Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

grond/Santekraam
grond/Santekraam
grond/Santekraam
Ebook72 pages37 minutes

grond/Santekraam

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Met dié nuwe bundel verse vestig Ronelda S. Kamfer haarself opnuut as hoogs talentvolle en dénkende digter in Afrikaans. Die landskappe Klippenkust en Skipskop figureer in dié gedigte, en ook die karakters Klippie Klip-kop en Sara-Slim-meisie, en Herrij Autshumao en Van Riebeeck. Skeepswrakke onderwater word simbool van verledes wat nooit opgediep is nie. En “oorvertel” van die geskiedenis word uiteindelik “andervertel”,  met ironie, fyn humor en ’n spel met taal. grond/Santekraam is ’n uitsonderlike bundel, en verryk die huidige kanon van Afrikaanse poësie.
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateJul 15, 2011
ISBN9780795703805
grond/Santekraam
Author

Ronelda S Kamfer

Ronelda S Kamfer is in 1981 in Kaapstad gebore. Sy matrikuleer in 1999 aan Eersterivier Sekondêr en verwerf in 2011 haar honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die UWK. In 2009 word sy mede-wenner van die Eugène Marais-prys vir haar debuutbundel, Noudat slapende honde. In 2011 verskyn haar tweede digbundel, grond/Santekraam, en in 2012 word sy bekroon met ’n Absa Kanna vir vernuwing in Afrikaans. Die Nederlandse vertalings van Noudat slapende honde en grond/Santekraam verskyn onderskeidelik in 2010 en 2012 by Podium.

Read more from Ronelda S Kamfer

Related to grond/Santekraam

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for grond/Santekraam

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    grond/Santekraam - Ronelda S Kamfer

    cover.jpg

    Titelblad

    RONELDA S KAMFER

    grond/Santekraam

    KWELA BOEKE

    Opdrag

    Vir Nathan

    gaan i

    ons moet gaan

    die heeltyd ons

    moet gaan

    teenwinde hou

    ons trug

    maar gaan

    is wat

    ons moet

    gaan weer

    en weer

    mettertyd gaan

    ons moet

    grond

    grond.jpg

    die klippe hou grond aan die aarde vas soos ’n mat

    eendag lank gelede was daar

    ’n berg

    die berg het die grond aan

    die aarde

    vasgehou soos ’n mat met klippe

    aan

    sy hoeke eendag toe gebeur daar

    iets

    hy wat die berg is

    verloor sy konsentrasie

    met dié word ’n stukkie van sy

    grond

    deur die wind opgetel en weggewaai

    dis

    toe so dat dié spesifieke

    stuk

    grond nie sy bewoners

    kon behou nie

    hy het nie daai ding wat

    grond moet hê vir mense nie

    Klippenkust

    wanneer die son soggens skeel

    opkom en sy strale die baster-

    see splinter sien die mense

    van Klippenkust die silwer strepe

    wat vêr strek strek vanuit uit die hemel

    en hulle sien hulle sien hoe

    die Arniston uit die see uitrys

    en trug seil Ceylon toe

    hulle sien hoe die see-

    spoke miswolke word en smelt

    die mense sien mekaar almal sien

    vir Sara die Slimvrou voor haar kooi

    kniel en ’n klein kapsule onder haar

    kant van die matras uithaal en skelm

    sluk terwyl haar man haar enigste

    enigste man Kêns Terence salig

    droom droom van die drie mooi

    meerminne wat hom van die dood

    gered het toe hy vyf dae lank op Vler-

    kies sy erfstukbootjie alleen die siek

    swart see ingedryf het Sara die Slim-

    vrou het alleen in haar huisie gesit

    en wag gewag vir haar enigste enigste

    man om nooit ooit weer trug

    te kom nie sy wou hê die see moes hom

    vat maar toe kom hy trug seniel

    stukkend

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1