Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Mieke 1: Kersfees in April
Mieke 1: Kersfees in April
Mieke 1: Kersfees in April
Ebook134 pages2 hours

Mieke 1: Kersfees in April

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms wel, veral noudat sy in Gr 7 is en haar tannie Sylvie ver weg is in Amsterdam. Gelukkig was Fen nog altyd daar: Haar boetie wat sy self kon kies, wat van dag een af saam met haar op 'n donkie skool toe ry.       
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 10, 2021
ISBN9780624090960
Mieke 1: Kersfees in April
Author

Christien Neser

Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa) in 2009 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks, waarvan boek 8 in 2017 verskyn het. Nes Nicci, die hoofkarakter in haar boek Pienk is nie vir sissies nie (Tafelberg, 2017) is Christien ook tuis op 'n bergfiets.

Read more from Christien Neser

Related to Mieke 1

Related ebooks

Related articles

Reviews for Mieke 1

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Mieke 1 - Christien Neser

    9780624089810_FC

    Tafelberg

    Vir Matthys, met liefde

    . 1 .

    Mtwana Onbeperk

    Daarsy, Aasvoël jou ou raasvoël: jou heerlike brekfis – hoenderpote. Lekker runaways, nes jy daarvan hou.

    Mieke maak die hok se deur vinnig toe. Net één pik van daardie bek, en dis hospitaal toe met haar. Die arme witrugaasvoël het twee weke gelede in ’n kragdraad vasgevlieg. Hy was net ’n patetiese bondeltjie toe haar pa hom hier ingedra het. Maar hy is nou weer glad van veer en gulsig, wat beteken dat sy dae in die hok min raak.

    Kosgeetyd in die dierekliniek is nooit twee dae dieselfde nie, want daar klok elke dag nuwe pasiënte by Mtwana in. Soos die uil met sy gebreekte vlerk in die hok langsaan, wat gisteraand deur ’n betraande toeris ingebring is. Die gevlekte ooruil het in hul motor se voorruit vasgevlieg. Met sy vlerk nou netjies bedraad, hou hy elke beweging van haar hand met twee koeëlronde geel kykers dop. Mieke is nog besig om die laaste vleisbolletjie vir die uil te voer toe ’n tarentaal skielik buitekant alarm maak.

    Kêkê-kgêêk!

    Die volgende oomblik spat die vroegoggendstilte aan skerwe. Chaos bars los in die wildevy langs die kliniek. Al wat voël is, skree. Dis katlagters en vinke en kwê-voëls, tarentale en hadidas en tiptolle – een hengse geraas. Mieke hardloop buitentoe. As die voëls só tekere gaan op Mtwana, is daar fout. Soms is dit ’n roofvoël, maar nege uit tien keer is dit ’n slang. Sy is gewapen met die kliniek se lang verestoffer.

    Ja wraggies, dis ’n slang, besig by ’n vink se nes. Gelukkig nie ’n giftige boomslang nie, net ’n eiervreter, sien sy gou. Hei jy, skoert, skoert! Voerts! Sy swaai die stoffer dreigend bo haar kop, maar die lang bont lyf van die eiervreter sweepslag tussen die takke en die ontstelde voëls deur.

    In ’n oogwink is hy weg, dieper die bome in, kuiken in die bek.

    Skuus, ek was te laat, vra sy die fladderende vink om verskoning. Jy sal maar nog ’n eiertjie moet lê. Maar sy weet dis nie so eenvoudig nie. Dis al te laat in die jaar. Die vinkie sal tot ná die winter moet wag. Die natuur is flippen wreed, sê sy hardop. Jammer, jong … Siestog, die vink het weke lank aan die kuiken uitgebroei en grootgemaak. En om in jou vaal veertjies te moet sit en wag dat ’n flambojante mannetjie eendag weer vir jou ’n nes bou, klink nog meer pateties. Dankie tog ek is nie ’n vink nie.

    Agter haar klink meteens ’n bekende fluit op. Dis die tweenootfluit van ’n hoep-hoep waarmee haar pa haar soms speels roep.

    Ry jy saam? Dis nou as jy klaar oorlog gemaak het en jou wapen op sy plek gaan bêre het. Haar pa loop met haastige treë by die kliniek uit. In sy arms dra hy ’n vrylatingshok. Die slang moet ook lewe, my kind. Dis die wet van die natuur. Daarteen kan ek en jy en al die verestoffers in die wêreld nie stry nie.

    Jos Maas lig die draadhok met groot sorg agter op sy bakkie.

    ’n Skerp swart bek pik teen die gaasdeurtjie. Dis nie sommer ’n gewone visvanger nie. Dis ’n reusevisvanger wat die grenspolisie in ’n smokkelaar se bagasie ontdek het, toegemaak in ’n vuil krat. Dié ou grote gaan vanoggend terug water toe.

    Is dit eindelik sulke tyd, ou Grootbek? vra Mieke bly.

    Praat jy met my of met die visvanger? lag haar pa en klap die bakkie se luik toe.

    Ha-ha. Sommer met julle al twee. Mieke wip agter op die bakkie. Maar ek gaan vir oulaas by my gunsteling-grootbek ry. Die een met die vere. Pa se skaduwee kan voor sit.

    En asof die skaaphond haar verstaan, spring Lucy rats deur die venster tot op die passasiersitplek. Waar haar pa is, daar is Lucy. Niemand is seker wie Lucy se pa was nie, maar haar ma was ’n opregte skaaphond. Oupa glo dat die pa net ’n jakkals of ’n ratel kon gewees het, want Lucy met haar geel oë is so rats soos ’n jakkals en so taai soos ’n ratel.

    My honne, sê haar pa en vryf Lucy se kop. Wil jy rivier toe gaan? Lucy blaf sulke kort, histeriese blaffies met ’n wydoop bek. Haar pienk tong hang skeef. Nou maar weg is ons.

    Mieke druk ’n stokkie deur die draad van die hokkie en krap die visvanger se skouer, net daar by die basis van sy vlerk waar haar pa ’n pen moes insit. Is jou vlerk nou skougehalte, Grootbek? Ek hoop jy kan vanaand al self weer vissies vang. Of paddas. Jy het lekker lui geraak hier by ons. Meelwurms en maalvleis, soveel as wat jy wou hê. Jy’t spekvet geraak. Oepsedaisie! Sy moet vasklou toe haar pa wild oor ’n hobbel ry. Skuus, Grootbek. As hy so vrot geopereer het as wat hy bestuur, was jy nou minus ’n vlerk. Hoor jy, Pa?

    Sy kry ’n blink glimlag in die truspieël terug.

    Vashou! skree hy net en lag deur sy rooibruin baard. Mtwana is nie vir sissies nie. Hoe hou jy van die nuwe naambord? Hy hou stil en beduie met sy hand na die groot groen bord wat in die oggendson blink.

    Sy bekyk die bord. Mtwana Wildlife Rescue Unlimited. Dr J Maas. Alles in netjiese klein letters. Onderaan is ’n groot bont advertensie vir dieremedisyne, kompleet met die hartseer gesiggie van ’n hangoorbrakkie. VetzoSupreme: the choice of discerning vets. Proud sponsor of Mtwana.

    Hmmmm. Kan net nie onthou of Pa al ooit so ’n brakkie moes dokter nie. Pleks hulle eerder ’n hond soos Lucy gebruik het, ’n behoorlike boshond. Of ’n skilpad – of ’n leeu of ’n renoster. Sy trek haar skouers op en sug gelate. Solank Pa se mense net hier afdraai kliniek toe en nie aanry rivier toe nie. Maar vir mooi kry dit twee uit tien.

    Haar pa knik stadig. Dis ook nie vir my mooi nie. Maar mens kyk nie ’n gegewe perd in die bek nie.

    Mieke weet. Haar oupa sê as haar pa ’n rekening vir die liewe Heer kon stuur vir al die wilde diere wat hy verniet gesond maak, was hy vandag ’n ryk man met sy eie helikopter.

    Die bakkie begin weer dreun. Hulle ry stamp-stamp met die tweespoorpad rivier toe. Toe sy klein was, het haar pa vir haar verduidelik dat Mtwana soos die dun lyf van ’n perdeby lyk: minder as ’n kilometer breed en drie kilometer lank. Maar dis hier waar twee reusevlerke bymekaarkom. Weerskante van hulle lê twee uitgestrekte reservate. Rivier-af is dit Kubu, die nasionale park waar oom Patrick Sebueng werk. Rivier-op is dit Cassidy’s Ranch, die Amerikaanse jagplaas. Maar onthou, die angel van die perdeby sit nie in sy vlerke nie, het hy gelag. Dis hier op Mtwana wat die dinge gebeur.

    Mtwana is klein maar getrein, Grootbek. Jy sal sien wat ek bedoel as ons jou netnou vrylaat. Ons stukkie rivier het die grootste njalaboom én die lekkerste swempoel én die mooiste klipkoppie in die hele Limpopo. En as jy ’n draaitjie vlieg, sal jy sien daar’s genoeg plek vir die kliniek en al my pa se dierekampe. Hier’s net nie plek om met wild te boer nie. So dis hoekom ons moet dankie sê vir die Vetzo-mense met hulle lelike bord, gesels Mieke met die visvanger. Sonder hulle en die gaste wat by die lodge oorbly, was dit tiekets met ouens soos jy.

    Die bakkie stop in die koelte van die groot njalaboom op die rivierwal. Die Limpopo lê breed en glad in die oggendson, die swempoel doodstil tussen die plat rotse.

    Kan ek gou ’n dip vang? Sommer met my klere aan? vra sy haar pa as sy afspring.

    Liewer nie. Die rivier vloei te stadig. Die swempoel staan omtrent stil. En jy ken die lelike B-woord.

    Bilharzia?

    Net so. Mens gaan lol nie in stilstaande water nie.

    En die diep stroom? As ek net vinnig daar inspring?

    Nee. Die rivier is te laag. Dis vuil. Ons wag maar dat die reën weer alles skoonspoel. Hy tel die hok van die bakkie af en sit dit versigtig op die wal neer, praat saggies met die voël. So ja, visvanger. Jy het lank genoeg op hok gesit. Eers byna dood in daai vieslike krat, en toe nog ’n maand in rehab by ons. Dis tyd dat jy jou vlerke toets.

    Kan ek dan net vinnig ’n swaaitjie vang? Mieke wys na die lang tou wat aan ’n tak van die njala vas is. Sy skud haar rooibruin vlegsel hoopvol oor haar skouer, maak haar ag-pleeze-daddy-bekkie vir hom. Pretty please?

    Glad nie. Die swaai se tyd is verby. Oom Patrick stem saam. Ná die naweek kom hy af.

    Neeee! Hoekom? Mieke is op die plek kwaad. Almal dink dis die koelste ding om met ’n tou oor die rivier te swaai. Komaan, Pappa! Ons het so lekker hier geswaai met Fen se verjaardag …

    Fen. Fenyan Sebueng, wat die rekord hou vir die verste sprong van die touswaai tot in die rivier.

    En dis juis Fen se pa wat gesien het dat die tou besig is om te vrot. Daai tou is seker twintig jaar oud, Mieke. Die ding gaan een mooi dag net breek. En die tak gaan ook nie vir ewig hou nie. Haar pa skud sy kop. Jy en Fenyan kan buitendien net hier kom swem as ek of oom Patrick by is. Gaan swem by die lodge as julle warm kry. Dis hoekom ons die swembad daar gebou het.

    Dis nie dieselfde nie, Pappa … kerm sy. Deksels.

    My kind, ons moet hierdie visvanger in die lug kry. Wil jy help of wil jy kerm?

    Maar Pappa, jy het dan self die tou daar bo vasgemaak, het jy nie? Jy en jou vriende?

    Ja, my ding. Maar dit was sommer net studentepret, met hopeloos te veel bier betrokke. Hóé ons die njalaboom uitgeklim het, weet ek nie. En dat niemand ’n nek gebreek het nie, bly ’n wonder. Hy knipoog vir haar. Moet nooit ’n tou wat deur ’n klomp perdedokters vasgemaak is, vertrou nie – het jy my? Hy glimlag effens, asof hy na iets verlang.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1