Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Pienk is nie vir sissies nie
Pienk is nie vir sissies nie
Pienk is nie vir sissies nie
Ebook140 pages2 hours

Pienk is nie vir sissies nie

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 6, 2018
ISBN9780624085416
Pienk is nie vir sissies nie
Author

Christien Neser

Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa) in 2009 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks, waarvan boek 8 in 2017 verskyn het. Nes Nicci, die hoofkarakter in haar boek Pienk is nie vir sissies nie (Tafelberg, 2017) is Christien ook tuis op 'n bergfiets.

Read more from Christien Neser

Related to Pienk is nie vir sissies nie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Pienk is nie vir sissies nie

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Pienk is nie vir sissies nie - Christien Neser

    Tafelberg

    1

    Really good mountain bikers are lousy judges of trail difficulty. We haven’t a clue. We just ride. – John Olsen

    Dis nog donker toe Nicci Rust se foon onder haar kussing begin biep. Sy vat die knoppie die eerste keer raak en druk dood. Halfses. Sy gaap en rek haar uit, klik dan die bedliggie aan.

    Gemmer roer op haar voete. Hy kap een klou waarskuwend in haar kuit en skakel sy spinenjin hard aan.

    Eina, Gemmer! Sy trek haar voete vinnig onder sy warm lyf uit, vryf haar kuit met die een hand en die knorrige kat se kop met die ander een. Is dit nodig om so vreeslik te frons? En om my gladde been so te bekrap? Sies, man.

    Sy bekyk die skade: Gemmer se nael het sy merk in ’n fyn bloedstrepie gelos op die kuit wat sy gisteraand seepglad gewaks het.

    Niks wat ’n bietjie spoeg nie gaan gesond maak nie, troos sy haarself. En sy weet mos teen dié tyd: Koning Gemmer verdra nie ’n gewoel vroegoggend nie. Hy’s net so oud soos sy, maar op amper sestien is hy ’n waardige ou man vol nonsens.

    Hoe oud sou hy in katjare wees? Seker tagtig.

    Sy leun oor en vat-vat na die vet geel boekie op haar bedkassie. Ek gaan jou nou-nou in vrede los, my ou Gemmerman. Net gou ’n stukkie lees en ek’s weg. Sjjjjt. Toe, slaap maar verder.

    Daar lê gewoonlik drie boeke voor Nicci se bed. Hier’s die boek wat haar ma elke dag bo-op die hopie van drie sit wanneer sy kom inloer: Die pienk boekie vir meisies. Dis nou waarmee Helene Rust hoop om ’n dame van haar willewragtag te maak, gryns Nicci. Haar arme ma.

    Sy sit die pienk boekie weer neer bo-op die ene waarmee sy gisteraand aan die slaap geraak het. Dis die tandekners-storie van Riaan Manser, Around Africa on my bicycle. Dis die ware verhaal van sy fietsrit al om die kuslyn van Afrika. Pap wiele, wilde honde, honger, dors, hitte, muskiete, arrestasies, polisieselle, woedende klipgooiers … dis alles daarin. Die boek het al sulke donkie-ore. Voos gelees! Lekker soos ’n taai toffie waaraan mens lank kan kou. Sy weet hoe elke avontuur gaan eindig, die spanning van die eerste lees lankal verby, maar sy kan nie ophou nie, want dis nie meer Riaan op die fiets nie; dis sy self wat ry en ry tot haar oë toeval.

    Soggens is dit egter boek nommer drie se beurt. Nog voordat sy gaan tande borsel, gryp sy na haar klein, geel fietsrybybel: The quotable cyclist. Sy eet die sêgoed van haar fietsryhelde vir brekfis: Letterlik. Dis vir haar ’n punt van eer om haar broer met haar jongste wysheid oor fietsry te beïndruk terwyl hy sy bak ProNutro inwerk.

    Dele ken sy al uit haar kop uit; wat meer is as wat sy van haar ma se pienk boekie kan sê.

    Vanoggend se gesegde van John Olson laat haar skeef glimlag. Really good mountain bikers are lousy judges of trail difficulty … Hy slaan die spyker netjies op sy kop: Bergfietsryers soos sy verstaan nie wat ander mense se probleme met klippe en slote en sand is nie. Hoe moeilik of gevaarlik kan dit nou wees?

    Ha! Dis mos hoekom mens ’n goeie fiets het, of hoe?

    Hoe laat sou dit wees?

    Oeps! Vyftien minute om by die spruit te kom. Sy sal moet vlieg!

    Sy maak die gemmerkat met die punt van die duvet toe, gryp die hopie fietsryklere wat sy gisteraand al reggesit het en draf badkamer toe.

    Aan die chaos in die kombuis kan sy sien dat Ben en haar pa reeds die boks pap beetgehad het. Sy byt op haar lip en druk net ’n piesang in haar agterste hempsakkie.

    Het hulle wraggies sonder haar gery?

    Dan onthou sy dat hulle al donkeroggend met die Cruiser moes ry om twee nuwelinge in Diepsloot te gaan haal. Dis seker so vyftien kilometer noord van hulle. Sy was al baie kere daar. ’n Arm gebied: Sinkhuise en grondpaaie. Maar daar’s energie en jolyt wat sy nie in hulle eie netjiese woonbuurt voel nie. Oom Ned en haar pa rig Saterdae ’n span jong ryers van Diepsloot af. Dis van hierdie ouens wat nou Sondae saam met die klub ry. Haar pa glo dis presies wat die klub nodig het: Vars talent.

    Sy glimlag breed. Vir haar is hulle vars vleis. Sy is mal daaroor wanneer nuwelinge saamry. Net nóg monde wat gaan oopval wanneer hulle nie by die maer meisiekind kan bly nie.

    Nicolene! Dis haar ma; die stem nog slaapdik vanuit hul donker slaapkamer. Eet iets voor jy gaan? En ry tog veilig, my ding.

    Nicci grinnik. Net haar ma noem haar nog Nicolene. Altyd, Ma! skree sy en hardloop motorhuis toe. Sy eet nooit voor sy ry nie, maar dít weet haar ma nie.

    Sondae is die enigste dag van die week wat haar superbesige ma bietjie laat slaap. Die res van die week leef sy vir die skool. En veral vir haar matrieks.

    Sy jaag deur die stil strate, wip hier en daar op ’n sypaadjie en spring oor slaggate wat vol van gisteraand se reënwater is. Dis net so ’n vyf vinnige kilo’s tot by die spruit waar hul klubroete begin. Van die ouer lede parkeer hul motors op die stuk gras langs die riviertjie. Van hier af volg hulle ’n roete wat tegniese eise stel al langs die spruit se een oewer af sodat hulle in ’n wye boog terug kan ry tot by die petrolstasie so twee blokke weg van die beginpunt.

    Daar’s ’n Wimpy waar almal altyd koffie drink: hoogtepunt van die Sondag se ry.

    Die roete wissel soms, maar dis nooit minder as so dertig wilde kilometer nie. Lekker!

    Die mis hang laag oor die spruit toe Nicci die bruggie oorsteek na die oop kol waar die klub ontmoet. Alles is glibberig van laas nag se reën. Haar bene is hoendervleis. Vandag is sy lus om Ben en Evan en Godfrey behoorlik te laat sweet. Sommer die twee nuwe ouens ook! Sy kán mos. Sy is fikser as wat sy ooit tevore was.

    Op vandag se nat paadjies gaan die manne versigtig wees; sy nié. Ha!

    ’n Paar fietsryers staan klaar en hande vryf en gesels. Sy herken hulle van vér af: Broer Ben en sy twee pelle, Godfrey en Evan, almal in heldergeel klubdrag. En die twee nuwes. Hulle splinternuwe hemde gloei soos neonligte. ’n Glimlag kielie haar mondhoeke. Niewies. Dis hoe sy en Ben nuwelinge noem. Die klere en fietse is altyd splinternuut en skoon. Maar net die eerste vyf minute …

    Hi! I’m Nicci. Sy leun oor, haar hand klaar fietsrystyl gebal om die nuwe ouens met ’n ligte vuistik te groet.

    Sizwe, sê die korter een van die twee. Sy tande glim in die skemer.

    Enoch, sê die langer een. Hy kyk haar berekenend aan.

    Be careful! This is Nix, the one we warned you about.Evan lag. Gaan jy weer vandag harte breek, Nicci?

    Die vlamme slaan warm in haar nek op.

    Evan lees haar soos ’n boek. As hy maar net weet wie se hart elke Sondag opnuut gebreek word. Vir Evan is sy net Ben se vreeslose suster. Ag, en hy het ’n meisie. Helma, die ysprinses wat nooit eens aan hom raak nie.

    Evan het vir Ben gesê Helma hou nie van sweet nie. So hulle hou nie hande vas nie. Ook niks anders nie, daarvan is Nicci seker. Helma is ’n godin, moet sy erken. Een van daardie gevaarlikes wat jou in ’n standbeeld kan verander as jy dalk direk in haar oë sou kyk.

    Ha!

    Helma en haar vlegsel en alles wat pienk is, het sy van haar afgesny. Pienk is geskiedenis. Sy het begin fietsry saam met die manne. En sy is mal daaroor.

    Ja, pas op vir my suster. Ek vat niemand hospitaal toe wat by haar probeer bly nie, sê Ben knorrig.

    Hy glo dis hý wat haar leer fietsry het. Elke keer wat sy ’n wedren wen, eien hy die krediet vir hom toe. Haar afrigter, nogal. Bwa-ha-ha.

    Ag, ek sal maar sien hoe ek voel. Ek wil my nie voor die proewe te moeg maak nie, lieg sy vlot. Al is die proewe regtig belangrik, gaan sy die manne vandag laat ry dat hulle longe uithang. Sy gaan die hele pad in hulle nekke blaas en dan, op Heartbreak Hill, sal sy verbygaan.

    Niemand vang haar teen ’n opdraande nie! Hoe sê John Olsen nou weer?

    Ons het g’n benul nie: Ons ry net!

    2

    What women lack in muscle mass can be compensated for by savvy, willpower and endurance. – Susan Carpenter

    Die modder spat in strale teen Nicci se kaal bene op. Haar fiets se bande byt diep in die papnat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1