Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Veldiep
Veldiep
Veldiep
Ebook189 pages3 hours

Veldiep

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 5, 2018
ISBN9780624085386
Veldiep
Author

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen is op 2 Januarie 1970 in Welkom gebore. Hy matrikuleer in 1987 aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Daarna volg twee jaar diensplig in Kimberley, Oshivello en Lohatlha. In 1990 begin hy voltyds by Sanlam werk. Hy skryf in dié tyd in vir ’n deeltydse kursus in grafiese ontwerp en behaal die N6-sertifikaat in 1995 aan die Welkom Kollege. In 2002 volg ’n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie aan Unisa. Fanie se eerste jeugboek Breinbliksem is in 2005 bekroon met goud in die Sanlamprys vir jeuglektuur en dit het ook die MER-prys vir jeuglektuur ontvang. Sy kinderboek, Geraamte in die klas, ontvang in 2007 die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke én ’n ATKV-Woordveertjie. Sy tweede jeugboek, Onderwêreld, word in 2008 met die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) bekroon. Sy ander bekende boeke is Miserella (2007), die Klits Kronkel-reeks (2007, 2008) en Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008). Fanie woon in Bloemfontein en hy skilder en skryf voltyds.

Read more from Fanie Viljoen

Related to Veldiep

Related ebooks

Related articles

Reviews for Veldiep

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Veldiep - Fanie Viljoen

    VELDIEP

    Fanie Viljoen

    Tafelberg

    Vir Marita en Willie van Aswegen

    wat een aand my lewe gered het.

    1

    WANNEER DIE WÊRELD GAAN STAAN

    Ek het iemand anders ontmoet, Tim, sê Jessica.

    Tim Muller sit roerloos op Hoërskool Caldwell se paviljoen. Net sy inmekaargevlegte vingers trek saam toe hy die woorde hoor, en in sy keel maak sy asem ’n sagte plofgeluid.

    Jessica staan voor hom: kort, donker krulle in haar bleekmooi nek, haar oë net so bruin en haar lippe rond, sag en rooi. En nou ook verraderlik.

    Op die rugbyveld daar anderkant, agter Jessica se rug, speel van die ouens rugby. Hulle roep opgewonde na mekaar en probeer ’n laaste drie inkry voor die skoolklok lui.

    Hiervan sien Tim niks. In ’n oomblik het sy wêreld tot stilstand gekom. Dit trek kleiner totdat daar niks meer oorbly nie behalwe die pyn wat sy hele lyf toerank. Hy staar voor hom uit, deur die pyn.

    Wie is dit? vra hy uiteindelik sag.

    Dis net ’n ou, antwoord sy ontwykend. Ek is jammer, sê Jessica voor sy omdraai en wegstap. Van hóm af wegstap.

    Dis hoe dit eindig.

    Jess, roep Tim. Dis die naam wat hy vir haar gefluister het wanneer hulle alleen saam was. Jess, ek is lief vir jou. Dis wat hy dan gesê het. Toe was die wêreld nog groot. Haar naam het dit só laat voel. Oneindig en ewig.

    Maar vandag stap sy van hom af weg en is haar naam soos ’n bitter plek op sy tong.

    Sy draai nie terug nie. Sy kyk nie om nie. Sy los hom daar, al het hy haar lief.

    Ek het iemand anders ontmoet, Tim. Haar woorde kom na hom toe terug, en wéér tref die gedagte hom soos ’n vuishou. Die intensiteit daarvan maak hom lighoofdig. Hy byt die trane weg wat dreig om te kom. Hy wil huil. Ouens is nie veronderstel om dit te doen nie, maar stuff dit. Hy wil.

    Dis net ’n ou.

    Die belaglikheid daarvan maak vraagtekens in sy kop. Hy is lief vir haar en sy los hom vir net ’n ou.

    Tim vee oor sy oë.

    Die skoolklok lui. Op die rugbyveld draf die ouens ’n laaste paar treë. Hulle skouers val en stadig draai hulle na die klaskamers toe. Môre speel ons verder, roep een.

    Môre voel vir Tim soos ’n vloek.

    Hy wil sy lewe terugdraai na vanoggend toe alles nog oukei was. Nee, dan bluf hy net homself. Vanoggend was dinge beslis nie oukei nie. Hy moes vanoggend al gesien het daar is iets verkeerd. Jessica het haar lyf van hom af weggedraai toe hy haar ’n vinnige soen op die wang wou gee. Hy moes haar nader getrek en haar tóé gesoen het. As hy meer oplettend was, sou hy die teësin in haar lyf gevoel het, maar hy het nie. Hy het vanoggend nog gedink alles is oukei.

    Jis, hy was blind.

    As hy die tyd nie na vanoggend toe kan terugdraai nie, dan eerder verder terug na verlede week of verlede maand. Hy het haar gevat vir ’n piekniek langs die dam op die wildlewe-landgoed waar hulle woon.

    Hy en Jess was alleen daar. Die dag was blink en helder. Sy ma het hom gehelp met die eetgoed en die mooi glase en borde. Jessica het daardie dag gelag en in sy arms gelê. Hy het haar happies kos gevoer.

    Haar vingers het sy gesig verken. Sy het een liggies in die kuiltjie in sy wang gedruk. Alle engele het dimples, het sy gesê.

    Hoe weet jy dit?

    Wat anders kan jy wees? het sy geterg. Later het haar vingers sy oë bereik. Sy het ’n liedjie van Coldplay begin sing: Honey you should know that I could never go on without you. Green eyes, green eyes … Haar stem het soos asem in hom kom lê.

    Hy het sy kop oor haar gebuig en haar op haar voorkop gesoen en toe op haar mond. Haar lippe was sag en agterna het sy vir hom geglimlag. Hy het in haar oë gekyk en hy was gelukkig.

    Nou wil hy daardie oomblik terughê. Elke dag wil hy net dáárdie oomblik hê.

    Jessica, sê hy sag, en haar naam voel soos dié van ’n vreemdeling. Hy gaan dit nooit weer sê nie. Nee, hy gáán – ’n miljoen keer in sy kop – en steeds sal dit die hartseer nie wegvat nie.

    2

    ALLES IS OUKEI

    Tim wag tot al die ouens klas toe is voordat hy van die paviljoen af opstaan. Hy stof sy sitvlak af en haal ’n paar keer diep asem, maar dit help nie veel om van die morbiedheid ontslae te raak nie. Só het hy nog nooit gevoel nie.

    Hoe gaan hy deur die res van hierdie skooldag kom? Vier periodes strek voor hom uit. Afrikaans, Lewenswetenskap en ’n dubbelperiode Wiskunde – die kersie op die misbaksel van ’n dag.

    Op die stoep voor die Afrikaansklas oorweeg hy dit nog om nie in te gaan nie. Dalk kan hy net iewers op die skoolgrond gaan sit totdat die dag verby is.

    Dan kom die Afrikaansonderwyser se streng stem uit die klaskamer: Kom, Tim, ek wag nie vir jou nie!

    Die onnie het sy kop seker bo die hoë vensterbank sien uitsteek.

    Flippit, sê Tim sag. Nou het hy nie ’n keuse nie. Hy moet ingaan. Hy voel die onderwyser se oë op hom brand toe hy die klas binnestap.

    Maak julle handboeke oop op bladsy een-en-vyftig, grom die onnie.

    Hei, wat gaan aan? fluister Edgar toe Tim by die lessenaar inskuif.

    Edgar en Tim ken mekaar al van laerskool af. Daar het hulle elke pouse saamgespeel, was hulle saam in elke skoolkonsert en saam by elke sportgeleentheid. En natuurlik saam in die moeilikheid wanneer hulle nie saam ’n plan gemaak het om dit te ontduik nie.

    Edgar het in ’n stadium baie kom oorslaap. Tim het eers later uitgevind hoekom. My pa-hulle baklei, het Edgar sag in die donker slaapkamer gesê.

    Net daardie drie woorde, en daarna ’n sug.

    Die volgende dag kon Tim sien dit was ’n verligting om daardie swaarheid aan iemand te kon erken.

    ’n Maand later het nog ’n erkenning gekom. Dit was weer net drie woorde. Hulle gaan skei.

    Tim het dadelik geweet wie die hulle was waarvan Edgar praat. Die egskeiding het aan Edgar gevat.

    Elke keer wanneer Tim daaroor gevra het, het Edgar gesê: Ek deal daarmee. En hy het.

    Vandag maak sy ma hom groot. Sy pa, ’n motortegnikus, betaal ’n skrapse onderhoud. Edgar sien hom elke tweede naweek, maar soms net een keer per maand, want hy het iemand anders ontmoet. Sy is nou prioriteit.

    Intussen sukkel Edgar en sy ma voort, maar hulle deal daarmee.

    Terug in die Afrikaansklas fluister Edgar weer: Hei, Tim, ignoreer jy my? Ek vra wat aangaan?

    Edgar weet wanneer daar fout met Tim is.

    Tim kan niks vir hom wegsteek nie. Tog probeer hy. Niks, Ed, alles is oukei.

    Ek hoop nie ek is eendag só oukei nie.

    Ons praat later, reg so?

    Edgar kyk hom bekommerd aan. Hy knik.

    Tim buk en haal sy taalhandboek uit sy tas. Bobaas-Afrikaans Graad 11. Die skrywers van die boek het gedink dis ’n bobaasidee om elke afdeling van die boek met bobaas te begin. Bobaassinonieme, bobaasafkortings, bobaaswoordsoorte.

    Tim se boek lyk nog feitlik nuut. Hy praat mos elke dag Afrikaans, hy hoef dit nie nog te leer ook nie. Lusteloos begin hy deur die boek blaai.

    Een-en-vyftig, fluister Edgar vir hom en wys die plek waar die onderwyser lees.

    Een-en-vyftig, sug Tim. Bobaasidiome.

    Toe die skooldag uiteindelik verby is, is Tim dankbaar om te kan ontsnap uit die bedruktheid van die klaskamers. Hy trek sy das los en maak die boonste knoop wat hom so wurg oop.

    In sy kop woed ’n storm van gedagtes. Elkeen van hulle draai om Jess. Hy wil haar wegdink, maar so maklik is dit nie om van iemand ontslae te raak nie.

    Hy trek al halfpad bushalte toe toe Edgar aangedraf kom. Ons moet praat, sê hy.

    Nie nou nie, Edgar. Ek gaan laat wees vir die bus.

    Wat de hel is dit met jou, hè? Edgar ruk hom aan sy tas se skouerband terug toe Tim vooruit wil loop. Ek gaan nie soos ’n flippen desperate brak agter jou aanhol nie. Staan stil en vertel my. Jy het in die klas gesê ons praat later. Dit is nóú later. Praat!

    Tim sug. Hy draai na sy vriend toe. Hy het nie die woorde nie, en selfs al het hy gehad, kan hy hulle nie sê nie.

    Los my net ’n bietjie uit, oukei, Edgar? vra hy sag. Hy probeer gerusstellend glimlag, want hy sien die kommer op Edgar se gesig.

    Is dit jou ma-hulle? vra Edgar.

    Nee, hulle is oukei.

    Iets by die skool?

    Tim skud sy kop. Ek moet regtig nou gaan, die bus gaan ry en dan moet ek landgoed toe loop.

    Dan is dit Jessica.

    Drop dit net, oukei? Tim voel of hy kan bars by die aanhoor van haar naam. Al die asem pers uit sy lyf soos die keer toe hy van sy perd, Apollo, afgeval het.

    Dit het so vinnig gebeur. Hy het wind-uit op die grond gelê en geveg om asem.

    Apollo het weggehol.

    Na ’n ruk het klein teugies suurstof hortend begin deurkom. Dit was ook net betyds, anders sou Tim sy bewussyn verloor het, het hy later gehoor. Elke asemteug het hy dankbaar ontvang. Sy bors het geruk soos sy longe weer vol trek.

    Hy het gedink hy gaan dood, maar dalk was dít nie hoe dood voel nie.

    Dalk gaan ’n mens nie so maklik na die blou dak toe nie. Miskien wil ons net hê dit moet makliker wees, amper soos ’n noodknoppie wat jy druk wanneer jy uit hierdie lewe moet ontsnap.

    Veral op dae soos vandag.

    3

    MUSIEK LAAT JOU ONTHOU

    Wil jy nie maar nog ’n paar snye brood vat nie, Tim? Ek is nie regtig honger nie, bied Marli sarkasties aan.

    Tim kyk vererg na sy jonger suster. Daar is seker darem nog brood in die broodblik, sê hy afgetrokke en sit nog twee snye brood in die rooster. Hy druk die handvatsel af en die brood sak weg in die warm binnekant van die broodrooster.

    Hy het reeds ’n paar geëet en begin solank die twee snye wat hy pas uitgehaal het, botter smeer. Hy hou nie van konfyt of kaas of goed op sy roosterbrood nie. Net souterige warm botter. Saam met sterk koffie is dit koning. Vandag is dit boonop trooskos.

    Skies, ek wou nie lelik wees nie, sê Marli. Maar jy moet ’n bietjie aan ander mense ook dink.

    Sorry, Marli. Vat jy daardie snye in die rooster wanneer hulle reg is. Hy draai sy rug op haar en vat ’n hap van die roosterbrood met botter.

    Marli vee ’n sliert blonde hare agter haar oor in. Is jy oukei, Tim? vra sy na ’n ruk.

    Sê maar so. Hy draai na haar, maar probeer om die kommer in haar blou oë mis te kyk. Ek gaan in die kamer eet.

    Hy wil nie praat nie. Hy kan nie hieroor praat nie. Netnou bars hy voor sy suster in trane uit. Hoe simpel sal dit nie wees nie?

    O ja, ek het môremiddag modelklasse as jy wil saamry, roep sy agter hom aan. Die sportwinkel daar naby het glo nuwe stuff gekry. Dalk wil jy gaan kyk. Lara se ma kom ons haal.

    Ek sal daaroor dink, dankie, kry hy met moeite uit.

    Ingedagte gaan sit hy by sy rekenaar. Die kamerdeur is toe. Langs die rekenaarskerm staan die klein Batman-figuurtjie wat hy by Jess gekry het.

    Hulle het altyd graag vir mekaar goed gegee. Sy het gehou van handgemaakte teddiebere en funky T-hemde, hy van strokiesprente, maar ook T-hemde.

    Daar is ’n winkel in die stad wat die coolste vintage-klere verkoop. Jess het graag daar gesnuffel. As Tim sien sy hou van iets, het hy nie gehuiwer om dit vir haar te koop nie. Hy sou later teruggaan sodat hy haar daarmee kon verras.

    Sy was nooit regtig iemand wat van blomme en sjokolade gehou het nie. Verder het hy haar bederf met goed soos die piekniek of ’n fliekaand.

    Maar dit was nie genoeg nie.

    Onsiende tuur Tim voor hom uit. Met ’n ping-geluid kondig sy rekenaar ’n nuwe e-pos aan, maar hy het nie eens lus om daarna te kyk nie.

    Hy sit eerder musiek op sy selfoon aan. Die Beats Bluetooth-luidspreker stoot Spoegwolf se eerste klanke deur die kamer. Tim skuif die volume hoër. Dis die liedjie waarvan Jessica ook gehou het. Sy het nog so lekker daarop gedans.

    Hy luister net na die eerste paar reëls, want skielik maak die onthou te seer. Hy spring na die volgende liedjie. Sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1