daardie tyd was ek reeds gebore.

    Ouma Marie het geweet soos iemand wat kon sien dat my ma in barensnood was. Sy vertel sy kon dit so voel aan die rillings teen haar rug af, aan die manier waarop die wind gewaai het, aan die blare wat skielik deur die lug gestorm en teen die stoormuur gaan lê het. Sy vertel dat sy geweet het ek sou ’n meisiekind wees. Haar meitjie. Soms weet mens net, my kind. Moenie vrae vra nie.

    In Desember 2011 kuier ek in haar kamer by Rusoord, Vryburg. Dit ruik na oumens, urine en Goya-poeier. Ouma sit op haar bed en lig haar een arm met die ander een op om tee te drink. Sy is twee-en-negentig en haar oë blink van die jare se onthou en leef. Asof daar trane in is met die terugkyk.

    Siena Maamogwe

    Die oumense was goed vir my. Ek het grootgeword op mies Marie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1