Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kompoun
Kompoun
Kompoun
Ebook258 pages3 hours

Kompoun

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Nadia en haar nefie Xavie word op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”, die een wat die waarheid laat val het soos ? duur porseleinblompot. Hulle twee probeer die waarheid aanmekaar las, die dinge waaroor daar in hul familie geswyg word: oor middelmisbruik en mishandeling, maar ook oor Antie Diana, die verhouding wat sy met ’n swart plaaswerker van die kompoun gehad het en die tweeling aan wie sy geboorte gegee het.
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateOct 6, 2021
ISBN9780795710391
Kompoun
Author

Ronelda S Kamfer

Ronelda S Kamfer is in 1981 in Kaapstad gebore. Sy matrikuleer in 1999 aan Eersterivier Sekondêr en verwerf in 2011 haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die UWK. In 2009 word sy mede-wenner van die Eugène Marais-prys vir haar debuutbundel, Noudat slapende honde. In 2011 verskyn haar tweede digbundel, grond/Santekraam, en in 2012 word sy bekroon met ’n Absa Kanna vir vernuwing in Afrikaans. Die Nederlandse vertalings van Noudat slapende honde en grond/Santekraam verskyn onderskeidelik in 2010 en 2012 by Podium.

Read more from Ronelda S Kamfer

Related to Kompoun

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kompoun

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kompoun - Ronelda S Kamfer

    9780795710391_FC.jpg

    Ronelda S. Kamfer

    Kompoun

    ’n Roman

    KWELA BOEKE

    Compound (noun): A thing that is composed of two or more separate elements; a mixture […] South African. An area containing single-sex living quarters for migrant workers, especially miners […] from Portuguese campon or Dutch kampoeng, from Malay kampong […]

    – Oxford Languages (online)

    Ever since they left Thiès, the women had not stopped singing. As soon as one group allowed the refrain to die, another picked it up, and new verses were born at the hazard of chance or inspiration, one word leading to another and each finding, in its turn, its rhythm and its place. No one was very sure any longer where the song began, or if it had an ending. It rolled out over its own length, like the movement of a serpent. It was as long as a life.

    – Ousmane Sembène, God’s Bits of Wood

    Opgedra aan:

    Al die vrouens, wat sorry moes sê,

    al was hulle nie sorry nie,

    en vir my ma, altyd.

    Vir:

    Nathan en Seymour, wat my artillery dra,

    sodat ek free is om te fight.

    NADIA

    Têtte vir die hello en trane vir die koebaai

    Antie Bettina se têtte hang by haar blouse uit soos sy hoes, sy vertel ’n storie van my nefie, Chris, wat by die skool pak gekry het omdat hy nie geweet het wat ’n vagina of ’n penis is nie. Hy het vir die voorligtingjuffrou geskrie: Is ’n poes, teacher! The girl’s thing, is ’n poes! That’s what my mommy call it. Uncle Empty, wat op ’n paintblik sit en bier in ’n klein glasie skink, breek hom. Is curious vir hom, dat my twaalf jaar oud nefie nie weet wat ’n vagina is nie. Uncle Empty dra ’n wit vest en blou werkbroek, met ’n paar oversized plastic sandals.

    Ek try om my thoughts mooi te hou, want ek haat my nefie en Uncle Empty is actually oraait. Hy slaan sy vrou, but ek het te min nice grootmense in my lewe om hom af te skryf. Hy is nice met my. Ek lê soms in sy kamer en kyk M-Net, al slaap hy. Hy bring my elke Vrydag ’n chip roll en Saterdae as hy tote toe gaan om pêre te speel, dan loop ek saam hom. Ek stap saam as hy bets gaan haal by die kerkanties wat nie wil hê mense moet weet hulle dowwel nie. Ek skryf hulle nommers langs hulle name en Uncle Empty vat die geld en vou dit in sy bruin koevert. Ons stop dan by die moneylender Oompie Diamonds met sy Vitalis- en Brylcreem-gesmeerde side parting soos Clark Gable. Oompie Diamonds kry sy naam van sy ou lewe af, hy het in sy jongdae klippies vir die boere gesmokkel en toe ’n jewellery-winkel in die Somerset West oopgemaak. Almal het gedink hy is ’n foreigner, die Moor wat horlosies regmaak.

    Hoekom bly hy hier? vra ek vir Uncle Empty.

    Hy lyk maar net soos die More, hy is ’n coloured, antwoord Uncle Empty.

    Ek verstaan nie lekker wat ’n Moor is nie. Al Moor wat ek ken is in Shakespeare en al Shakespeare se Moors is altyd besig om te fornicate of iets te doen wat die English nie gewoond is aan nie. Maar Uncle Empty misverstaan my vraag. Ek wil weet hoekom iemand soos Oompie Diamonds, wat geld het, hier tussen ons in die council-huisies bly.

    My pa se nuwe werk het benefits, almal wat vir die council werk, kry ’n huis hier, met ’n vrag stipulations attached, niks boarders nie, maar Oompie Diamonds se huismense hou van die rules bend, hy board by hulle nog voor my pa ’n huis gekry het. My pa het way gemaak vir al my uncles, nou bly almal in Delmont Estate, property of the Cape City Council. My ma haat dit om hier te bly, want dit is ’n gomgat-area, sy kan nie wag vir my pa om promotion te kry nie sodat hulle ’n huisverband kan kry en trek. Ek dink dit is stupid om ’n huis te gaan koop terwyl jy verniet kan bly, but my ma sê sy wil hier uit voor die elections verby is, want die boere gaan die government verloor en harregat trek met mense wat in hulle properties bly. By die ingang van Delmont Estate is daar ’n sign wat sê: Private property, trespassers will be shot dead. Dit het my altyd gepla, want niemand wat hier bly het guns nie, so wie gaan die een wees wat trespassers dead shoot? My ma sê die sign kom uit die ou dae uit, voor die Nuwe Suid-Afrika.

    Ek gaan nie bother om vir Uncle Empty verder te vra oor Oompie Diamonds nie, hy is nie die tipe wat ooit lus is vir vrae nie.

    Elke week is dit ek en hy, en die delinquent housewives wat hulle mans se geld steel om bets op die pêre te sit − hulle wen rarely. Hulle’t net een keer decent gewen, sover ek kan onthou. My ma en Antie Daphne het ook daai week gespeel. Uncle Empty wat broke was daai week, omdat dit nie op sy fortnight geval het nie, het gaan speel met die vrouens se geld en ’n klein jackpot gewen. Twee van die vrouens se mans het vir Oompie Diamonds geld geskuld, so die middag toe Uncle Empty kom met die geld, het Oompie voor ons hek gestaan en wag. My ma en Antie Daphne het vir Oompie in die huis in gelure, met ’n offer van ’n koppie tea en biscuits. Toe hy eers in die huis is, toe slip Uncle Empty verby, straight na die twee vrouens toe en gaan deliver hulle winnings. Toe hy terug by die huis kom, toe staan Oompie Diamonds in die driveway met ’n rottang, want hy het uitgewerk my ma en Antie Daphne was bymekaar met ’n eyeblind.

    Jis, ou Diamonds, wat sê die grootman? het Uncle Empty gevra, as an van Oompie en sy aapstêt.

    Oompie Diamonds het ’n serious hakkel gehad en terwyl hy gesukkel het om sy woorde uit te druk, het Uncle Empty weggestap. Mmmoooo … mmmoo … mm … is al wat hy kon uitkry voor hy sy stok kon lig om vir Uncle Empty te slaan. Toe bliksem die stok per ongeluk my ma dwars oor haar bors. My ma het net haar bors gegryp, soos ’n ryk vrou na haar pêrels. Oompie Diamonds het so geskrik dat hy die lat laat val het.

    Die next dag was die storie die hele skiem vol. Oompie het vir Tina gemoer met die rottang, oor Empty die vrouens hulle geld gaan gee het voor hulle skuld betaal was by Oompie. Almal het ’n stukkie aan die storie gelas. Tot Diamonds op die ou einde ’n vuilgat was wat kinders sal laat honger ly wat dae laas geëet het. Diamonds, met sy Moor-gedagtes, vat advantage van die arme vrouens oor hulle manne se sondes. Die next dag is Oompie op die heuwel gerop, in die naam van fairness, righteousness en net plain oor sy kak maniere.

    Ek het bad gevoel vir Oompie Diamonds. Alhoewel hy uitgevriet was vir geld, was dit nie nodig om hom te rop nie. Hy het my ma accidentally geslaan en hy was kak sorry. Even my ma was fine oor dit. But Uncle Empty was aangedoen. Asof hy al ooit sy vrou per ongeluk geslaan het. Oompie Diamonds se days as merchant vannie skiem was verby. Desperate mense het vermakerig geword en skielik hulle code van dignity gelos en begin geld leen en boast hoe hulle nooit ooit vir Oompie gaan terugbetaal nie. Daai was vir my fucked up. Ek het mense gehaat wat anders indoen, maar het besluit om daai gedagte te los, want anders word ek nes hulle, righteous en moral. Ek wil ’n proper immoral persoon wees. Dan kan ek my admiration vir ’n degenerate gambling addict en vroueslaner justify.

    Meer as enige iets wil ek nie soos my ma en haar susters wees nie, hulle is net têtte en groot oë en suffering. Sex en sadness. Têtte vir die hello en trane vir die koebaai. Ek wens my ma’le was soos Antie Trisha’le – hard en rof met manmoesies. Antie Trisha en haar sisters bly op die verste hoek van Groenplaas en niemand mors ooit met hulle nie, nie eens my ouma nie. Al tyd wanneer ek hulle gesien het, was elke volmaan, wanneer my ouma my saamgesleep het na Antie Trisha se werf, waar sy die hoenders en skape self slag. Hulle rook en drink vuilwyn en hul manne is almal vroeg dood. Hulle maak hulle kinders alleen groot en loop nie kerk nie. My ma’le is te oor kerkgaan, hulle sal kerk toe al sê Jesus ook self vir hulle hulle kan maar een Sondag laatslaap. My ouma betaal vir die vleis in naaldwerkgoed en bakwerk. Die vrouens in my familie is fireproof, hulle is gemaak van nat hout, maar ek is ’n droë takkie kindling en al pak jy my onder die nat stompe, vlam sal ek vat.

    NADIA

    Ek sê solank sorry

    Ek en my nefie Xavie vertel dié storie van hoe kinders hulle ouers begrawe. Ons twee moet die storie saam vertel, want in ons familie leer die grootmense die kinders om te lieg. Ek en Xavie operate soos die Praetorian Guard vir die McKinney Empire, try om die waarheid te unearth en protect, maar mainly wil ons die hele empire dismantle. Ons familie try hard om ons te maak glo dat familie iets is, iets meer as ’n accident, but hulle is baie kak daa in. Rule one van indoctrination: give them something they think they can’t live without, but ek en Xavie weet een ding vir ’n feit: ons kan sonder die naies klaa kom, almal van hulle.

    NADIA

    Een vrou op ’n slag

    Laat ek begin met die stammoeder van lieg, Ouma Sylvia. Die matriarg van Groenplaas. My ouma sê die heks wat haar eie ma getoor het met blindheid het vir haar gesê haar kinders gaan nie kinders sien grootword nie, want my ouma se ma het haar lewe gesteel en my ouma het dieselfde gedoen, iemand se lover gesteel. Mans word gesteel en vrouens is die skelms, volgens dié slimvrou. My ouma se ma het ’n heks se lover gesteel, wat mean my ouma en haar ma is altwee slegte meirre. Die lover wat my ouma gesteel het, was nie my oupa nie, maar ’n ander man, die een wat my ma-hulle die voo-Pappa-tyd-jong noem. Die man met die skewe smile. Ek probeer soms my ouma as ’n jong sinful meisie imagine, een sexualised way te vroeg, want by die tyd wat sy vyftien was, was sy getroud. So ek guess, volgens daai tyd se social norms, was sy aware van seks vanaf about veertien. Daai is wat ek hoop, ek hoop my ouma was aware van seks voor sy met my oupa getrou het. Maar dié is nie ’n storie oor my ouma nie, ek vertel die storie van my ouma se kinders en hulle kinders. Een vrou op ’n slag.

    NADIA

    #172a3e

    Ek moet eintlik begin by Antie Diana, want sy het die meeste kak aangevang.

    Diana se regte naam is Adriana. Die Jood op die dorp buite Groenplaas het haar naam gegee. Hy het gesê sy is so donker soos die nag en die diepste Adriatic blue.

    Adriana is gebore met ’n amper-vyf-jaar-gap tussen haar en haar broer, al my ouma se ander kinders is kort na mekaar gebore. Die rede vir die delay in succession is een van twee dinge: ’n stillbirth of die apparent hoergees wat my oupa en ouma se huwelik kom interrupt het. Regardless het sweet Jesus dinge reggemaak en Antie Diana is gebore.

    Die ander ding wat Adriana van haar siblings skei, is haar donker vel. Die res is almal lig soos my ouma. Al die grootmense het gesê: Daai kind van Sylvia is swart, maar met die mooiste geaardheid. My ouma het altyd gesê as jy nie mooi kan wees nie, moet jy nice wees. Daai was Diana se tagline, die lelike nice meisie.

    Diana was vyfde uit twaalf broers en susters. Wat haar part van die invisible middel gemaak het. Hulle werk was om alles te doen wat die ouer kinders doen, sonder die credit. Daar was nóg kinders behalwe die twaalf, maar my ma het geglo jy tel nie hoerkinders en dooie kinders saam nie.

    My ma vertel my dat as kinders kon hulle soms vir weke gaan sonder om met my ouma te praat. Die groot kinders het die middelkinders grootgemaak en die middelkinders het die babies grootgemaak. My ouma was soos ’n area manager, sy het net ingekom om stock te vat of ’n nuwe kind te introduce.

    Toe Diana ag of nege jaar oud was, het my ouma vir haar geforce om haar te bekeer en te laat doop. My ma sê toe die ouderlinge daai oggend vir Diana hande oplê, het sy net daar voor in die kerk gestaan en in haar broek gepis. Die goue geel pislyn het stadig langs haar wit pantyhose afgeloop en in die diep rooi mat gesink, terwyl die ouderlinge net harder en harder gebid het. Diana het ná die handover van haar siel aan Jesus doodstil bly staan en na haar voete gestaar. Asof sy telepathically met die pis praat. My ouma het gesê die engele jubel in die hemel wanneer daar ’n jong siel na die Here toe kom. My oupa het net gesug en gesê: Diana is soos ’n klip, maar die Here sal haar breek.

    Die Here het haar gebreek twee jaar later, toe Mal Hannes aan haar begin vat het. Toe sy vir my ouma vertel, toe slaan my ouma haar met ’n sambok. Dieselfde aand kry sy haar eerste period en hardloop kompoun toe.

    NADIA

    Die willemeid van Groenplaas

    Deidré post ’n morbilicious foto van haar ma, Diana, op life support by Karl Bremer. ’n Thirst trap vir uitverkorenes. Die caption lees: God will make a way for us. Die eerste comment is ’n kerkbroer wat gemanage het somehow om sy glossolalia gibber te transcribe: Ha shabara, ah shabara … Die res van die comments is almal van sad familie en randoms wat stunned is.

    Ek staar na die foto, my antie het ’n shocked expression stuck op haa gesig, soos ’n magnet teen ’n fridge. Sy staar na die kamera en dit lyk of sy wil sê: Holy shit, ek gaan nou doodgan. Ek wil nie imagine wat sy dink nie, maar ek imagine anyway. Diana die wild child, die man-eater, die hoodlum, die enigste een van my ouma se kinders wat nie ’n domestic worker was nie. Antie Diana, wat vir ons skelm bier gegee het en ’n skyf gehou het as ons parents nie daar was nie. Pikswart Diana, met die ginger hare soos ’n Solomon Islander. Diana met die swart, wit en Indian baby daddies. Zodwa, Tarquinn en Salvador, haar drie kinders wat sy self grootgemaak het, maar heel eerste was daar die twins, Deidré en Deneel, wat almal behalwe sy grootgemaak het.

    Na die twins gebore is, het Antie Diana op ’n baby-making spree gegaan, Taakie, Zodwa en Dali is so vinnig na mekaar gebore dat almal vir Antie Diana begin Spulskatjie noem het. Daai een is so ryp soos ’n somerperske, het my een antie gekla.

    Sy sal haar kont moet toekap of ten minste vir Suster Mildred-goed gaan besoek, so kan jy nie lewe in die wêreld in bring sonder ’n waslap op jou naam nie, het ’n ander antie gesê.

    My ma sê motherhood is natural, dit kom vanself. Alles wat my ma explain eindig op: dit kom vanself. Liefde kom vanself, hoop kom vanself. My ma maak net excuses, want sy gee nie om oor liefde of motherhood nie. Sy dra haar liefde soos ’n voorskoot en hand haar feelings uit soos ou lekkers in daai voorskoot-pouch – as ek verby kom, kry ek een en sy kyk my net aan terwyl ek sukkel om daai ou sticky papier af te kry.

    Antie Diana is wat ons vandag ’n hoe noem,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1