Susters aan die Breërivier
Waar is al die mense? Ek verstaan nie hoekom die strand so verlate is nie. Dis vroeg in September en ek sit op ’n bankie en kyk uit oor Witsand se hoofstrand. Die parkeerterrein is ook leeg buiten Weg se Renault Duster waarmee ek en die fotograaf Shelley Christians reis. Aan die verste punt van die parkeerterrein is die Anchorage Beach Restaurant, ’n blokagtige struktuur wat prettig in blou en wit geverf is. Rook borrel uit die skoorsteen en trek saam met die vroegoggendmis see toe.
Ek fynkam die horison tevergeefs vir ’n suidelike noorkapperwalvis en hoop die mis sal gaandeweg verdwyn. Hermanus is dalk dié walvisse se speelskool, maar Witsand is hulle kraamsaal. In 2013 het die Instituut vir Soogdiernavorsing 82 kalfies saam met hulle ma in die baai aangeteken.
Die digte mis laat my dink aan ’n sêding wat ek in Ierland gehoor het: “Hulle sê die wolke
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days