Weg!

Vat my trug na Vellerif

SÓ MAAK JY BOKKOMS

Harders word met nette uit die see getrek en in kratte in Bokkomlaan afgelewer.

Die vis word geweeg en volgens grootte gesorteer – net harders kleiner as ’n sekere grootte (min of meer 30 cm) word bokkoms. Die vis word met vars water afgespoel en in lae in ’n pekelmengsel (sout en water) in ’n groot bad geplaas. Die vis lê twee tot drie dae in dié mengsel.

Met ’n naald en garing deur die oog word die harders in bossies geryg (10 per bossie) en weer met vars water afgespoel voordat dit aan steiers buite gehang word. Wanneer al die water afgeloop het, word die bossies weer binne die vishuis gehang vir 4 tot 14 dae (afhangend van die seisoen) om uit te droog. Die bossie is te koop sodra dit behoorlik droog is.

Die Bergrivier se vloedvlakte waaier uit rondom Velddrif. Die sagte pienk van die laatmiddagson weerkaats op die spieëlgladde watervlak. Oorhoofs sweef ’n smeersel spookasemwolke. Ek staan langs ’n kaai in Bokkomlaan, ’n grondpaadjie langs die noordelike oewer van die rivier; die winkeltjies is reeds gesluit vir die dag. Doer maak twee vissermanne lyn nat onder die Carinusbrug. Tussen my en die brug wei flaminke en witpelikane op die soutmoerasse terwyl ’n spannetjie ganse en seemeeue die leë stoepe, kaaie en skuite in die water ondersoek.

Ek het op Vredenburg in die Weskus grootgeword, en het nog nooit ’n bokkom geëet nie. Ek kon net nie my lippe sit aan dié gedroogde vissie met sy sterk reuk nie.

Vanmiddag kuier ek die eerste keer in járre op Velddrif, oftewel Vellerif soos van die dit noem. Ek het vroëer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Kyk Ver Die Veld In
Die Italiaanse wetenskaplike Galileo Galilei het reeds in 1609 met sy teleskoop na die kraters op die maan gekyk, maar die eerste werklik moderne “binokulêre teleskoop” is eers in 1854 deur ’n ander Italianer, Ignazio Porro, gepatenteer. Vandag is da
Weg1 min read
Kyk Hier!
Wanneer die sentrale deel van Botswana somerreën kry, dreineer die water na die Makgadikgadipanne, wat dan die habitat word van duisende flaminke en ander watervoëls. By die Nata Bird Sanctuary het jy maklike toegang tot die Sowapan, die oostelike de
Weg5 min read
Die Noord-Kaap Maak Heel
Amper elke dag moet Genevieve Maasdorp vir mense beduie hoe die paaie na die /Ai-/Ais-Richtersveld-oorgrenspark toe lyk. Ook wat die toestand van die roetes in die Kgalagadi-oorgrenspark of die Namakwa- of Augrabies- of Mokalanasionale park is. En da

Related