Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kleur kom nooit alleen nie
Kleur kom nooit alleen nie
Kleur kom nooit alleen nie
Ebook122 pages2 hours

Kleur kom nooit alleen nie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

RAU-prys vir skeppende skryfwerk (2001)
In 'n paar opsigte verskil hierdie digbundel van Antjie Krog se vorige werk: vir die eerste keer beweeg die verse ook buite Suid-Afrika - elders in Afrika en ook Europa. Die verse staan in die teken van 'n soeke na identiteit op die kontinent en die vind van 'n plek binne die Afrika-bestel. Soos in haar vorige bundels hanteer Krog ook in hierdie bundel die persoonlike, die politiese en die land(skap).
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780795707797
Kleur kom nooit alleen nie
Author

Antjie Krog

Anna Elizabeth (Antjie) Krog is op 23 Oktober 1952 in Kroonstad gebore. Sy is 18 jaar oud toe haar eerste digbundel, Dogter van Jefta, in 1970 verskyn. In 1972 verskyn Januarie-suite en dit is in 1973 met die Eugène Marais-prys bekroon. Sy behaal 'n BA-graad en honneursgraad in Engels (1973) aan die Universiteit van die Vrystaat. In 1976 verwerf sy 'n MA-graad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Haar digbundel Jerusalemgangers is in 1987 met die Rapportprys bekroon en in 1990 ontvang Antjie die Hertzogprys vir poësie vir Lady Anne. In 1993 is sy aangestel by die tydskrif Die Suid-Afrikaan, en in 1995 begin sy as politieke verslaggewer by die SAUK te werk. Antjie lewer van 1996 tot 1998 verslag oor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Sy verwoord haar ervarings oor die proses in Country of my Skull wat in 1998 gepubliseer is en wat met onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. In 2003 word die bundel Met woorde soos met kerse, wat haar Afrikaanse vertalings en herbewerkings van poësie uit Suid-Afrikaanse inheemse tale, en een van die San-tale, bevat, aangewys as die wenner van die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut se driejaarlikse wedstryd. Kwela Boeke publiseer in 2004 die digbundel Die sterre sê 'tsau' en dit haal die kortlys van die M-Net-prys vir poësie vir 2005. Kleur kom nooit alleen nie is in 2001 met die eerste RAU-prys vir skeppende skryfwerk bekroon. Sy is sedert 2004 'n buitengewone professor in Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Read more from Antjie Krog

Related to Kleur kom nooit alleen nie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Kleur kom nooit alleen nie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kleur kom nooit alleen nie - Antjie Krog

    ANTJIE KROG

    Kleur kom nooit alleen nie

    KWELA BOEKE

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Kleur kom nooit alleen nie mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    vir JOHN

    wat ’n man is

    van sy woord

    For our past is covered by the currents of action,

    But the torment of others remains an experience

    Unqualified, unworn by subsequent attrition.

    People change, and smile: but the agony abides.

    Time the destroyer is time the preserver,

    Like the river with its cargo of dead negroes, cows and chicken coops,

    The bitter apple and the bite in the apple.

    T S Eliot: Dry Salvages, Four Quartets

    Wondherstel is die herstel van die integriteit van beseerde weefsel.

    J W Schneider: Inflammasie, Herstel en Immuniteit

    I

    MONDWEEFSEL

    SES NARRATIEWE UIT DIE RICHTERSVELD

    1. die Groot Gariep

    toe was die pole nie ys nie –

    die see ’n stadig sirkulerende werweling van loue

    water rondom Gondwana

    – tot met die skeuring

    die kontinent wikkel haarself saggies los

    van ander

    en sien hoe’t wegdryf as horisonne

    dis die geboorte van die Groot Rivier

    die Oer-Oranje

    ‘ons noem hom nie Gariep nie,’ sê oom Jakobus de Wet

    ‘ons noem hom die Oranje

    maar ientlik vir ons is hy: Die Rivier’

    los van ander skiet suider-Afrika die lug in

    bibberend van losse vryheid

    mere en seë dreineer die opgetilte landskap langs

    afgeplat weggevreet

    die oerrivier stroomroof deur trôe

    gletsergleuwe    lemme van kwartsiet

    die rivier tel spoed op    skuim verby Gloriegat se knakpunt

    en roei uiteindelik met sliksagte fluweelafsettings

    op die oewers af see toe

    ‘die eentlike reddende ding is die mis,’

    beweer Dawid Links

    ‘dis hy wat ons as Namas: Huries noem

    hy stoot uit die koue trogte van die Benguela

    aan wal gewaai deur wind, en begint veldoor sleep hientoe

    die koppe onderskep dit

    so jy weet: bossies, klippe – ammil drink dou

    maar te veel Huries maakie veld blou

    daarom verkies ons landsweer – so vir die vlotter natmaakslag’

    Dwyka-ys is ’n naam in my taal

    en graniet van die Vioolsdrifsuite!

    die slang

    (sjuut! moet sy naam nie noem nie

    hy figure fyn uit wie’t jy is)

    en as hy jou eers gehou en gehad het

    kom jy nimmernooit los

    moet jy terug

    dieselle tyd, dieselle plek, elke jaar dring jy water toe terug

    bak staan of bo leef

    trug sal jy trug

    soos die ander vrou

    bak sy brood

    sit sy kerk

    as sy hom hoor fluit

    staan sy op ’n loop

    slaap-loop sy rivier toe

    ’n verskriklike krag is dit as die slang jou vat

    soos dwing    soos droom

    daarna onthou jy niks

    net die diamant op die voorkop

    en dat hy snags uitkom om te wei

    party sê hy krul in die Wondergat

    waarvan niemand nog die bodem gekry het nie

    (dis nou behalwe die man van Kubus

    wat afgegaan en nog dieper afgegaan het

    toe’t opkom was sy hare spierewit

    en sy stem weg

    tot sy dood weet niemand wat hy’t sien nie)

    2. narratief van ou nomadiese trekpatrone

    in die winter trek Paulshoek se mense na Moedverloor, Boggel, Goeiemanskuil, Slootjies, Damme, Een Wilger en Kuile. Rooifontein se mense maak staning by Matjiesgoedkloof, Kammassies, Dikkopskraal en Draai. Vanaf Klein Nourivier lê die trekpad deur Besitwater, Khiribes, Bobbejaanshoek, Hosabes en Rooihoog. Afhangende van die reën trek Spoegrivier om die beurt na Skêrberg, Koringhoog en Patrysvlei. Klipfontein trek na Nuwekloof, Vaaldraai, Gowwermentsputs. Tweerivier na Golfkraal en Haasrivier. Oom Jakobus trek van Ochta na Pokkiespram en later na Oena. Links lê Ploegberg en Grootderm; regs Windwaai en Kabies.

    This pattern was completely overturned by the establishment of economic [identifiable] units.

    Lala Steyn & Henry Krohne: Land Use in Namaqualand

    3. narratief buite die park

    Susara Domroch van Kubus

    ‘nee Oupa Mandela vir hom stem

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1