Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hammie
Hammie
Hammie
Ebook93 pages29 minutes

Hammie

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

In haar eerlikste bundel nóg dig Ronelda S Kamfer oor die intieme en komplekse verhouding tussen ma en dogter. In Hammie verwerk die digter die verlies van haar ma deur outobiografiese gedigte – genuanseerde verse waarvan die toonaard melankolies en ook ontstellend is. Sy dig oor haar grootwordjare op die Kaapse Vlakte, oor Afrikaans, ras en klas, en oor moederskap, maar bowenal ontgin sy dít wat ongesê bly tussen ouers en kinders, tussen vriende en kennisse, tussen familielede. Met Hammie verwoord Kamfer meer as net die leefwêreld van ’n generasie of kultuur: sy bevestig haar unieke, volwaardige digterstem in Afrikaans.
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateFeb 1, 2016
ISBN9780795707582
Hammie
Author

Ronelda S Kamfer

Ronelda S Kamfer is in 1981 in Kaapstad gebore. Sy matrikuleer in 1999 aan Eersterivier Sekondêr en verwerf in 2011 haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die UWK. In 2009 word sy mede-wenner van die Eugène Marais-prys vir haar debuutbundel, Noudat slapende honde. In 2011 verskyn haar tweede digbundel, grond/Santekraam, en in 2012 word sy bekroon met ’n Absa Kanna vir vernuwing in Afrikaans. Die Nederlandse vertalings van Noudat slapende honde en grond/Santekraam verskyn onderskeidelik in 2010 en 2012 by Podium.

Read more from Ronelda S Kamfer

Related to Hammie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hammie

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hammie - Ronelda S Kamfer

    Hammie

    Ronelda S Kamfer

    Kwela Boeke

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Hammie mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir Allisen Gertrude Kamfer

    The moon is low tonight

    Nightswimming deserves a quiet night

    I’m not sure all these people understand

    It’s not like years ago,

    The fear of getting caught,

    Of recklessness and water

    They cannot see me naked

    These things, they go away,

    Replaced by every day

    Nightswimming, remembering that night

    – REM, Nightswimming

    Well, did you trust your noble dreams and gentle expectations

    to the mercy of the night?

    The night will always win,

    The night has darkness on his side

    – Elbow, The night will always win

    I wish I could take the pain away,

    If you could make it through the night, there’s a brighter day,

    Everything will be alright if you hold on,

    It’s a struggle every day, gotta roll on

    And there’s no way I could pay you back

    But my plan is to show you that I understand

    – Tupac Shakur, Dear Mama

    hammie (selfstandige naamwoord): ma, moeder, mammie (Kaaps)

    Ronelda, jy is my kind en jy bly my kind tot die dag wanneer die maan ’n ander naam kry. – Gertruida Kamfer/Hammie, November 1999, Stratford Green, Eersterivier

    Vir die voëls

    ek het bloed op my hande

    van al die vredes wat ek bewaar

    ek het al jare weggelieg

    om op te maak vir verlore tyd

    maar

    mens kan net soveel keer

    jouself uitbrand

    en oor begin

    Vetste vlieë

    daar’s ’n nuwe breed

    van vintage-wearing bruin meisies

    wat eers hulle hare straight gesool

    en Engels gepraat het

    wat Foschini accounts gehad het

    en net first class gery het

    die type wat boyfriends gehad het

    toe hulle nog burks was

    die type wat offended geraak het

    as ek iets verkeerd scan agter die till by Clicks

    die type wat die light skin gene

    in die family gehou het

    die type wat die mooiste meisie

    in die township was

    die type wat mooi was vir coloured mense

    die type wat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1