Soveel van ‘hulle’. Hulle sonder van.
Die eerste van ons bediendes wat ek kan onthou, se naam was Bernard. Hy was ’n Wambo. Dit was op Grootfontein in die ou Suidwes-Afrika waar ons toe gewoon het.
Wat Bernard se van was, weet ek nie. Ek was vier of vyf jaar oud.
Bernard het in ’n kamer agterin ons erf gewoon en ’n uniform gedra wat Ma seker by Wecke & Voigts vir hom gekoop het: ’n seilerige wit broek en ’n wit baadjie met ’n rooi strepie rondom die kraag.
“Ou Bernard kan alles doen,” het Ma gespog. “Hy kan tot vetkoek bak.”
Soms het Ma ook gesê: “Ek gaan lang trane huil die dag as ou Bernard nie meer daar is nie.”
Dit was in die jare sestig. Ons het toe nog nie van ’n huiswerker of huishulp gepraat nie. Bernard was ons bediende.
Ek kan nie onthou of Ma gehuil het toe ons van Grootfontein af na Danielskuil toe trek en Bernard moes agterlaat nie.
Op Danielskuil het ons eers vir ai Souf gehad. Ai Souf se van kon Cloete gewees het, al kan ek dit nie met sekerheid sê nie. Cloete of
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days