Weg!

Skedelkus toe in ’n sedan!

Die geniepsige wind waai ’n motreëntjie teen my wange waar ek op die sypaadjie voor ’n koffiewinkel in Swakopmund staan.

Dis Meimaand en onplesierig koud. Ek verbeel my vir ’n oomblik ek is iewers in Europa. Ek dra ’n dubbellaagbaadjie, langbroek en ’n mus. Ek is omring deur Duitse argitektuur. Enkele minute later teug ek aan die mees Europese van alle koffiesoorte, ’n sterk espresso’tjie.

Terug by my bakkie is die vensters toegewasem. Op die sitplek lê John H. Marsh se boek Skeleton Coast wat ek in Die Muschel-boekwinkel in die Brauhaus-arkade gekoop het. Dit vertel die verhaal van die reddingspoging in 1942 vir die Dunedin Star, ’n Britse stoomskip, wat die nag van 29 November sowat 600 km noord van Swakopmund gestrand het. Dit het ’n hand vol reddingsbote, ’n vliegtuig, ’n konvooi 4x4’s en twee mense se lewe gekos om die 85 bemanningslede en 21 passasiers oor ’n aantal weke te red.

Deesdae kan ’n mens min of meer die helfte van die Skedelkus in ’n Volkswagen Polo verken. As jy vroeg wegspring, kan jy binne ’n dag tot op Terracebaai ry – die verste buitepos vir besoekers.

Ek stuur ’n skietgebed op voordat ek ry, want dis juis hierdie guur weer wat die Skedelkus sy vreesaanjaende reputasie gee.

Nie ’n dag vir poskaartfoto’s nie

Net buite Swakop klim ’n mens op ’n netjiese nuwe teerpad tot op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Oor Grense Heen
Grense is eienaardige goed, oor die eeue heen het mense dit lukraak geskep om die belange van die groep binne die grens te beskerm en natuurlik om ander uit te hou. Kyk jy na ’n kaart van Afrika, sien jy telkens die mees dwaas van alle landsgrense: L
Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg3 min read
Mooi Van Lelikheid!
Hiënas lyk nogal soos honde, maar hulle is nie honde nie; hulle naaste familie is dwergmuishonde en sivetkatte. Die voorste twee bene is langer as die agterbene, wat maak dat ’n hiëna se skouers hoër is as sy stuitjie en sy rug skuins na agter afloop

Related