Witmeid
As my ma opstaan, sit Bettie eers ’n stuk koerant op die sitplek voor sý gaan sit.
My ma het ’n manier van kyk wat jou takseer, maar niks sê nie. Daai kyk wat jou as kind op jou plek kon sit as jy grootmense se tande tel. Ek kom kuier af en toe vir haar, soos vanaand, en dan bring ek gewoonlik ’n present saam – iets ongewoons, nie die gewone blomme of eetgoedjies nie. Iets wat ek weet haar sal beindruk, soos ’n tarentaaleier of die geraamte van ’n padda, al bly sy haar ongeërgde self. Amper tagtig en nog net so hardegat soos altyd.
Ek het ’n groot surprise vir jou, sê ek toe ons op die agterstoep gaan sit. Haar skerp swart oë wat sê, ag waarmee kan jy my surprise. Ek lees vir haar die doodsberig wat ek vanoggend uit die koerant geknip het en nie kon wag om vir haar te gee nie:
Retief, Elizabeth Magdalena (Bettie), 07/02/1923 – 05/01/2019. Met groot hart-seer neem ons afskeid van ’n geliefde ma, ouma en oumagrootjie, Bettie, wat vir 95 jaar aan ons geleen was. Dankie Ma/Ouma vir alles wat ons by jou kon leer en al die liefde ontvang. Rus sag, ons sal Ma altyd onthou
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days